kategorieë: Ons menseBekendes

Keanu Reeves: Enigma

Keanu Reeves: Enigma deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op 54 lyk Keanu Reeves steeds nie veel anders as die jong ou wat dekades gelede in die lawwe komedie Bill & Ted’s Excellent Adventure sy eerste buiging op die silwerdoek gemaak het nie. Sedertdien het sy rolle in trefferflieks soos Speed, Point Break, The Matrix en Something’s Gotta Give van hom ’n bekende Hollywood-gesig gemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy is baie slim. En baie snaaks – een van daardie ouens wat met ’n ernstige gesig die grootste klomp nonsens kwytraak sonder dat jy agterkom dat hy besig is om met jou die gek te skeer. Maar wanneer dit by onderhoude kom, is hy meestal nie ’n maklike man nie. Hy is hoflik maar jy moet gewoonlik met een-woord-antwoorde tevrede wees. Daarby het hy die gewoonte om jou uitdrukkingloos aan te staar en ’n paar sekondes lank te aarsel voor hy praat sodat jy begin dink dat hy jou nie gehoor het nie, of dat hy nie verstaan wat jy sê nie.

Gelukkig is sy antwoorde die senutergende proses werd. Toe hy met rooi rose in die London Hotel in Los Angeles gesels het, was hy baie meer tegemoetkomend as tevore en het nie geskroom om oor sy persoonlike lewe te praat nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy was al in soveel flieks maar van jou persoonlike lewe weet ons eintlik min?
Ek gaan nie baie uit nie (lag). Ek is meestal by die huis. Ek werk, ek studeer …

Maar hoe kry jy dit reg om uit die kollig te bly? Wat beteken roem vir jou?
Die woord “fame” kom van die Latynse woord “fama” wat beteken dat jy “bekend” geword het. Ek dink dis baie koel dat ek die geleentheid het om werk te kan doen waarvan die gehore hou. Ek hou daarvan om mense te ontmoet, te gesels, raakpunte te kry …

Dis lekker om iemand se hand te skud en ’n handtekening uit te deel, of ’n selfie te neem. En in die vermaaklikheidswêreld is die erkenning van ander kunstenaars ewe belangrik. Dit skep geleenthede om my werk te kan doen en kreatief te wees. Dis waaroor alles gaan.

Waar bly jy?

Ek bly in West Hollywood. Jy kan my adres google (lag). Dis ’n mooi huis, nie baie groot nie.

Ek het iewers gehoor dat jy jou eie motorfiets ontwerp het? Is dit omdat jy nie iets op die mark gekry het waarvan jy hou nie?

Ja. Ek het ’n motorfietsmaatskappy, Arch Motorcycles, gestig en ons vervaardig motorfietse op bestelling. Eintlik verkoop ons ’n motorfiets-ervaring wat jy nêrens anders kan kry nie. Ek wil graag elke dag iets skep waaroor ek passievol is, en in my geval is dit motorfietse.

Jy laat motorfietse soos kunswerke klink?

Ja, motorfietse is vir my pragtig. Arch Motorcycles bied vir my die geleentheid om iets moois te skep waarin vorm en funksie bymekaarkom. Ek dink ons is suksevol met die vorm-en-funksie-aspek. Maar dis nie goedkoop nie. Dis immers nie ’n hamburger nie (lag) – dis ’n pragtige motorfiets. In dié stadium vervaardig ons net een model omdat ons aspekte soos hoogte, voetposisie  en kontrole in ag moet neem om die produk by jou behoeftes te laat aanpas. Dis amper soos om ’n pak klere te laat maak wat perfek pas.

Hou jy daarvan om met jou motorfiets te toer?

Ja, in Frankryk het ek die Rûe de Napoleon-roete gevolg wat ongelooflik was. Ek het ’n paar in Noord-Australië en Amerika gedoen maar ek wil nog in Italië, Spanje en Suid-Amerika ook uitkom. Dis op my bucket list. Ek is nou op daardie ouderdom waar my lys van teleurstellings ’n bucket list word! (lag). Hopelik sal ek by ’n paar uitkom voor ek op my sterfbed lê (lag) maar hopelik sal ek ook die goeie goed onthou wat ek wel gedoen het.

Jy klink vandag baie spontaan en gelukkig. Is jy op ’n goeie plek in jou lewe? Wat dink jy van die liefde?

Die liefde … Ek dink dis die liefde wat ons gee en ontvang wat ons lewe voed. Dis ook die essensie van alles waarna ons op soek is en waarop ons hoop. En namate ons ouer word, verander en ontwikkel daardie liefdesverhaal. Dit gaan later nie meer net oor jou persoonlike verhouding nie maar ook oor jou vriendskappe en familie. Die liefde is ’n krag en die verskillende kleure, verantwoordelikhede en verbindings daarvan word deur die aard van die verhouding bepaal. Dis so noodsaaklik soos water, daarsonder sal ons sterf. Dit geld nie net een-tot-een verhoudings nie maar ook gemeenskappe. Gemeenskappe kan liefde deel. Dit skep ondersteuning, geleenthede en gedeelde hoop. Dit vertel die stories van ons lewe en bind mense saam – ons is bly wanneer iemand trou en hartseer wanneer iemand skei.

En waar bevind jy jou nou?

As ek eerlik wil wees, het ek seker ’n paar duisend van die 984 000 weergawes van die liefde. Maar eintlik is ek baie tradisioneel. Ek is nie getroud nie, ek het nie kinders nie, maar dis iets waarvan ek dalk sal hou.

“Ek is nie getroud nie, ek het nie kinders nie, maar dis iets waarvan ek dalk sal hou”

Is dit op jou wenslysie?

’n Vrou en kinders was nog altyd op my lys. Daar is ’n doen-lys en ’n hoop-lys. Hopelik is ek nog eendag gelukkig genoeg.

Jy het al baie gereis. Watter plekke het jou meegevoer?

Boedapest. En die ongelooflike klein dorpies in Buton waar ons Little Buddha verfilm het. Maar ek het nog nie genoeg gereis nie – ek het immers ’n lang lys moet-sien plekke (lag).

Ek werk dikwels in die buiteland maar dit bring mee dat jy uiteraard al jou tyd in jou hotel en op die rolprentstel deurbring. Dis gewoonlik ’n baie geïsoleerde ervaring. Jy’s boonop op ’n rolprentdieet wat beteken dat jy ook nie eens lekker kan gaan uiteet nie.

Ek het op 15 besluit ek wil ’n akteur word. Ek het Hemingway gelees en gedink Parys is die plek vir my. My belangstelling in kuns en kos het my ook aangevuur. Ek onthou nog hoe ek op ’n keer twee-uur in die oggend op ’n brug in die middel van Parys ’n swaardgeveg teen myself gehad het …

Jy is in Libanon gebore?

Ja, my ma was destyds 21 en my pa 22. Hulle het dit baie geniet om daar te bly. Hulle het van die kultuur gehou en natuurlik die strande ook. My ma vertel graag die storie van die taxi-bestuurders wat vyf tale kon praat. Ek het nooit weer die geleentheid gehad om terug te gaan soontoe nie, maar hopelik kan ek dit nog doen.

Jy is nou 54, maar jy lyk nog so jonk! Hoe kry jy dit reg?

Dis seker maar gene. Ek het deesdae meer rome en produkte nodig, en ek het my lyf al deur baie dinge gesit (lag).

Doen jy enigiets spesifieks om so jonk te lyk?

Ek kyk goed na my vel en ek probeer ’n gebalanseerde lewe lei, hoewel ek van eet en drink hou. Ek het ’n wonderlike persoonlike afrigter saam met wie ek al dekades lank werk. Sy sal so af en toe vir my ’n boodskap stuur en om te sê dat sy my lank laas gesien het en dan wend ek maar weer ’n poging aan om te oefen.

Wat is jou gunstelingdrankie?

Water (lag). Ek is mal oor ’n glas yskoue water wanneer ek dors is. Maar andersins is dit rooiwyn of whisky.

Meer oor Keanu

  • Keanu Charles Reeves is op 2 September 1964 in Beiroet, Libanon gebore.
  • Sy ma is van Engeland en sy pa was van Hawaii. Sy pa het sy gesin verlaat toe Keanu drie jaar oud was.
  • Sy onstabiele kinderjare het daartoe gelei dat Keanu ’n moeilike tiener was. Om alles te vererger was hy nog disleksies ook.
  • Keanu se beste vriend, die akteur River Phoenix, is in 1993 in ’n gewilde nagklub oorlede ná ’n hartaanval weens gereelde dwelmmisbruik.
  • In 2000 is Keanu en sy meisie, Jennifer Syme, se babadogter stilgebore. Hul verhouding het nie die tragedie oorleef nie. Jennifer is drie jaar later in ’n motorongeluk oorlede. Sy suster Kim veg die afgelope tien jaar al teen leukemie en Keanu het ’n liefdadigheidsorganisasie gestig om kankerleiers te ondersteun.
  • Een van sy bekendste rolle was in die wetenskapfiksie-trilogie The Matrix (1999–2003).
  • Keanu is ook ’n musikant. Hy het baskitaar in die grunge band Dogstar gespeel.
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.