kategorieë: OuerskapJou lewe

Eksamentyd

Die beste roete om te volg? Die volgende langtermynplan kan geïmplementeer word om te verseker dat jy ’n ontspanne atmosfeer skep gedurende hierdie tyd:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Haal diep asem: Geleidelik tot binne jou maag vir 4 sekondes, hou jou asem dan op vir nog 2 sekondes. Asem geleidelik deur toe lippe uit vir 8 sekondes. Dit is ’n baie goeie manier om te kalmeer, te ontspan en te fokus, met ’n onmiddellike uitwerking.
  • Stap buite rond vir vars lug: Dit is noodsaaklik om gereelde blaaskanse per uur te neem tydens studietye, in plaas daarvan om vir lang tye net aan te hou studeer. Volgens SADAG (The South African Depression and Anxiety Group), kan jou brein net vir 40 minute lank konsentreer, en stel hulle voor dat ’n 10 minute-breek elke uur belangrik is. Gaan uit, loop in die tuin rond en geniet ’n bietjie sonskyn – jy sal verbaas wees hoe verfrissend dit is en hoe jou brein weer herlaai.
  • Eet jou pad na beter breinkrag deur gereelde, gesonde en gebalanseerde maaltye wat proteïen, volgraan, koolhidrate en kleurvolle groente met ’n hoë voedingswaarde insluit. Sorg ook dat jy gesonde peuselhappies tussenin eet – vars vrugte, laevet jogurt, neute, gedroogde vrugte of ’n koppie springmielies. Volgens Julsing Strydom, ’n geregistreerde dieetkundige by Nutrional Solutions, beheer jy sodoende jou bloedglukosevlakke wat optimale konsentrasie sal verseker. Om goed gehidreer te bly is ook belangrik. Drink gewone water en vermy energiedrankies met baie kafeïen wat jou energievlakke skielik sal laat styg maar net so gou sal laat val. Om ’n Vitamien B-aanvulling te neem sal ook help om spanning teë te werk.
  • Beweeg: Of dit nou ’n drafstappie in die naaste park is, ’n gimsessie of ’n kort fietsrit, fisiese aktiwiteite is die ideale manier om daardie spanningsvlakke te verminder, te ontspan en jou energievlakke te herlaai. Verder gaan daardie “goedvoel”-hormone wat tydens oefening vrygestel word, jou in ’n baie beter luim plaas en sal dit jou dowwe brein opklaar.
  • Kry genoeg slaap: Slapeloosheid as gevolg van spanning en angs kan lei tot humeurigheid en konsentrasieprobleme, so skeduleer 20 minute se kort slapies elke dag asook addisionele kort slaapsessies oor die naweek. Gesels ook met jou apteker of dokter oor ’n nie-gewoontevormende, nie-sedatiewe homeopatiese medikasie wat jou kan help om die simptome van ligte angs en slapeloosheid, wat veroorsaak word deur alledaagse spanning, te verlig, en veilig is vir elke lid van die gesin.
  • Onthou dat dit belangrik is om jou kind gedurende hierdie tyd te monitor en ’n professionele persoon te kontak indien jy enigsins bekommerd raak. Ongeveer een uit elke tien 13 -19 jariges sal een of ander vorm van depressie, wat dikwels aangehits word deurdat hulle eksamenstres ervaar, beleef. Hoe vroeër behandeling hiervoor gevind word, hoe meer waarskynlik is dit dat so ’n toestand suksesvol behandel kan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.