kategorieë: Blogs

Enigeen vir muskiete?

As daar nie ‘n koel bergpoel in jou onmiddellike omgewing is waarin jy die somerhitte kan ontduik nie, is daar dalk ‘n swembad. Swembaddens is een van die beste uitvindsels ooit – mits hulle iemand anders se verantwoordelikheid is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek het op ‘n ou huis verlief geraak en dit gekoop, ten spyte van die swembad in die agterplaas. Wie luister nou na haar gesonde verstand as staalplafonne, ‘n vredige atmosfeer en rankplantbegroeide mure met haar praat?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sedertdien het ek ‘n intieme verhouding met die ma en dogterspan by die plaaslike swembadwinkel ontwikkel. Vra, en hulle verskaf die antwoord. Ek kan my voorstel hoe Merlyn, die legendariese druïde uit die tyd van Koning Arthur, se oë sou rek as hy kon sien hoe my swembad oornag van paddaslikgroen na skitterblinkblou verander.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ná die vakansie was die scenario egter nuut. In my afwesigheid het ek – sonder my medewete – ‘n suksesvolle muskietteelstasie in my agterplaas begin. Die elektrisiteitstoevoer na die swembadpomp het die gees gegee en die gevolg was ‘n indrukwekkende aantal krioelende, dun, swart lyfies in my swembad. Dit het ‘n man gekos om my te oortuig dis muskietlarwes.

Eeeeeuw!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek wonder of die waternimfe uit die Griekse mitologie ook met afgryse op ‘n muskiet-infestasie sou reageer. Dalk sou hulle in my geval ‘n padda-leërmag aanbeveel. Dit sou natuurlik interessante moontlikhede skep. Wat as daar ‘n paddaprins onder die muskietvreters sou skuil?

Terwyl ek reeds myne gevind het (‘n prins, nie ‘n padda nie) sou dit sake net ingewikkeld maak. Nee wat, dié keer bly ek by die tegnologie. Hoewel die mitologie nie te versmaai is nie. Hoe het die nimfe dit nou weer reggekry om die manne van hul keuse konstant in ’n staat van betowering te hou?

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.