kategorieë: Ons menseBekendes

EKSKLUSIEF – Karen Zoid stel nuwe liedjie, Donker Nag, bekend

EKSKLUSIEF – Karen Zoid stel nuwe liedjie, Donker Nag, bekend. Inligting verskaf deur Brainwave. Versorg deur Catherine Schenck. Hooffoto: Kristina Stojiljkovic

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

EKSKLUSIEF – Karen Zoid stel nuwe liedjie, Donker Nag, bekend

Karen Zoid stel vandag die eerste enkelsnit, Donker Nag, van haar nuwe album vry!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Donker Nag is een van die liedjies op haar nuwe album, Op die oomblik – deel 2. Dié album sal 13 September 2019 beskikbaar wees.

Donker Nag is geskryf deur Karen Zoid en vervaardig deur Theo Crous.

“Dié song handel oor om skoonheid en kalmte in die onbekende te vind. As jy mooi kyk, sal jy sien dat die donkerte eintlik baie besonderse eienskappe bevat. Donkerte kan skrikwekkend wees, maar dit kan ook ’n plek van kalm en stilte wees. ’n Private plek. ’n Plek van rus. ’n Plek van vergifnis. Donkerte is eintlik elegant. Hoe oorkom mens jou vrees vir die donker? Jy vier dit,” vertel Zoid oor Donker Nag.

“Hoe oorkom mens jou vrees vir die donker? Jy vier dit.”

Sedert haar debuut in 2000 het Karen Zoid bekendheid verwerf met haar outentieke rock anthems, sielvolle ballades en enigmatiese verhoogpersoonlikheid. Sy is een van die Suid-Afrikaanse musikante wie se musiek die meeste digitaal afgelaai word en het al nommer een-status op verskeie platforms bereik.

Op die oomblik – deel 2 is die slot van haar tweeledige albumreeks met liedjies in Afrikaans. Deel een is in Augustus 2017 vrygestel. Al die songs op beide albums is deur Karen Zoid geskryf – in haar moedertaal, Afrikaans.

Lees ook: Karen Zoid gesels oor Op die oomblik – deel 1

Op die oomblik – deel 2 verken die temas van teenwoordigheid en om die oomblikke en herinneringe vas te vang waarna ons smag en waarvoor ons lewe.

Hierdie album kan vooraf bestel word, en word 13 September vrygestel.

Loer hier na ’n ekslusiewe voorsmakie van die musiekvideo van Donker Nag

Hierdie musiekvideo sal 6 September 2019 beskikbaar wees.

Luister hier na die hele liedjie:

Karen Zoid deel haar nuwe enkelsnit, Donker Nag, ekslusief met rooi rose

Liedjie: Donker Nag

Album: Op die Oomblik – deel 2

Geskryf en gekomponeer deur: Karen Zoid

Active Music Publishing/Karen Zoid Music

Kry Karen Zoid se musiek op Apple music, Google play, Spotify, of waar jy ookal jou musiek in die hande kry.

Foto: Kristina Stojiljkovic

Swartskaap

Karen stel haar tweede enkelsnit bekend op 6 September 2019. Swartskaap is ’n kragtige rock anthem, ’n vreeslose manifesto.

Theo Crous, Springbok Nude Girls se kitaarspeler, speel saam met Karen op dié liedjie.

Skryf dit sommer nou in jou dagboek neer!

Gesels saam

Gesels saam met Karen Zoid: Webblad, YouTube, Facebook, Instagram, Twitter

Kry ook jou September 2019-uitgawe van rooi rose in die hande – Karen is op die voorblad!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.