Nataniël, bekende sanger en fynproewer, deel meer oor sy liefdesverhouding met Frankryk

Hy’t juis onlangs dié land besoek om die opkomende seisoen van sy nuwe TV-reeks Nataniël. Erik. Wolf. te verfilm. Hierin is hy weer terug in sy geliefde Nantes om saam met sy broer, Erik, kos te maak en om tyd saam met sy peetkinders deur te bring terwyl hulle saam die klassieke feëverhale herontdek wat hom so as kind kon aangryp en sy beroep geïnspireer het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Soos die verbod op reis al hoe meer lig, lig Nataniël ons in oor wat kykers van die nuwe reeks kan verwag, hoe dit is om met Air France te vlieg en hoekom Frankryk bo-aan jou reislys moet wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy het terug Frankryk toe gegaan om jou nuwe TV-reeks te verfilm. Kan jy ons meer daarvan vertel?

Dit is die vyfde keer wat ek ’n leefstyl-en-kos-reeks saam met my broer, Erik, verfilm. Ná die vorige vier, het ons nie noodwendig planne gehad om nog een te maak nie, maar dit het alles tydens die pandemie verander. Op ’n sekere punt het dit gevoel of ek nooit weer my familie in Nantes gaan sien nie. Toe die geleentheid hom voordoen, het ons besluit om iets spesiaals te doen – iets wat nie net oor kos gaan nie, maar ook oor die kultuur en geskiedenis van dié Franse stad wat ek met ’n paar lewenslesse van my eie verweef.

Jy sê dikwels Frankryk is een van jou gunstelingplekke in die wêreld. Waarheen orals in die land sal jy sê móét mense gaan?

Ek gaan al vir die afgelope 30 jaar Parys toe en die stad het alles wat my siel nodig het. Dit kan wel baie oorweldigend wees. Daar is so baie om te sien en te ontdek. Elke keer wanneer ek Parys verlaat, is ek uitgeput en dit neem my weke om al die inligting en beelde te verwerk wat ek inneem as ek daar is. Toe my broer Nantes toe getrek en ’n Franse burger geraak het, het ek soveel as moontlik soontoe begin gaan – veral ná die geboorte van my twee peetkinders. Nantes is die kreatiefste plekke op aarde, word nie heeltemal deur besoekers oorval nie en dis ontsettend mooi. Ek voel dieselfde oor Blois, die toweragtige stad waarvandaan my voorvaders kom. As jy graag binnekort Frankryk wil besoek, sal ek jou aanraai om hierdie drie stede op jou reislys te sit.

Is daar enige Franse stede wat jy nog nie besoek het nie en wat jy brand om te verken?

Ek moet binnekort Lyon toe gaan! Daar is iets aan daardie stad wat my bly roep. Ek wil ook graag Brittanje heeltemal verken, want die kultuur en tradisionele klere roer iets in my. Elke keer wanneer ek Frankryk toe gaan, val ek in Nantes vas. Ek het so baie vriende gemaak en baie van my gunstelingkunstenaars woon daar. Ek bly al die afgelope tien jaar in dieselfde woonstel. Dis soos ’n tweede tuiste en ek kan eenvoudig net nie weggaan nie.

Jy is ook mal oor Franse kos. Wat kan jy nie wag om te eet as jy in Frankryk is nie?

LU-koekies! Ek hou so baie van die een met die donkersjokolade en die skoolkind daarop. Ek kan ook nie wag om vars croissants te eet ’n paar minute nadat dit uit die oond gekom het nie. Ek sien uit na my broer se aartappel-en-prei-sop en, verbasend genoeg, hou ek van die Franse se onversoete jogurt met vars vrugte. Frankryk het van die beste jogurt ter wêreld en ek geniet dit baie. O, en die sjampanje, natuurlik. Elke dag eindig met ’n bietjie sjampanje.

Jy is ’n deurwinterde reisiger. Watter raad kan jy vir mense gee wat ’n reis oorsee aanpak?

Toe ek die eerste keer Frankryk toe is, het ek met Air France gevlieg en ek vlieg steeds met hierdie lugredery elke keer as ek soontoe gaan. Die vlug is ’n hoogtepunt van hierdie reis. Ek maak altyd seker ek gebruik een wat ek vertrou en wat my ’n eens-in-’n-leeftyd-ervaring sal bied. Ek maak’n punt daarvan om klere en skoene van ’n goeie gehalte op reis saam met my te neem sodat elke toer ’n gemaklike (en modieuse!) ervaring is. Ek probeer ook om minder bekende strate en plekke te verken, en ek vra gereeld die plaaslike inwoners waar is die werklike mooi plekke waarheen ek kan gaan. Laastens sal ek sê jy moet die plek leer ken wat jy besoek. Bestee tyd in museums, galerye en boekwinkels – en leer. O, en ek koop altyd ’n kunswerk wanneer ek reis. Dit bly altyd by my en dit vertel ’n storie.

Wat is een van jou onvergeetlikste vlugervarings?

Ek onthou die ou dae toe ons net ’n paar groot skerms in die vliegtuig gehad het en nie werklik ’n keuse gehad het wat om te kyk nie. My beste vlug was die een keer toe ek ’n paar jaar gelede met Air France gevlieg het en ’n sitplek met my eie persoonlike TV-skerm gekry het. Ek het bederf gevoel met al die keuses wat ek gehad het. Ek gaan nooit fliek nie, want ek werk in die aande en in my aftye is ek by die huis. Ek het ook ’n ruk gelede ’n vegetariër geword en hierdie maaltye is steeds net so lekker. Lugrederye vandag blyk om geurige en bevredigende maaltye te bedien. O, en as daar nie baie tyd is nie, dan is dit vir my lekker om ’n sitplek by die venster te kan hê sodat ek Parys daaruit kan sien voordat ons land. Dis oomblikke wat altyd by my sal bly.

Lees meer: Verskeie redes om saam met Nederburg fees te vier

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.