kategorieë: KalenderOntspanning

Fantasy of Light

Waterfall Park, geleë in Mall of Africa in Gauteng, gaan binnekort die tuiste wees van ’n betowerende tentoonstelling van liggies, musiek, plaaslike en internasionale talent en die beste buitelug-feesseisoenvermaak wat Suid-Afrika nóg gesien het!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vanaf 25 November tot 24 Desember 2016 gaan die Amfiteater, by die land se voorste inkopiereus, omskep word in ’n skouspelagtige lushof van indrukwekkende beligting en spesiale effekte, Kersfeesversierings, musiek en toneelstukke, wat grootouers, ouers en cool tieners net soveel sal geniet soos die kleinspan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Asemrowende stel van nege meter hoog deur Juan Boshoff, 104 kleurvolle kostuums, 22 km se vonkelende feëtjieliggies, ’n reuse verhoog, 12 m van betowerende Kersfeesbeeldjies met vrolike beligting, ’n unieke liggiewaterval van 160 m en ’n wêreldklas konsert bied die perfekte bestanddele vir ’n fabelagtige ervaring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Oorspronklike feesmusiek, wat spesiaal gekomponeer is deur die internasionaal-bekroonde komponis, Bernadette Vercellino en musiekvervaardiger, Brendan Jury, skep die ideale agtergrond vir ’n humoristiese fantastieverhaal met ’n boeiende storielyn en karakters wat uit die staanspoor diep in jou hart nesskop. Uitstekende choreografie deur Weslee Lauder en vrolike uitrustings deur Delene Holt, Heidi du Toit van Hollywood Costumes en Mercedes de Bruyn gee lewe aan dié pantomime uit die pen van een van ons land se bekendste aktrises, Lizz Meiring – wat vir die besonderse projek ook haar lyf regisseur hou saam met vervaardiger, Rudi Kesting van Production Projects en Juan Boshoff. ’n Talentvolle toneelgeselskap, wat met die hand uitgesoek is, komplementeer die hoë gehalte produksie, wat die gehoor se asems behoorlik sal wegslaan.

Vertonings sal elke aand, van Maandag tot Sondag, onder die sterre plaasvind. Hekke open om 18:00 en teen 20:00 kan 3 000 gaste gereed maak om vir 70 minute weggevoer te word na ’n boeiende wonderland, waar sirkusmalligheid en Kersfees ontmoet. Kaartjies beloop R120 vir volwassenes, terwyl kinders onder agtien en pensioenarisse slegs R80 toegang betaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bespreek jou kaartjies hier

Vir meer inligting oor Fantasy of Light besoek www.theparkwaterfall.co.za | Facebook | Twitter | Instagram
Gebruik die hutsmerk #FantasyOfLight

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: dagboek

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

11 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.