kategorieë: DrankiesKos

Geniet ’n verfrissende somer met dié jenewermengeldrankies

Pruime, wat van sappige soetigheid en pikantheid oorloop, bring ’n ongetwyfelde varsheid aan twee nuwe, gewilde mengeldrankies. Die drankies is deur Derrick Hartman, oftewel Decks, ’n mengeldrankiemeester by Hope Distillery, vrygestel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Plum & Basil Smash en die Plum Collins is vinnig en maklik om by die huis te maak, en dis só ontwerp om oor die feestyd ’n treffer by jou vriende en familie te wees. Die mengeldrankie se resep bevat Hope Limited Release Gin, ’n uitdagende sitrusjenewer wat met jenewerbessie, koljandersaad, engelkruid en vars lemoene gedistilleer is en veral goed saam met pruime proe. As jy dit nog nie probeer het nie, is hierdie mengeldrankies ’n goeie verskoning om ’n boetiekjenewer-avontuur te onderneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Pruime pas goed by sitrus, frambose, perskes, appelkose, gemmer, swartpeper, amandels, heuning met haselneute, vanielje, kaneel, basiliekruid en roketblare. Decks gebruik van hierdie as sy inspirasie om hierdie somer se spesialiteitsjenewer-en-pruim-mengeldrankies te maak:

Plum & Basil Smash

Bestanddele:

1 pruim

4-6 basiliekruidblare

Swartpeper

Ryk suikerstroop – Bring 2 dele suiker en 1 deel water tot kookpunt en kook tot die suiker opgelos het. Laat afkoel en hou vir ’n maand in ’n bottel in die yskas.

Suurlemoensap

50 ml Hope Limited Release Gin

Metode

Meng ’n kwart tot ’n halwe pruim met 4 tot 6 basiliekruidblare en ’n bietjie swartpeper in ’n fles. Voeg 5-10 ml suikerstroop, 15-25 ml suurlemoensap, 50 ml Hope Limited Release Gin en ys by die fles – begin met klein bietjies suikerstroop en suurlemoensap, en proe soos jy aangaan. Voeg nog by.

Skud hard, giet dit in ’n glas saam met ’n bietjie ys, versier met ’n skyfie pruim en ’n basiliekruidblaar.

Plum Collins

Bestanddele:

50 ml Hope Limited Release Gin

20-25 ml pruim-en-heuning-stroop

15-25 ml suurlemoensap

sodawater

Voorbereidings

Maak die pruim-en-heuning-stroop so: Bring 2 dele suiker, 1 deel heuning en 3 dele fyngekapte pruim tot net onder kookpunt. Laat dit afkoel en laat dit minstens vir ’n uur trek. Giet dit deur en bottel dit. Los dit vir 2 weke in die yskas.

Metode

Gooi die jenewer, die pruim-en-heuning-stroop en die suurlemoensap in ’n hoë balglas wat met ys opgevul is. Meng liggies en voeg sodawater by. Versier met ’n pruimskyfie en ’n pepermenttakkie.

Topwenke van die mengeldrankiemeester Decks oor hoe om mengeldrankies by die huis te maak:

  • Maak ’n pruimstroop om die pruime vir die mengeldrankies langer te laat hou: Plaas 4-5 fyngekapte pruime, 1 koppie suiker, 1 koppie asyn (appel-, wit- of rysasyn) in ’n fles wat toegemaak kan word. As jy wil, kan jy ’n krui soos peperment of basiliekruid by die mengsel gooi. Skud dit elke 4 uur en laat dit vir 24 uur week. Giet dit deur en hou dit vir 6 maande in die yskas.
  • Hou altyd jou mooiste vrugte eenkant om as versiering te gebruik, want as dit by die versiering kom, gaan dit alles oor hoe dit lyk!
  • Doen ’n bietjie navorsing oor watter plantprodukte in die jenewer is, wat jy gebruik en probeer om die vrugte wat jy gebruik te pas met wat reeds in die jenewer is sodat dit die geur sal afrond en versterk.
  • Gebruik groot ysblokkies. Die ys moet die drankie koud hou sonder om dit te verdun. Gebruik daarom groot of goed gevriesde ysblokke.

Volg @juicydelivioussa op Instagram of besoek www.juicydelicious.co.za

Lees ook: Heerlike Kersfees pruim-pakkies

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.