kategorieë: Ontspanning

fliekNET is terug in Desember as ‘n opwipkanaal

fliekNET sal weer van 16 Desember 2022 tot 15 Januarie 2023 op lug as ’n welkome toevoeging tot DStv se vakansievermaakprogram wees. fliekNET sal op DStv-kanaal 149 beskikbaar wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Van die speelfilms wat op fliekNET te sien gaan wees, sluit onlangse treffers soos Barakat, Toorbos, Kaalgat Karel en Klein Karoo en Klein Karoo II in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ook op die skedule is gewilde uurlange Storiefilms soos Magda Louw, Die lang, langnaweek en Dija wil ’n baby hê met groot name soos Hannes van Wyk, Quanita Adams, Jacques Bessenger en Amalia Uys in die onderskeie rolverdelings. Klassieke flieks soos Boetie gaan border toe, Tant Ralie se losieshuis, Lokval in Venesië en Lord Oom Piet gaan ook vir genoeg vermaak sorg.

Silwerskerm-kortfilms maak ook deel van die program uit. Die Silwerskermfees het deur die jare gesorg vir die geboorte van vele filmmakers se loopbane en hierdie kortfilms wys nie net hoe geweldig talentvol ons filmmakers is nie, maar ook hoe die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse filmbedryf gegroei het.

Dokumentêre reekse soos Impressario, Oppi Kassie en Daar doer in die fliek is ’n moet vir liefhebbers van film, filmmakers en die geskiedenis van die vermaakwêreld, film- en TV-bedryf in Suid-Afrika.

fliekNET sal van 16 Desember 2022 tot 15 Januarie 2023 op DStv-kanaal 149 vir Premium-intekenare beskikbaar wees. Die uitsending sal daagliks vanaf 06:00 soggens tot 12:00 saans strek.

Kry die skedule hier of volg kykNET se sosiale media platforms vir meer inligting.

Lees ook: Die tragiese saak van Pamina Vermaak word ’n fliek

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

22 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.