Die welige woude van die Tuinroete Nasionale Park bied meer as net ’n blyplek vir die voëls. Van die kleinste insekte tot klein soogdiere en ’n verskeidenheid plantegroei kan in die woude besigtig word. Die beste manier om die pragtige Diepwalle bos te verken, is om rustig te raak in hierdie wonderland.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Voorheen was verblyf in die Knysna deel van die park beperk tot ’n enkele luukse huis en dekke vir kamp-entoesiaste. Die dekke was voorheen beskikbaar net vir diegene met hul eie tente, maar nou is dit toegerus met tente wat toegerus is met twee enkelbeddens, ’n yskassie, twee sluitbare kiste en ’n koffie tafel. Al wat jy nodig het, is jou eie beddegoed. Gaste kan die braaigeriewe gebruik.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die kamp-dekke kan gebruik word as die basis kamp om die juwele in die bos te ontdek. Aantreklikhede sluit in die King Edward groot boom, Tree, ’n aantal staproetes, die Diepwalle Museum en teetuin en bergfiets roetes. Meer as 280 voëlspesies is in die gebied van die Knysna Mere te sien en dit is maklik om die voëllewe vanuit die gerief van jou kampdek te bespied.
Tydens lae seisoen is die koste R390 vir twee mense. In seisoen kos dit R410 vir twee.
Navrae: www.sanparks.org of bel + 27-44-302-5606
Bron: SANParks Times
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.