kategorieë: Bekendes

Eksklusief: Onderhoud met Francine Rivers

Was jy al in Israel? Wat was vir jou besonders?
Masada het vir my uitgestaan. Daar is baie Masada Christene in Amerika wat die deure en vensters van hul kerk wil toemaak en uiteindelik daarbinne sterf. Die antieke Masada en die geskiedenis daaragter was vir my baie interessant. So ook Jerusalem, ons het op dieselfde pad geloop waarop Jesus geloop het, dit was ongelooflik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die beskrywings van plekke is baie opvallend in jou boeke. Is daar ’n spesifieke rede waarom jy daarop fokus?
Ek is baie lief vir die natuur. Ek dink dit is hoe God sy karakter aan ons openbaar. Hy kruip nie weg nie, Hy wys Homself aan ons. Ek dink ook die natuur is baie simbolies van die mens se lewe. Byvoorbeeld, ’n eikeboom het diep wortels en wanneer ons as mens alleen staan, moet ons diep gewortel wees in die Woord van God en in ons geloof. ’n Ander voorbeeld, daar is ’n besie in die Kalahari-woestyn wat tot op die bopunt van die sandduin klim en dan neerbuig. Soggens word slegs ’n klein druppeltjie nattigheid vir die dag aan hom gegee en ek dink dit is ’n teken van hoe ons as mens veronderstel is om elke dag aan te pak. Ons moet daagliks voor God neerbuig om dit wat ons deur die dag gaan nodig kry, van Hom te ontvang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Het jy al ’n ervaring met die Heilige Gees gehad wat jy nooit sal vergeet nie?
Ek ervaar die Gees van tyd tot tyd en dit is gewoonlik wanneer ek uiteindelik verstaan wat God vir my probeer sê. Wanneer dit gebeur, kry ek letterlik hoendervleis en ek glo dit is wanneer die Heilige Gees vir my wys dit is ’n boodskap spesiaal vir my. Inteendeel, ek wag vir hierdie gevoel wanneer ek besig is om aan ’n boek te werk. Dit is altyd vir my belangrik om te verstaan wat die doel van ’n boek is en wat God my daardeur probeer leer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is jou gunstelingboek?
Die Bybel. Ek lees dit elke jaar deur. Die Eenjaar-Bybel is een van my gunsteling weergawes. Dit is deur soveel mense geskryf maar terwyl ek dit lees, hoor ek steeds God se stem. Fiksie moet altyd ’n brug wees terug na die Woord, en dit is wat ek met my boeke wil bereik. Lesers het al vir my briewe geskryf waarin hulle sê my boeke lei hulle altyd terug om ’n spesifieke teksgedeelte te gaan bestudeer. Dit is hoe dit moet wees.

Jou gunsteling-Bybelvers?
Spreuke 3:5-6. “Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys.” Dit was ook my ma se gunsteling teksvers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die brug na Haven

Dis die 1950’s in Hollywood. Lena Scott is die blinkste opkomende ster op die silwerdoek sedert Marilyn Monroe. Min mense weet egter dat haar regte naam Abra is en van die prys wat sy moes betaal om uiteindelik te voel sy beteken iéts.

Vir pastoor Ezekiel Freeman sal Abra altyd die pasgebore babatjie wees wat hy onder ’n brug aan die buitewyke van Haven gevind het. Zeke en sy seun, Joshua – Abra se beste vriend – kyk hoe sy as ’n eksotiese skoonheid grootword. Maar Zeke weet dat die omstandighede rondom haar geboorte littekens op haar hart gelos het. Dít maak haar weerloos en vatbaar vir ’n gladdemond, twyfelagtige jong man wat haar voete onder haar uitslaan en haar na Hollywood se liggies lok. Abra leer vinnig wat word verwag van ’n ambisieuse jong meisie. Maar roem kom teen ’n verskriklike prys. Sy het elke brug verbrand om te kry presies wat sy gedínk het sy wil hê. Nou wil sy net huis toe gaan.

Die brug na Haven is die langverwagte nuwe roman deur Francine Rivers. Dit is ’n meesleurende verhaal van versoekings, genade en onvoorwaardelike liefde.

Francine Rivers se lewensverhaal is een van hoop in ’n moeilike wêreld. Lees meer hier.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.