kategorieë: VelsorgSkoonheid

Vries die tyd

Hoe sal jy verouder?

Moenie wag tot dit te laat is voor jy begin aandag gee aan die spoortjies wat die tyd op jou vel gelaat het nie. Sorg van jongs af vir jou vel om voortydige veroudering te voorkom. Jou velkleur en -soort het ’n groot invloed op die proses. As jy ’n ligte, sensitiewe vel het, sal plooie waarskynlik vroeër sigbaar wees as by iemand met ’n olyfkleurige, olierige vel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is baie belangrik om te weet wat jou velsoort en -toestand is. Dit bepaal die keuse van jou velprodukte. As jy onseker oor jou velsoort is, gaan vra hulp by ’n raadgewer in die skoonheidsafdeling van een van die groot winkels. Jy kan ook by ’n skoonheidsterapeut gaan aanklop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Volgens dermatoloë is chronologiese ouderdom nie meer die bepalende faktor in velprobleme nie. Altesame negentig persent van veroudering vind plaas vanweë ons leefstyl! Hou gouer jy leer om jou vel op te pas, hoe beter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verouderingsfaktore

Loop jy vir lang tydperke deur onder die son se giftige strale? Rook jy? Drink jy dalk effens te veel? Dié faktore, asook oorerflike faktore, soos hoe jou ouers verouder het, speel ’n groot rol in hoe jou vel sal lyk as jy ouer word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy kan nie jou velsoort verander nie, maar jy het tog beheer oor die toestand van jou vel. Die toestand van jou vel verander deurentyd namate jy ouer word. Vroue se holderstebolder hormoonskommelings – puberteit, swangerskap en menopouse – het ’n groot uitwerking op hul velle. Spanning is nog ’n groot sondaar, en kan jou gesig vaal laat lyk of selfs volwasse aknee veroorsaak.

Behou ’n glansende gelaat

’n Glansende vel is enige vrou se droom. Wanneer jy jonk is, lyk dit behoorlik of jy straal. Die rede is dat selhernuwing in dié stadium elke twee weke plaasvind. Selhernuwing laat die kollageen in jou vel uitswel en dit sorg vir die pragtige, vars, jong voorkoms. Namate jy ouer word (en dit begin reeds in jou twintigerjare) vind selhernuwing al hoe stadiger plaas. In jou dertiger- en veertigerjare gebeur dit net elke veertig dae.

Maar daar is maniere om in enige fase van jou lewe ’n glansende gelaat te verkry en te behou. Ons wys aan die hand van die verskillende velsoorte hoe jy op enige ouderdom weer met ’n stralende gesig kan spog.

Olierige vel

Jy is dalk nie baie lief vir jou olierige vel nie, maar wees dankbaar: ’n olierige vel verouder stadiger as ander velsoorte.

Daar is twee soorte olierige velle. Die een word deur die onstuimige hormone van jou tienerjare veroorsaak. In dié fase sukkel jy gewoonlik met puisies, maar ontspan – dit verbeter as jy ouer word. Die ander soort, die gewone olierige vel, kom meestal by olyf- en donkerder velkleure voor.

Albei die soorte velle moet versigtig hanteer word. As jy jou olierige vel hardhandig hanteer, of produkte gebruik wat te sterk is, sal dit die sebumkliere stimuleer om nog net meer olie te vervaardig. Oormatige olievervaardiging veroorsaak dat dooie vel jou porieë verstop en swartkoppies ontwikkel. Dit kan tot vergrote porieë en puisies lei.

Hou jou vel skoon as jy ’n olierige vel het. Gebruik produkte wat sagkens werk om die olie-afskeiding te balanseer, die dooie vel te verwyder en terselfdertyd jou vel beskerm.

Volwasse aknee

Aknee onder volwassenes is meer problematies. Jou vel is geneig om droër te wees as jy ouer is en reeds lyntjies en plooitjies het. Baie van die “tienerprodukte” droog jou vel net verder uit. Maar moenie bekommerd wees nie, die skoonheidshuise maak vir alles voorsiening!

In die salon

Wees bedag op gesigbehandelings wat die vel stimuleer en jou gesig net nog olieriger sal maak.

Jou terapeut behoort eers die behoeftes van jou vel te bepaal voor sy vir jou ’n plan van aksie vir tuissorg kan uitwerk, want dis nie ’n probleem wat oornag opgelos kan word nie.

Aknee ná 40

Aknee is ’n tienerkwaal: jy moet daardeur om ’n beeldskone twintiger te word. Maar deesdae is aknee skynbaar ook ’n probleem van die middeljare. Talle vroue in hul veertigerjare sit skielik met ’n regte tienervel met aknee – ’n pynlike puisie gedurig iewers of sommer net ’n onegalige vel. Waar kom dit vandaan?

Een verklaring is die intense hormoonskommelings wat jy in jou veertigerjare beleef, net soos in jou tienerjare. Dr. Nicolas Perricone, spesialis op jeugdige veroudering, het ’n baie interessante verklaring: Hy sê jou aknee begin by ’n hoër cholesterolvlak, en veral hoër, slegte LDL-cholesterol. Soos jy ouer word, word jou cholesterolvlakke outomaties hoër. ’n Dieet hoog in onversadigde vette en ’n gebrek aan oefening laat dit nog meer toeneem.

LDL-cholesterol speel ’n groot rol in die ontwikkeling van laegraadse inflammasie in jou hele liggaam. Dis waarom jou risiko op hartsiektes en beroerte styg. Maar daar is ook ’n verband met jou vel: Aknee is ’n siekte van sistemiese inflammasie wat veral deur stres en hormoonskomme-lings gesneller word.

Dus: Aknee in jou later jare is die gevolg van die interaksie tussen jou veranderende hormoonprofiel (jy “verloor” jou estrogeen, wat tevore jou cholesterolvlakke help laag hou het), stres en jou LDL-cholesterol, wat baie sterk bepaal word deur die hoeveelheid ongesonde vette (soos diere-vette in rooi vleis en harde vet soos margarien) in jou dieet, ’n gebrek aan oefening, ’n tekort aan antioksidante om inflammasie teë te werk (soos vitamien C en E en reverasterol in druifpitekstrak) en die hoeveelheid vet om jou middel.

Jou aknee sal verbeter as jy:

• antioksidante neem en meer groen, heuningbos- of rooibostee drink l jou stres en gewig beter bestuur deur elke dag veertig minute lank te oefen,
• die regte dieet volg, genoeg slaap, daagliks diep ontspan, geestelike vrede kweek deur gebed of meditasie en werksbevrediging of ’n doelvervulde lewe lei.

As jy eers ’n dertigplusser is, word plooitjies meer sigbaar omdat jou kollageen en elastien afgebreek word

Normale vel

Normale of kombinasievel wat die eerste tekens van veroudering toon: Die eerste fyn lyntjies om jou oë begin reeds in jou twintigerjare hul verskyning maak. In dié fase is ’n goeie velsorgroetine baie belangrik om vroeë veroudering teë te werk. Reinig jou vel twee keer per dag en wend room in die oggend en saans aan. Dis nou tyd om ook ’n oogroom te begin gebruik. Jy kry verskeie oogrome: vir sakkerigheid, donker kringe en fyn plooitjies. Kies die een wat by jou vel se behoefte pas.

’n Sonskerm is natuurlik ewe belangrik. Die gereelde gebruik van produkte met ’n sonbeskermingsfaktor (SBF) is die grootste guns wat jy jouself kan bewys. Onthou dat die son een van die grootste sondaars is as dit by veroudering kom. Gebruik produkte met ’n hoë SBF op jou gesig, maar wend dit ook op jou nek en bors en die agterkant van die hande aan – dis dié dele wat eerste jou ouderdom verklap. Rome wat geskik is vir ’n vroeë stadium van veroudering behoort groot hoeveelhede antioksidante te bevat wat die vrye radikale wat deur die son, stres en besoedeling veroorsaak word, teë te werk.

As jy eers in jou dertigerjare is, word plooitjies meer sigbaar omdat jou kollageen en elastien afgebreek word.

In dié fase het jy produkte nodig wat selhernuwing aanhelp. Bevogtig jou vel goed – dit help om fyn lyntjies te laat uitdy. ’n Ligte afskilfering sal glans verleen. Begin ook ’n spesiale teenverouderingsnagroom gebruik.

Sensitiewe vel

Sensitiewe velle het vroeër hoofsaaklik voorgekom onder mense met ligte velle en blonde of rooi hare, maar velsensitiwiteit het ’n probleem geword wat al hoe meer mense begin raak, en deesdae moet dit eerder as ’n veltoestand as ’n velsoort gesien word. Die hoofoorsaak van sensitiwiteit is spanning, besoedeling en die son. Behandel ’n sensitiewe vel met produkte wat sagkens werk en die vel sal beskerm, bevog en kalmeer.

Ander velprobleme

Onegalige velkleur

As ’n mens kyk na al die produkte wat onlangs vir ’n onegalige velkleur bekend gestel is, is dit duidelik dat dit ’n groot probleem is. ’n Onegalige vel kan by enige velkleur voorkom, maar ons sien dit meestal by donkerder velle. ’n Onegalige velkleur en ’n growwe tekstuur word veroorsaak deur ’n vel wat te veel melanien vervaardig. Blootstelling aan sekere elemente, soos die son, en selfs voorbehoedpille stimuleer die proses. Dit kan ouderdomsvlekke, vergrote porieë en selfs ’n gelerige kleur veroorsaak. Gebruik ’n room wat afskilferende alfa- en betahidroksiedsure (AHA) soos glikol- en salisielsuur bevat. Probeer ook gerus ’n tuisafskilfering. Dit is buitendien goed vir teenveroudering. Gebruik altyd ’n sonskerm as jy ’n tuisafskilfering gedoen het omdat sommige van dié produkte jou vel meer sonsensitief kan maak.

Diep lyne, plooie en vel wat hang

Dit is nie regtig so ’n groot probleem soos wat dit lyk nie! Gelukkig is daar ’n magdom produkte en behandelings beskikbaar wat die toestand kan teëwerk. Kollageenvesels hou jou vel ferm, maar namate jy ouer word, rek die vesels en jou vel begin hang. As die probleem baie groot is, is “die mes” die enigste oplossing, maar vir minder ernstige toestande is daar heelwat produkte wat die illusie van ’n fermer gesigvorm skep. Hierdie produkte bevat bestanddele wat kollageengroei aanmoedig en die afbreek van die vesels vertraag.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.