Gatineau se oorspronklike Floracil grimering-verwyderaar het onlangs ’n nuwe voorkoms gekry en staan nou bekend as Floracil Plus. Dié herontwerp is genoodsaak deur moderne grimering se evolusie en die feit dat vandag se grimering langer in plek bly, meer pigmentasie bevat en oor die algemeen meer gesofistikeerde formules as ooit tevore het. Tog bly dit steeds belangrik om die vel te voed en om sensitiewe areas, soos dié rondom die oë, te beskerm.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Daarom is die nuwe tegnologie in die Floracil Plus só geformuleer om selfs die moeilikste ooggrimering te verwyder, terwyl dit steeds sag genoeg werk om rondom die sensitiewe oog-area gebruik te word. So ook is dié produk uitstekend om waterbestande ooggrimering te verwyder, terwyl dit ook pofferigheid om die oë verminder en jou wimpers met ’n olie-basis voed. Dit is boonop geurvry en geskik vir gebruik op sensitiewe velle en vir kontaklens-draers.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Met bestanddele soos Hialuroonsuur, Vitamiene E en Aloe Vera sal die Floracil Plus nie net jou ooggrimering in ’n japtrap verwyder nie, maar ook jou vel bevogtig en streel. Dit is beskikbaar by Truworths, Woolworths, Edgars en uitgesoekte apteke en skoonheidsalonne landswyd.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.