kategorieë: InspirasieJou lewe

Wees positief, leef langer

Ons almal ken mense vir wie die onweerswolke altyd donker om ’n krisis hang terwyl ander in ’n soortgelyke situasie weer positief bly, al gaan dinge beroerd. Wat nie so algemeen bekend is nie, is dat jou ingesteldheid ’n groot uitwerking op jou gesondheid het. ’n Negatiewe uitkyk plaas druk op jou liggaam. Die resultaat van ’n navorsingstudie onder nonne toon selfs dat mense wat vroeg in hul lewe al positief is, tot tien jaar langer leef as dié met ’n minder positiewe lewensuitkyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Navorsing onder nonne toon selfs dat mense wat vroeg in hul lewe al positief is, tot 10 jaar langer leef as dié met ’n minder positiewe lewensuitkyk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kweek ’n positiewe uitkyk

Positiewe denkers is nie noodwendig mense wat die lewe deur ’n rooskleurige bril bekyk nie, sê Joffrey Supina, ’n kenner van positiewe gedrag aan die Universiteit van Argosy in Amerika. Hy beskou positiewe denkers as individue wat die blink kant én die negatiewe in ’n situasie raaksien, maar hul energie en tyd fokus op die kant wat die beste uitkoms kan hê.

Maar hoe kry hulle dit reg om vooraf te bepaal watter besluit die positiewe uitkoms gaan hê? Hulle doen dit op grond van hul waarnemings – hulle het geleer om dadelik daardie outomatiese negatiewe gedagtes of reaksie te verwerp. Die geheim van ’n positiewe beskouing is om jouself te leer om ’n realistiese optimis te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die probleem is dat dié soort uitkyk nie so maklik is om baas te raak nie omdat ons geneties geprogrammeer is om sterker op die negatiewe te reageer en dit langer te onthou. Rick Hanson, ’n vooraanstaande kenner van positiewe neuroplastisiteit en skrywer wie se werk die New York Times se topverkoperlys haal, verduidelik die verskynsel aan die hand van oorlewing. “Dit was noodsaaklik vir ons oerouers se oorlewing om dadelik negatiewe dinge soos gevaar te registreer en onmiddellik daarop te reageer.”

Negatiewe ervarings en gedagtes registreer dadelik in ons emosionele geheue terwyl positiewe ervarings vyf tot twintig sekondes neem voor ons daarvan bewus word. Dis hoekom jy die een hond wat jou gehap het, baie langer onthou as die honderde honde wie se koppe jy gestreel het.

Die geheim van ’n positiewe beskouing is om jouself te leer om ’n realistiese optimis te wees

Daarom is dit belangrik om bewustelik die brein te help om positiewe ervarings te registreer en te laat insink. Rick glo die lewe is ’n mosaïekbeeld wat saamgestel is uit positiewe en negatiewe gedagtes, maar as jy sorg dat jy meer positiewe blokkies het, gaan dit die negatiewes oorskadu. “Die geheim is om uit nuwe positiewe ervarings te leer en te sorg dat dit vorige negatiewe ervarings (soos die hond wat jou gebyt het) vervang.”

Jy kan negatiewe gedrag aanleer

Ligloop vir aangeleerde gedrag. Sielkundiges noem dit “hand me down blues” wanneer ons op dieselfde manier as ons ouers op situasies reageer ná ons dit by hulle, of selfs ons grootouers waargeneem het.

Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling, ’n sielkundige in Johannesburg, sê in so ’n geval moet jy op manual gaan en nie outomaties op ’n sekere manier reageer net omdat dit die manier is waarop jy dit nog altyd gedoen het nie.

“Kyk nuut na situasies en analiseer jou reaksies. Is jy werklik so onaantreklik soos jy dink? Is jy werklik nie kunstig nie? Jou gedagtes bepaal ongelukkig jou eie beperkings. As jy glo dat jy nie goed genoeg is nie, is jy nie goed genoeg nie.

“Jou gedagtes bepaal jou eie beperkings. As jy glo dat jy nie goed genoeg is nie, is jy nie goed genoeg nie”

“As jy nie van nature ’n optimistiese, vrolike persoon is nie, moet jy daaraan werk”, sê Hannetjie. “As jy bewus is van die negatiewe lokvalle in jou omgewing, is dit makliker om daardie slaggate te vermy. Kyk vrolike flieks wat jou laat lag. Kry jouself so ver om te glimlag – gebruik die fake it till you make it-beginsel – jou lyf kan blykbaar nie te goed tussen ’n werklike skaterlag en ’n geforseerde laggie onderskei nie. Maak die TV-nuus jou swartgallig? Lees dit op ’n digitale app waar jy net die hooftrekke sonder die emosie kry.

“Skep ’n ‘fotoboek’ van gelukkige herinneringe in jou geheue en fokus op hierdie beelde om jou op te beur. Gebruik ’n nuttige gratis app, Insight Timer, met strelende klokke en geluide wat jou sal help om te ontspan en bewustelik in die oomblik te wees.

“Die eerste stap om na ’n positiewe uitkyk oor te skakel is om ’n bewustelike besluit te neem. As alleenheid jou probleem is, besluit om iets daaraan te doen. ’n Voor die hand liggende oplossing is om by ’n klub of groep in jou omgewing aan te sluit. ’n Google-soektog vir byvoorbeeld fotografieklubs in Johannesburg het ’n verskeidenheid opsies gebied, of vra by spesialiswinkels in jou belangstellingsveld of daar klubs in jou omgewing is. Gaan maak ’n draai by ’n paar tot jy die een kry wat by jou persoonlikheid en vereistes pas.”

Hannetjie meen jou sosiale portefeulje (dis nou jou basis van vriende) is net so belangrik soos daardie finansiële portefeulje waarmee jy vir jou aftrede voorsiening maak. Kinders en kennisse verhuis of emigreer, en dis noodsaaklik dat jy jou ondersteuningsnetwerk uitbrei en kontak met bestaande vriende hou.

Navorsers verduidelik dat negatiewe gedagtes aansteeklik is, maar dieselfde geld positiewe energie. Die Amerikaanse selfhelpskrywer en motiveringspreker, dr. Wayne Dyer, demonstreer op YouTube hoe die energie van verhoogakteurs kan afneem, selfs al is dit net die gehoor in ’n teater wat aan negatiewe dinge dink. Bly liefs uit die geselskap van negatiewe mense en soek positiewes op.

Kyk hierdie inspirerende YouTube-video van dr. Wayne Dyer:

Trap die slaggate mis

As jy op negatiewe gedagtes voorbereid is, kan jy dit vermy. Dis soos ’n slaggat in die pad. As jy weet daar is een aan die kom, swaai jy gewoon uit. Staal jou vooraf wanneer jy weet ’n bepaalde sosiale geleentheid gaan jou gemoed beïnvloed. Herinner jou ná die geselligheid weer daaraan dat jy nie moet toelaat dat die aand se gesprekke jou aftrek nie.

Hannetjie glo dat dankbaarheid nuwe positiewe breinpaaie skep. “Dink elke aand aan die goeie dinge wat die dag gebeur het. Dit hoef nie groot goed te wees nie. Dit kan die lieflike geur wees van blomme aan die struik by jou kantoorvenster. Is jy een van daardie mense wat saans voor die TV eet? Maak ’n reël dat geen kos op die tafel mag verskyn voor die televisie en selfone nie afgeskakel is nie, en sit mooi musiek op. Stimuleer positiewe bevestiging en laat elkeen drie positiewe dinge wat daardie dag gebeur het, opnoem.”

Lees ook: Lag ’n slag

Op dié manier is almal meer in voeling met mekaar en is dit makliker om agter te kom wanneer een van jou mense met ’n probleem sukkel. Dis veral moeilik om tieners se gemoed te peil. Dit leer kinders ook waardevolle sosiale vaardig-hede wat soms agterweë bly in ’n era van onpersoonlike sosiale media.

As jy op negatiewe gedagtes voorbereid is, kan jy dit vermy

Positiewe mense leef langer

Wetenskaplikes glo dat ’n positiewe ingesteldheid ’n buffer-uitwerking op die newe-effekte van negatiewe gebeure het. Dit kan selfs die potensiaal hê om die stres te verminder wat negatiewe emosies op die kardiovaskulêre stelsel het. Dit beteken dat positiewe mense negatiewe gebeure met selfvertroue benader omdat hulle glo dat die toekoms steeds positiewe dinge inhou en dat die huidige moeilike situasie net tydelik is.

Lees ook: 10 maniere om positief te bly

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.