kategorieë: Ons menseBekendes

Emma Stone: Op die kruin

Emma Stone: Op die kruin deur Margaret Gardiner. Emma Stone. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy is bekend daarvoor dat jou gesig verklap wat jy wil sê nog voordat jy dit gesê het. Is dit iets wat jy as akteur aangeleer het?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek is mal oor goeie dialoog, en die dialoog in dié fliek (The Favourite) is briljant. Maar as ek nooit weer hoef te praat nie, sal ek ook gelukkig wees. Dis een van my gunsteling-toneelspeeldinge: om te kommunikeer sonder om te praat. En dis ook nie iets wat ek kan inoefen nie. Dis ’n groot kompliment as ek dit regkry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is jou gunstelingboek, -ontwerper, en –fliek?

Ek was mal oor Raise High the Roof Beam, Carpenters and Seymour van J.D. Salinger.

My gunstelingontwerper is Louis Vuitton, natuurlik.

Ek kan nie net een gunstelingfliek kies nie. Ek hou van City Lights, The Jerk en Network – dis my topdrie.

Wat was jou gunsteling-oomblik by die Golden Globes?

Die jaar toe La La Land so goed gedoen het, was ’n goeie aand. Ons hele tafel het dit gevier, en ons het ook te veel sjampanje gedrink (lag).

In The Favourite het jy ’n verhouding met Joe Alwyn. Was sy meisie, Taylor Swift, ooit op stel?

Nee. Jy weet hoe privaat ek oor my eie lewe is, en ek sal nooit oor iemand anders se lewe uitpraat nie.

Wat dryf jou?

Passie. Kreatiwiteit en passie dryf my, en ’n goeie ondersteuningstelsel laat dit gedy.

Is jy goed met speletjies?

Ek dink dit hang van die soort speletjie af. Ek kry nie altyd wat ek wil hê nie. Ek is goed met woordspeletjies, maar as dit iets is wat met dobbelstene werk, sal ek tien teen een verloor.

Watter fliek wat jy onlangs gesien het, het jou op ’n emosionele vlak geraak?

Ek het pas 3 Women van Robert Altman vir die eerste keer gesien. Ek was heeltemal verlief op die fliek en sal dit lank onthou.

Jy het onlangs dertig geword. Wat verwag jy van die volgende dekade?

Ek is baie opgewonde en sien uit na die volgende dekade. Ek het die week voor my verjaarsdag ’n bietjie blou gevoel omdat ek teruggedink het aan alles wat in my twintigerjare gebeur het, maar nou sien ek uit daarna. Ek weet nie regtig wat om te verwag nie, maar ek kan jou een ding sê: ek is bly ek is klaar met my twintigs!

Jy het Golden Globes en Emmys gewen en deur die jare in wonderlike flieks gespeel. Is jou lewe alles waarvan jy gedroom het toe jy jonger was?

Ek dink dit was meer soos ’n fantasie as ’n droom. My droom was net om toneel te speel, al die ander wonderlike goed wat gebeur het, was fantasieë. Dis nie iets wat ek verwag het nie, want dit sou verregaande wees. En dinge voel altyd anders as wat jy verwag het, maar dit verander nie wie jy is nie. Dit verander net dinge aan die buitekant, en dis goed so. ’n Mens het steeds net so min selfvertroue en ander kwessies waaraan jy moet werk soos in die verlede. Dit is regtig wonderlik as jou werk as akteur erken word, selfs ook as jy kan kies watter rolle jy wil speel. Daar is seker net 1% van alle akteurs wat aan die Screen Actors Guild behoort wat gereeld werk, so ek aanvaar dit nie vir ’n sekonde as vanselfsprekend nie. Ek weet ook dat dit enige tyd kan ophou. Ek is dankbaar vir elke rol, maar ek kan nooit sê dat dit my doelwit was nie (lag).

Hou jy daarvan om televisie te kyk? Hoe voel dit om nou ook in ’n TV-reeks te verskyn en een karakter vir ’n langer tydperk te speel?

Wel, wat dit interessant maak, is dat ek eintlik vyf verskillende karakters vertolk, so dis asof ek heeltyd tussen verskillende karakters rondspring – amper soos wanneer jy in ’n fliek speel. Maar nou het ons vyf uur om die storie te vertel, pleks van net twee uur. Ek gee nie om of ek in flieks of TV-reekse speel nie, solank die werk goed is, sal ek dit doen.

Ek kry nie kans om baie televisie te kyk nie, maar dit is lekker om na iets uit te sien wanneer jy baie reis en iets het om in jou hotelkamer te doen. Ek is mal oor The Americans, ek is nou eers klaar met die tweede seisoen, so moenie vir my vertel wat later gebeur nie (lag)!

Waar kyk jy televisie wanneer jy by die huis is?

My TV is in my sitkamer, en ek het ’n gemaklike bank waarop ek sit. Daar is ook hierdie Apple-toestel wat my in staat stel om goed van my rekenaar op my televisie af te laai. Ek is tegnologies gevorderd (lag).

Wat doen jy as jy ’n slegte dag het? My troos is sjokolade (lag).

Ek bel iemand. Dit help my gewoonlik as ek ’n probleem met iemand kan deurpraat. As ek oor ’n probleem of kwessie tob, kan ek dit nie vir myself hou nie. Dit voel asof dit in my gedrag sal uitkom as ek nie iets daaroor sê nie (lag). Maar dit help my regtig as ek daaroor kan praat.

Hoe voel jy vandag teenoor daardie meisie wat in haar eerste fliek, Easy A, gespeel het?

Ek dink ek voel baie dieselfde, hoewel ek ook die afgelope jaar deur baie dinge is en baie geleer het. Hopelik het die bietjie lewenservaring my geleer om beter keuses oor my lewe te maak.

En jy het meer geld.

Ja, ek wou nie iets sê nie (lag).

Wat is die eerste ding waarop jy geld uitgegee het?

Sover net ’n huis. Dit was my grootste uitgawe. Dit voel so luuks om jou eie huis te kan koop.

Is dit ’n moderne huis?

Nee, dis baie oud.

Wat is in jou juweelkissie? Wat is jou gunsteling-juweelstuk?

Dis ’n goeie vraag! Ek het nie baie duur juwele nie, want ek vertrou myself nie daarmee nie. Ek het deur die jare ’n paar goed gekry waaroor ek nostalgies is, maar dit is nie noodwendig duur stukke nie. Ek het vir myself ’n goeie horlosie gekoop toe ek 22 geword het, en het dit ’n week later verloor. Deesdae probeer ek om versigtiger te wees. Hopelik sal dinge verander noudat ek dertig is (lag)!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.