Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 4 snye bruinbrood, korsies verwyder
  • 125 ml (½ k) Griekse jogurt
  • 30 ml (2 e) avokado-olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 1 wortel en 1 kort selderystingel, fyn gerasper
  • 60 ml (4 e) gekapte pietersielie
  • fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 10 ml (2 t) mosterdpoeier
  • 750 g beesmaalvleis
  • 720 ml (1 bottel) passata*

(*Passata is gebottelde Italiaanse tamatiepuree en is meer souserig as die geblikte soort. Kyk by die geblikte tamatie- en pasta-afdeling in jou supermark.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180 °C.
  2. Week die brood in die jogurt tot sag. Hou eenkant.
  3. Verhit die olie in ’n groot pan oormatige hitte en soteer die ui, knoffel, wortel, seldery, pietersielie, suurlemoenskil en mosterdpoeier saam daarin. Geur na smaak.
  4. Meng die maalvleis, groente en broodmengsel in ’n mengbak.
  5. Rol die maalvleis in balletjies en sit in ’n oondvaste bak. Gooi die passata oor en bak vir 40 min. of tot goudbruin. Sit voor met penne-pasta.

Deel
Gepubliseer deur
Vickie de Beer

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 hour Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.