kategorieë: Leef gesondGesondheid

Gebruik jy antibiotika reg?

Ons kinders se kinders en ons sélf gaan nie nog baie dekades op antibiotika kan staatmaak nie, en net so maklik sterf as kinders voor 1930, toe penisillien ontdek is. Dit is nou tensy ons slim werk met hierdie kosbare medikasie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Werk saam om antibiotika vir toekomstige geslagte te bewaar, en kyk hoe om antibiotika rég te gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat ons dink
Antibiotika werk vir alle infeksies.

Feit
Antibiotika werk net teen bakterië en swamme. Dit help nie teen virusse nie, en help dus nie vir verkoues, griep, hepatitis, herpes, HIV, gordelroos, masels, pampoentjies en so aan nie. Hier is ons aangewese op vaksiene en middels wat jou immuunstelsel ondersteun, sodat jou liggaam sélf die siekte wen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat ons dink
As jy verkoue het, is dit goed om antibiotika te neem as voorsorg teen bronchitis en sinusitis.

Feit
Jy kry nie noodwendig sekondêre infeksies in jou ore, longe of sinusse nie. Dit is slimmer om te wag en te sien of dit gebeur. Dit is goedkoper ook.

Wenk As jy verkoue kry, spoel jou sinusse elke uur of twee met soutwater (een teelepel op ’n liter water). Sout ontsmet die biofilm (die natuurlike slymlagie in jou sinusse, waarin die kieme floreer). Navorsing wys dat mense wat met soutwater spoel minder antibiotika gebruik as mense wat nie hul sinusse reinig nie.

Wat ons dink
Daar is duisende soorte antibiotika. As die een nie werk nie probeer ons maar net ’n volgende een.

Feit
Al is daar letterlik honderde handelsname op die mark is daar in werklikheid sowat twintig klasse antibiotika. In die praktyk kan die dokter eintlik net uit hierdie twintig kies. Verder werk ’n klas antibiotika net teen ’n spesifieke groep kieme. So is daar net vyf klasse wat teen swamme soos kandida werk. Hulle help niks teen die bakterië wat bronchitis veroorsaak nie. Dit beteken die dokter het eintlik ’n nog kleiner keuse vir sy voorskrif. Ons opsies kán opraak.

Wat ons dink
Die newe-effekte van antibiotika is onbeduidend. Daarom neem ons dit sonder om twee keer daaroor te dink.

Feit
Antibiotika kan van jou lewer tot jou tande beïnvloed. Newe-effekte sluit in van skade aan jou dermorganismes tot vergeling van jou tande, veral as jy antibiotika lank gebruik. Baie mense is allergies vir ’n spesifieke klas antibiotika, soos byvoorbeeld penisillien.

Jou dokter moet dus baie versigtig kies sodat jy iets gebruik wat wel werk maar nie ’n soort penisillien is nie. Antibiotika is nie kinderspeletjies nie: jou dokter moet jou hele mediese geskiedenis in ag neem, voor hy ’n antibiotika vir jou voorskryf.

Wat ons dink
Antibiotika is so gevaarlik dat jy dit uit beginsel weier.

Feit
Antibiotika is veilig, red lewens en is ’n wonderlike mediese hupmiddel, ás dit reg gebruik word. As ons antibiotika reg gebruik, help ons ook om kieme uit te wis en te keer dat ander mense by ons aansteek.

Die korrekte gebruik van antibiotika kan die hele gemeenskap se gesondheid verbeter.

Wat ons dink
Mens gebruik so min as moontlik pille. Daarom stop jy jou antibiotika sodra jy gesond genoeg voel

Feit
Navorsers, van Fleming af wat penisillien ontdek het, merk op dat kieme bestand raak teen antibiotika. Elke keer dat jy op antibiotika is, ontwikkel ’n paar organismes wat effens bestand daarteen is. As jy te gou jou antibiotika staak oorleef hierdie effens weerstandige bakterieë. Hulle maak jou weer siek, en nou reageer jy minder goed op die antibiotika.

Boonop versprei jy hulle na die volgende persoon, wat dan net soos jy minder goed op dieselfde antibiotika gaan reageer.
By hom ontwikkel ook ’n paar organismes wat selfs meer weerstandig is, en so herhaal die siklus van nalatige gebruik tot daar uiteindelik organismes ontwikkel wat geheel en al bestand is teen die spesifieke antibiotika.

Ons moet dit voorkom want daar is in die 80s laas ’n werklik nuwe klas antibiotika ontwikkel.

Wat ons dink
As jou kind siek is en antibiotika neem en iemand anders in die huis steek aan kan jy die antiobiotika tussen die twee verdeel.

Feit
Altwee gaan te min antibiotika neem om gesond te raak. Boonop kan daar goeie rede wees waarom jou kinders verskillende antibiotika moet gebruik, soos dat een allergies is vir ’n sekere soort antibiotika.

Lees ook: Tekens van lae vitamien B12-vlakke

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.