kategorieë: Ontspanning

Mandela Dag: Wat SA doen

Hier is 5 dinge wat jy kan doen:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Deel komberse en sop aan minderbevoorregtes uit.
2. Besoek ’n kleuterskool vir minderbevoorregte kinders en skenk ou klere en speelgoed aan die leerders.
3. Koop saad van verskeie groente en vrugte en leer jou huishulp hoe om haar eie groentetuin te onderhou.
4. Besoek jou plaaslike DBV en spandeer jou tyd deur met die diere te stap en te speel.
5. Bak en versier ’n koek en neem dit na jou plaaslike kinderhuis vir ’n kind wat verjaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat ander doen: ’n Mandela Dag-tradisie

Zelda la Grange en die Bikers for Mandela Day, asook ander bekendes soos Karen Zoid, Johrnè van Huyssteen en Piet Croucamp sal vanjaar tussen 16 en 20 Julie ’n draai in Beaufort-Wes, George, Knysna, Graaff Reinet en Bloemfontein maak waar hulle deur verskeie inisiatiewe Mandela Dag gaan vier.

Hulle gaan begin deur fluitjies aan verskeie organisasies ter ondersteuning van die Blow The Whistle-veldtog te skenk. Daarna gaan hulle die HM Dlikidla laerskool in Beaufort-Wes besoek waar hulle skryfbehoeftes en boeke aan die leerders gaan skenk. Daar gaan ook ’n opvoedkundige poppespel vir die leerders gehou word. Die groep sal dan die Phambili Toevlug Sentrum besoek waar hulle hul 67 minute aan herstelwerk gaan bestee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Op Nelson Mandela Dag sal die groep die Vermont Ouetehuis in Knysna besoek waar hulle tyd saam met die inwoners gaan spandeer. Komberse, warmwatersakke, elektrisiteitsbesparingstoestelle, sop en lekkernye sal aan die ouetehuis geskenk word terwyl Karen Zoid die inwoners vermaak. Daarna sal die groep die Chris Hani Sentrum besoek waar hulle die FAMSA-organisasie gaan ondersteun. Kinders vanuit die omliggende gebied sal daar ’n opvoedkundige poppespel kan geniet, gevolg deur ’n toespraak deur DJ Fresh en ’n opvoering deur Karen Zoid. Die dag sal in Graaff Reinet afgesluit word waar die groep saam met die plaaslike gemeenskap kerse ter ere van Madiba gaan opsteek.

Op 19 Julie sal die groep na Bloemfontein reis waar hulle by die plaaslike onderneming Thessa New Beginnings, hul toer sal afsluit. Hier sal hulle 67 minute aan konstruksiewerk spandeer.

Wat rooi rose doen

Vir die afgelope paar jaar besoek ons Ekklesia Park, ’n ouetehuis en woonhuisies vir bejaardes, waar ons 67 minute saam met die inwoners spandeer. Ons gaan hierdie jaar Bingo speel en deurentyd ewekansige pryse aan die deelnemers uitdeel. Verder gaan ons ook tydskrifte, boeke en CD’s aan die ouetehuis skenk.

Nog ’n idee

Bestee jou 67 minute op Mandela-dag deur diere te help by die DARG Mandela-dag kermis wat in Houtbaai aangebied word.

DARG is ’n pro-lewe organisasie van Houtbaai wat verwaarloosde en verlate honde en katte red, vir hulle sorg en steriliseer, en help om nuwe huise vir hulle te kry. Die span by DARG vra diereliefhebbers en korporasies om saam met hulle op Mandela-dag by die Valley plaasstal in Valleyweg in Houtbaai openbare diens te kom doen.

Hoe kan jy betrokke raak?
*Betaal R10 toegang en woon die DARG Mandela-dag Saterdag (18 Julie) by. Dit duur van 09h00 tot 16h00.
*Bestee 67 sekondes om ’n debietorder vir R50 of meer per maand te teken. Debietorder-vorms kan per e-pos aan jou gestuur word. DARG kort nog 1000 maandelikse beloftes om uitgawes te dek.
*Maak ’n donasie in die DARG trustrekening; FNB takkode: 201409; Rekeningnommer 624 7170 2897 of gaan na www.payfast.co.za/donate/go/darg
*Begin ’n fondsinsamelingsinisiatief by jou kantoor / skool / onder vriende.
*Bestee R67 of meer by die tombola-prystrekking.
*Bestee 67 sekondes om aansoek te doen vir ’n MySchool MyVillage MyPlanet kaart en maak DARG die begunstigde.
*Ondersteun die veiling Saterdag om 14h00.

Wat gaan jy doen? Deel jou kommentaar met ons.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.