Elke plooi vertel ’n storie

Intussen vergeet ons dat ons ander se lewensverhale op hul gesigte lees, al gebeur dit meestal onbewustelik. Ons eien vasberadenheid, ontevredenheid of teruggetrokkenheid in ’n trek om die oë, die neus, die mond en het onmiddellik ’n aanvoelingvir die méns agter die gesig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Plooie kom van die emosionele onbewuste,” sê Marthie Maré, ’n fisionomiekenner (gelaatskundige) van Pretoria. “Sterk emosie veroorsaak lyntjies, en hulle verskyn meestal ná ’n tydperk van swaarkry.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tog dui plooie nie net op sielelyding nie. “Vir elke plooi kry jy ’n gratis talent as beloning. Wanneer mense weet waarop die lyntjies op hul gesigte dui, is hulle baie keer trots op élke plooi.” Gaan staan dus voor die naaste spieël en doen ’n bietjie “wie is ek”-navorsing! Marthie is aan die woord: Die linkerdeel van jou gesig verteenwoordig jou persoonlike lewe, terwyl die regterdeel op jou minder intieme verhoudings en werklewe wys – die gesig wat jy vir die wêreld opsit. Jou spieëlbeeld sal die linkerkant van jou gesig steeds links reflekteer, maar wanneer jy na iemand voor jou kyk, sal sy linkerkant aan jou regterkant wys. As jy byvoorbeeld meer courage lines aan jou regterkant het, beteken dit dat die meeste uitdagings in jou werkslewe of minder intieme verhoudings was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Uitreiklyntjies

Net die plooitjies wat uit die hoek van die oog waaier, tel as sogenaamde “lagplootjies” of uitreiklyntjies. Uitreiklyntjies dui aan hoeveel jy na ander uitreik deur byvoorbeeld advies in te win of menings te vra. Hoe meer jy het, hoe meer reik jy uit. Hoe verder hulle na die haarlyn strek, hoe wyer reik jy uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Moedlyntjies

Plootjies wat horisontaal onder die oog vorm en afneig na die wange, is moedlyntjies of courage lines. Hulle vorm ná ’n lang tyd van swaarkry waar jy moed nodig gehad het om op te staan en terug te veg. Jy kan daaraan dink as die eremedaljes wat jy op jou gesig dra. As jy in ’n moeilike situasie is, kan jy jouself ondersteun deur liggies met jou vingers oor jou moedlyntjies te streel in die wete dat jy die nodige moed het om enige uitdaging te oorkom.

Fronslyne: woedevlaggies

Daar is verskillende fronslyne. Vertikale plooie wat aan die wenkbroue raak, is woedevlaggies wat op onderdrukte woede en/of aggressie dui. Die talent wat hiermee saamgaan, is diplomasie. Jy kan iets op ’n mooier manier sê as wat jy graag sou wou. Jy sal dikwels stilbly of jou woede sluk om die vrede te bewaar. Ek raai mense met woedevlaggies aan om van die oorsaak van die aggressie ontslae te raak. As dit onmoontlik is (jy kan tog nie altyd van ’n situasie of persoon wegkom nie) moet jy ’n manier kry om jou aggressie te verwerk. Jy kan gim toe gaan, ’n kussing slaan of onder ’n boom staan en skree – solank jy dit gereeld doen. Anders gaan die onverwerkte emosie na jou organe en sit jy kort voor lank met hart-, lewer- of galprobleme.

Fronslyne: ’n toewydingslyn

Enkelplooi in die middel van die voorkop, tussen die wenkbroue, word ’n toewydingslyn genoem. As jy dié lyn het, is jy in goeie geselskap: Moeder Teresa het ’n duidelike toewydingslyn gehad. Dit beteken jy het die behoefte om jou aan mense of ’n sekere saak te wy. Spiritueel groei jy dalk vinniger as ander mense. Jy is ook doelgerig; jy vorder van punt A na punt B sonder om asem te skep.

Fronslyne: perfeksionisme

Verskeie vertikale fronslyne dui op perfeksionisme. Jy is krities teenoor jouself en ander. My vraag is gewoonlik: gaan die kwessie waaroor jy jou nou ontstel – byvoorbeeld of die koffiebekers in ’n netjiese ry staan – oor vyf jaar nog saak maak? Is dit die moeite werd om die lewe vir jouself en ander ongemaklik te maak omdat jy ’n uitkoms presies só wil hê? Probeer om elke dag iets wat vir jou nie reg lyk nie, te aanvaar. Draai die koffiebekers sommer met opset skeef en skuif hulle eers later terug. Kyk of jy al langer met dit wat nie perfek is nie kan saamleef, en geniet eerder die kuier saam met vriende of familie.

Steunlyne

Die vertikale lyne tussen die wange en kakebeen langs die mond word steunlyne (support lines) genoem. Hulle verskyn ná ’n moeilike tydperk waar jy ’n gebrek aan emosionele steun ervaar het. Steunlyne aan die linkerkant dui op ’n gebrek aan steun van familie en hegte friende, en regs te min steun van kollegas ofdie samelewing. Sulke belewenisse gee jou empatie vir mense in soortgelyke omstandighede. Jy verstaan die kuns om hulle te ondersteun. Dié lyne dui ook op sjarme. uitbrandingslyn Die horisontale lyntjie hoog op die neusbrug is ’n uitbrandingslyn.

Dit kom voor by mense wat hulself oorwerk en baie verantwoordelikheid vir en namens ander neem – dikwels onnodiglik. Ek beveel graag aan dat hulle gerééld hul batterye herlaai. ’n Flits met ’n pap battery se liggie skyn maar flou; jy kan nie veel vir ander beteken as jou energiebronne uitgeput is nie.

Teleurstellingslyne

Plooie wat van die buitekant van die neusvleuel na die buitehoek van die mond loop, word teleurstellingslyne genoem. Die meeste van ons het sulke lyne, want ons ervaar almal die soet en suur van die lewe. As die lyn links dieper is as regs, dui dit op persoonlike teleurstelling.

Boliplyn

’n Horisontale lyn tussen die basis van die neus en die bolip sê dat jou hart soms nie in jou glimlag is nie. Jy is weer eens in goeie geselskap – Julia Roberts het dit ook! Dis algemeen by akteurs, joernaliste en mense wat dikwels vir ander moet glimlag. Ek sê graag mense moenie ophou glimlag nie; jou glimlag is dalk net wat iemand anders die dag nodig het. Dié lyn kan ook dui op trane wat nie gestort word nie.

Geheimplooitjies

Die halfmaantjies wat om die mondhoeke vorm, is geheimplooitjies of secrecy lines. Dit dui op ’n sterk behoefte dat ander jou privaatheid en persoonlikeruimte respekteer. Dit beteken nié dat jy
duistere geheime het nie!

Empatielyne

Lyne wat van die mondhoeke afloop na die ken, is empatielyne. Let maar op by ’n begrafnis: die mense naaste aan die oorledene sal reeds ’n duikie aan die linkerkant hê wat later ’n lyn gaan word weens die emosionele pyn. Empatielyne aan die regterkant word soms veroorsaak deur pyn oor die lewe, veral by ouer mense wat sukkel om aan te pas by politieke en ander veranderinge. Mense met empatielyne ontwikkel ongelooflike deernis met ander. “Kom praat met my” staan nie op jou voorkop geskryf nie, maar in jou empatielyne.

Groewe rondom neusvleuels

Diep groeflyne reg rondom die neusvleuel dui op die ervaring van ’n gebrek aan erkenning, veral finansieel. Aan die linkerkant wys dit jy voel jou familie, selfs jou lewensmaat, ondersteun jou te min op geldelike gebied; regs kan wys dis moontlik tyd om ’n verhoging te vra. Onthou dat ons hier met persepsies werk, met hoe die eienaar van die gesig die werklikheid ervaar.

Oorlewingslyne

“Rokersplootjies” of die vertikale lyntjies om die mond het niks met die rookgewoonte te doen nie; dis oorlewingslyne. Jy ontwikkel dit wanneer jy voel jou mening word nie na waarde geskat nie, of dat jy voortdurend verkleineer word. Oorlewingslyntjies links meen jy voel jou nabymense minag jou mening, en regs dat die werk of vriende of die samelewing jou sienings kritiseer. Die betrokke talent is dat jy enige situasie kan hanteer.

Erkenningslyntjie

Die horisontale lyntjie bo die ken verwys na ’n behoefte aan erkenning. As jy byvoorbeeld vir die motor voor jou plek maak, word ’n dankie van die bestuurder baie waardeer. Jou optrede word nie gedryf deur die erkenning wat jy gaan kry nie, maar jy is daarop ingestel dat dinge op die regte manier gedoen word. Die talent lê daarin dat jy moeite vir ander sal doen.

Geselslyn

Die lyn wat van die een kant van die gesig onder om die ken deurloop na die ander kant, is ’n geselslyn. Dit lyk soos ’n ekstra glimlag. Mense met dié kenmerk gesels lekker en is spontaan, mits hulle gemaklik voel.

Humorlyntjies

Leeuneusplootjies of humorlyntjies dui op ’n ondeunde sin vir humor of ’n stout streep. Dis ’n hanteringsmeganisme wat jou help om by jou volle verstand te bly! Humorlyntjies links op die neus beteken jy hanteer jou persoonlike lewe goed deur jou sin vir humor toe te pas, en regs dat jy jou minder intieme verhoudings of die lewe in die algemeen só ligter maak.

Puisies, aknee, vlekkies en moesies

Puisies en aknee is gewoonlik rooi, wat op woede en/of frustrasie dui. Die ligging van die puisie(s) vertel waarmee jy op die oomblik probleme ondervind. As dit herhaaldelik op dieselfde plek uitslaan, is dit ’n langdurige probleem. ’n Puisie links op die ken dui op frustrasie in terme van ’n persoonlike saak waaroor ’n besluit geneem moet word, en regs op die ken oor ’n werksbesluit. As jy finaal ’n besluit neem en die frustrasie verdwyn, sal die puisie(s) ook verdwyn. ’n Puisie of koorsblaar op die onderlip wys jy ervaar frustrasie vanweë die onvermoë om ander van jou saak te oortuig, en op die neuspunt beteken dit: “My finansies dryf my tot raserny!” Bruin vlekkies (liver spots) dui op moeilike lesse wat oor ’n lang tydperk geleer is. ’n Vlekkie op die kakebeen wys byvoorbeeld op lesse ten opsigte van deursettingsvermoë.

Sproete verteenwoordig energie en ’n sterk wil – dink aan die term “rissiepit”. As jy met ’n moesie gebore is, dui dit op ’n lewensles wat verband hou met die ligging daarvan. Op die regterwang het dit byvoorbeeld te doen met hoe jy jou in die openbaar, sosiaal, of by die werk laat geld. As dit eers ná geboorte vorm, wys dit na ’n situasie wat ’n groot impak op jou lewe het en wat in terme van die ligging daarvan geïnterpreteer kan word. Alle merke, selfs littekens op die gesig, hou betekenis in na gelang van hul posisie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.