kategorieë: KersfeesNuut & NouKos

Gebakte kaas met gekarameliseerde vye

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 30 ml (2 e) sagte bruinsuiker
• 60 ml (1/3 k) botter
• takkie tiemie
• 15 ml (1 e) Turkse Vy-en-Balsamiese-Glanssous (beskikbaar by Woolworths)
• 15 ml (1 e) brandewyn
• 5 vye (droog of vars), gehalveer
• 1 heel  camembert- of brie-kaas

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Kombineer die bruinsuiker en botter saam in ’n klein kastrol en kook oor lae hitte tot dit borrel. Voeg ’n takkie tiemie by en 15 ml (1 e) van die Turkse vyesous en brandewyn. Verminder effens.
2. Voeg die gehalveerde vye by en laat stadig prut.
3. Sny die vel aan die bokant van die camembert of brie af. Sit dit in ’n oondvaste bak, wat dieselfde grootte as die kaas is. Steek gate in die kaas en gooi een of twee lepels van die vyesous oor.
4. Plaas onder die oond se roosterelement totdat dit gesmelt is.
5. Versier die kaas met die vye, sous en tiemietakkies. Sit voor saam met beskuitjies of melba-roosterbrood.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Velvet Swing

Genoeg vir 2

• 37,5 ml brandewyn
• 12,5 ml Antica Formule Rosso
• 5 ml bitters
• 12,5 ml droë sjerrie
• helfte vars eierwit

Kombineer al die bestandele in ’n vermenger en skud tot goed gemeng. Voeg die ys by en skyd weer. Gooi in twee glasies en garneer met gedroogde lemoenskil en ’n fynbostakkie.

KWV 20 Jaar

Proenotas
• Sitrus, heuning en vrugtekoek op die neus, gebalanseer deur goed geïntegreerde eikehout, speserye en vanielje opgevolg deur ’n blywende nasmaak.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 hour Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.