kategorieë: Bekendes

Elma Smit deel haar Mauritius-foto’s!

Hoe het jy en jou man, Richard, al Valentynsdag gevier en wat beplan julle vir hierdie jaar?

My man (en sy tweelingsuster!) verjaar op Valentynsdag, maar omdat dit daai dag altyd so besig is by restaurante, het ons dié dag maar nog altyd eerder by die huis gevier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie jaar sal hy op die groot dag by die Tshwane Open werk vir Supersport, so ek sal seker iets lekker maak vir aandete. Ek dink ‘n mens moet dalk eerder fokus daarop om gewone dae saam spesiaal te maak, as om net een of twee dae per jaar te vier. Elke dag is kosbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Julle was onlangs in Mauritius om jou verjaardag en jul huweliksherdenking te vier. Waar was julle?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het by die fantastiese Club Med La Pointe aux Canonniers gebly – ek’s mal oor die feit dat hulle oorde almal all inclusive is! Al jou etes, happies tussenin, drankies (alkoholies ook!), al die aktiwiteite in die oord en selfs vervoer na- en van die lughawe, is by jou pakket ingesluit. Dis baie makliker om te ontspan as jy vir ‘n hele week jou beursie kan wegsit. Dít terwyl jy om elke hoek en draai bederf word!

Hoe lank is jy en Richard getroud? Wat laat julle huwelik werk?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons is nou amper 5 jaar getroud. Ek dink ons het net genoeg gedeelde prioriteite, ons lag lekker vir dieselfde goed en hy sorg vir die rustige, kalm, ordelike balans – terwyl ek soms soos ‘n opwen speelding rondskaats!

Mauritius is ‘n gunstelingvakansiebestemming vir baie mense. Waarvan hou jy die meeste van die eiland?

Dis só ‘n kort vlug daarheen (net 4 ure), jy het nie ‘n Visa nodig nie en dis regtig die perfekte tropiese eiland. Die mense is ook ongelooflik vriendelik en gerig daarop om jou ervaring stylvol en onvergeetlik te maak.

Ek was al in Thailand en die Seychelle ook, maar Mauritius sal my definitief weer en weer sien!

Jy en Richard is bekend as ‘n aktiewe paartjie. Watter aktiwiteite het julle op die eiland gedoen terwyl ander besoekers skemerkelkies gedrink het?

Omdat die aktiwiteite by Club Med-oorde by jou pakket ingesluit is, kon ons onsself net nie help nie – ons wou alles probeer. Tussen die Piña Coladas deur het ons gaan kajak, boog geskiet, geseil, tafeltennis gespeel en ‘n hele paar keer gaan snorkel.

Wat is jul gunstelingvorm van ontspanning?

Eks mal daaroor om te snorkel, ek sal letterlik heeldag in die see dobber om vissies te kyk – as ek kan. Nét kos kan my weglok! Verder wil ek hierdie jaar weer begin gholf speel – daar’s niks soos vars lug, ‘n mooi baan en ‘n entjie se stap om jou ‘n bietjie perspektief te gee nie. Ek en my vriendinne gaan toets ook graag al die lekker staproetes in en om Johannesburg. In 2016 wil ons graag ten minste een keer per maand een aandurf. As ek egter net rustig by die huis wil asem skep, maak ek graag tuin.

Julle het verlede jaar vir die eerste keer gaan ski?

Wat ‘n ervaring! Ek was nogal bang dat ek sal sukkel, aangesien my koördinasie en fiksheidsvlakke maar vrot is. Gelukkig leer ‘n mens lekker saam met groepe wat op dieselfde vaardigheidsvlak as jy is, en dis regtig ongelooflik mooi. Dis ‘n fantastiese manier om te vlug na ‘n winter-wonderwêreld, waar die werklikheid baie ver voel. Om te ski hou jou nederig, maar dis uiters bevrydend om teen so ‘n vinnige pas soveel van ‘n vallei te kan sien – sonder die geraas van enjins of die lui van fone.

Waarheen gaan julle volgende reis?

Ons wil in April die Weskus van die VSA verken, so ons is vreeslik opgewonde daaroor!

Hoe vorder julle kluitklaplysie?

Ons wil vreeslik graag nog na die Maldive-eilande gaan en Richard se familie is oorspronklik van Italië, so ons wil graag ‘n lang toer deur dié land doen. Verder wil ons vreeslik graag gaan Whisky drink in Japan en ek wil graag nog vir Rio de Janeiro sien.

Waarsonder reis jy nooit?

Sonskerm (of jy nou gaan ski of op die strand lê, albei vereis goeie sonroom). Kompressie-sokkies vir lang vlugte, ‘n ekstra stel klere in my handbagasie en ‘n mooi tas van hoogstaande kwaliteit. Niemand wil in ‘n vreemde land met ‘n lendelam tas sukkel nie!

Is daar gewoontes van ander reisigers wat jou irriteer wanneer jy reis?

Ek dink die ergste is maar om op ‘n 14-uur lange vlug naby iemand te sit met swak higiëne of wat vreeslik snork! Ek was egter ook al daardie persoon wat op ‘n vliegtuig siek geword het, so ek weet dat ons almal iewers ‘n slegte dag kan hê en dat dit nie altyd binne jou beheer is nie.

Wat is jou beste reiswenke?

• Skakel sodra jy vertrek, of selfs voor jy vertrek, oor na jou bestemming se tydsone, veral as jy in ‘n oostelike rigting vlieg. Vlugflouheid tref my gewoonlik erg, so ek sal byna enigiets probeer om die impak daarvan te beperk.
• Jy kan jou dokter gaan spreek om te vra vir ‘n voorskrif vir enkele slaaptablette, vir jou vlug. Dit help om uitgerus – of amper uitgerus – te arriveer.
• Ek maak graag gebruik van dienste soos AirBnB en Uber, eerder as taxi’s wat soms kanse vat en hotelle. Van die beste plekke waarin ek al gebly het, was AirBnB-woonstelle.
• Jy kan TripAdvisor se City Guides op jou selfoon aflaai voor jy vertrek en selfs al het jy nie WiFi nie, dit aan daai kant gebruik – jou selfoon se GPS werk, ongeag of jy ‘n aktiewe simkaart het of nie.
• As jy in en uit ‘n taxi klim, maak altyd dubbel seker jy’t alles – veral jou kamera by jou. Ons en vriende van ons het al meer as een kamera só verloor. Probeer ‘n nota maak van die maatskappy aan wie die taxi behoort of neem ‘n foto van die registrasie nommer – ingeval jy iets op die sitplek vergeet, kan jy die bestuurder weer naspoor.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.