kategorieë: FiksheidGesondheid

Fiks & ferm: water, swangerskap, oefening

Hoeveel water?

‘Net wanneer jy dors is.’ Dr. Tim Noakes van die Sportwetenskap-instituut van Suid-Afrika sê die idee dat atlete iets moet drink vóór hulle dors is, hou geen water nie. In der waarheid is dit beter om na jou liggaam te luister en te drink as jy dors is. Te veel water kan jou maagkrampe gee en volgens dr. Noakes is daar geen bewyse dat elektroliete krampe keer nie. En ’n klein bietjie dehidrasie is ook nie die einde van die wêreld nie, sê hy. Lees meer hieroor in Tim Noakes se boek Waterlogged: The serious problem of overhydration in endurance sport.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Die studie: Hardlopers het drie oefensessies van twee uur elk gedoen waar hulle die eerste keer volgens dors gedrink het: sowat 180 ml per uur. Die tweede keer 120 ml elke 15 tot 20 min. en die derde sessie 300 ml elke 15 – 20 min. Die eerste twee oefenlopies het nie probleme veroorsaak nie, maar die laaste een waar sowat twee liter in die twee uur gedrink is, het twee van die hardlopers soveel maagkrampe gegee dat hulle nie die sessie kon voltooi nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

150

Dis die hoeveelheid minute van matig intense aërobiese aktiwiteit wat ’n gesonde vrou veilig tydens en kort ná ’n swangerskap per week kan doen. Dis goed as jy hierdie twee en ’n half uur in kleiner sessies deur die week kan versprei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maak ’n geskenk vir jou atleetvriende

Epsomsout is magnesiumsulfaat en het eindelose voordele vir die liggaam. Magnesium kan deur die vel geabsorbeer word en is dus net die regte badsout vir atlete. Maak dit ekstra lekker deur dit met geurige olies, growwe sout, kruie en blomblaartjies te meng.

Maak so
Meng 500 g growwe sout met 20 druppels essensiële olie soos laventel, roos, of waarvan jy hou, en voeg 500 g Engelse sout (beskikbaar by apteke) by. Meng gedroogde blomblare by vir die mooiheid en sit in organza-sakkies (te koop by kralewinkels) sodat die blomblare nie jou bad verstop nie. Die sakkies word soos ’n teesakkie in jou bad gegooi. Verpak alles in ’n Zip Lock-plastieksakkie en sit in ’n mooi boksie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.