kategorieë: VelsorgSkoonheid

Immer jonk

Vernuwe jou vel

Die opmerklikste kenmerke van ’n jong vel is helderheid en ’n eweredige veltoon en tekstuur. Mettertyd vind selvernuwing stadiger plaas en is daar meer droë, dooie oppervlakselle. Maar sonskade en hormonale probleme, kan selfs jong velle ’n oneweredige veltoon en pigmentasievlekke gee. Afskilfering is die antwoord en die resultate is boonop dadelik sigbaar. Deeglike afskilfering word gedoen deur mikrodermabrasie en chemiese afskilfering. Die groot voordeel van chemiese afskilfering is dat die vel teenverouderingsprodukte daarna makliker opneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Teenverouderingsaanvullers

Aanvullers bevat antioksidante wat die vel beskerm teen die skade wat vrye radikale aanrig. Probeer Inversion Femme Anti-Aging Complete Beauty of Imedeen Time Perfection. SOLAL Technologies spesialiseer in voorkomende teenverouderingsmedisyne. SOLAL-produkte sluit velvernuwende rome, orale kapsules en skoonheidsmelkskommels in. Beskikbaar by dokters, uitgesoekte apteke, gesondheidswinkels of van SOLAL Technologies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skoonheidskundiges

Skoonheidskundiges bied dié nie-indringende prosedures vir velvernuwing aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Chemiese afskilfering: Alfahidroksie- en glikol-suur word gebruik om die vel te vernuwe. Hidrokinoonroom moet saam met ’n hoë faktor sonskermmiddel vir oppervlakkige pigmentasie gebruik word. Dit kan pigmentasievlekke heeltemal bleik. Die winter is die ideale seisoen hiervoor, omdat die son minder skerp is. Chemiese afskilferings kan ook op die lyf gedoen word. Mikrodermabrasie is soortgelyk aan ’n sagte sandspuit-aksie en gee ’n gladde, gepoleerde voorkoms.

Mesoterapie: ’n masjien met die kleinste naaldjies maak klein prikkies op die vel sodat velrome die vel beter kan binnedring.

Fotomodulasie: dié behandeling gebruik laserstrale soos IPL (Intensive Pulse Light) of Fraxel-laserbehandelings. LED-ligterapie verrig wondere vir aknee en pigmentasievlekke. Dis byna soos laserterapie, maar werk met ’n minder indringende golflengte. Verskillende kleure ligte behandel elk ’n spesifieke probleem: blou vir aknee, rooi om die vel te stimuleer, geel is anti-inflammatories.

Vullers: ’n verskeidenheid vullers, wat hoofsaaklik hialuroonsuur bevat, word ingespuit en plomp diep plooie op. Plooie om die lippe en die mondhoeke word verminder en die afgesakte vel langs die kaak kan gelig word. ’n Verdowingsroom sal sorg dat jy slegs klein naaldprikkies voel. Die dele om die lippe is sensitief, as jy nie ’n hoë pyndrempel het nie, vra vir ’n pynblokker. Vullers kan tussen nege tot agtien maande hou. Botox is die vinnigste manier om tien jaar jonger te lyk. Dis perfek vir fronsplooie, fyn lyntjies om die oë en halslyn-plooie. Wenkbroue, die punt van die neus en mondhoeke kan gelig word. Dit hou van vier tot agt maande. Die voordeel van Botox en ander vullers is dat die gesig natuurlik jonger lyk, mits dit op die regte wyse gebruik word en die resultate is onmiddellik sigbaar. Dit word ná twee tot drie weke selfs beter.

Teenveroudering in die salon

Gesigsbehandelings en ligter vorms van chemiese afskilfering en mikrodermabrasie word vir pigmentasievlekke voorgeskryf. Gewoonlik word ’n reeks behandelings oor tydperk van ses weke aanbeveel. Botox, vullers en dieper chemiese afskilfering moet deur ’n dokter, skoonheidskundige of dermatoloog gedoen word. Baie salonne is toegerus hiervoor en word Medi Spas of Aesthetic Centres genoem. Dit is ideaal om een keer per maand ’n gesigbehandeling te kry en op te volg met die voorgeskrewe behandelings by die huis. Salonbehan-delings voor of ná chirurgie kan heling vinniger laat plaasvind.

’n Kenner sê …

Dr. Alek Nikolic, besturende direkteur en stigter van die Aesthetic Facial Enhancement-praktyke in Kaapstad (ook in Brittanje), fokus op nie-indringende behandelings. Hy glo chemiese afskilfering en velvernuwing verbeter nie net die sigbare oppervlak van die vel nie, maar stimuleer die produksie van kollageen en elastien wat die vel 40% tot 65% meer elasties en ferm maak en fyner plooie uitstryk. Die behandelings is baie gewild, veral ook omdat jy dadelik met jou lewe kan aangaan, maar as plooie en pigmentasievlekke van so ’n aard is dat gewone behandelings nie genoeg is nie, kan jy ’n dieper chemiese of laserafskilfering oorweeg. Hier sal jy wel tyd moet afneem en dit kan pynlik wees. Dr. Nikolic sê die opwindende nuus is dat die tegnieke gekombineer kan word om die gesig se vorm sonder enige chirurgie te verander. Die prosedure, Ultra Lift, is ongelooflik en die resultate is onmiddellik sigbaar. Die Anti-Ageing Décolletage Rejuvenation-prosedure is nog ’n voorbeeld waar meer as een tegniek gebruik word om ’n sonbeskadigde vel te herstel. Eerstens word die bors met ’n glikol-afskilfermiddel behandel sodat die masker die vel beter sal binnedring.

Ligenergie en bipolêre radiofrekwensies word gebruik om die produksie van kollageen en elastien te stimuleer wat die elastisiteit en dikte van die vel verbeter en ouderdomsvlekkies verwyder. Vir dieper plooie word vullers gebruik. Laastens word ’n masker aangewend wat die vel opplomp en bevogtig. ’n Soortgelyke tegniek word vir die hande gebruik.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.