kategorieë: Ontspanning

SA se Top 10 Merlots bekend

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die kompetisie wat vanjaar deur die bekende Franse vatmaker, Taransaud Tonnelier, geborg is, het 69 inskrywings uit die meeste van die Kaapse wynlande gelok.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gaste is verwelkom met ’n raar Cap Classique, die Luca and Ingrid Bein Merlot Brut Rosé.
Riaan Wassung van Welgevallen Kelder en Marize Uys, Amorim Cork.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Top 10 wenners is: Bein Merlot 2020, Carmen Stevens Merlot 2021, De Grendel Merlot 2019. Holden Manz Merlot Reserve 2019, Nabygelegen Merlot 2022, Nilberg Merlot Reserve 2018, Rainbow’s End Merlot 2020, Ridgeback Merlot 2020, Vondeling Barrel Selection Merlot 2020 en die Zorgvliet Merlot 2020.

Rainbow’s End het met die hoogste puntetelling geseëvier en sodoende nie net ’n plek in die Top 10 verseker nie, maar ook ’n eikehoutvat (barrique) van Taransaud én ’n bottel van Suid-Afrika se heel eerste Merlot, die Overgaauw 1982, ontvang.

Die Top 10 wenners is: Rainbow’s End Merlot 2020, Nilberg Merlot Reserve 2018, Carmen Stevens Merlot 2021, Vondeling Barrel Selection Merlot 2020 , Zorgvliet Merlot 2020, Ridgeback Merlot 2020, Holden Manz Merlot Reserve 2019, De Grendel Merlot 2019, Bein Merlot 2020 en die Nabygelegen Merlot 2022.

Die beoordelaars het aan gaste vertel dat vanjaar se inskrywings beslis ’n baie meer dinamiese verspreiding van Merlot-style getoon het, as verlede jaar se kompetisie. Die beoordelaars was Matthew Copeland (wynmaker by Vondeling en voorsitter van die beoordelaarspaneel), Cathy van Zyl MW, Malu Lambert, Raymond Noppé, Kaapse wynmeester en Francois van Zyl, Ladybird Vineyards se wynmaker.

Matthew het gesê Merlot is dalk oor ’n klein oppervlak in Suid-Afrika geplant, maar dit word wyd geniet en mense stem met hul beursies. “Waarmee ons nou met hierdie kompetisie besig is, is lank agterstallig.”

Hy het ook vertel dat Dr. Jean Brand van die Universiteit Stellenbosch wat altyd met Merlot-statistieke uithelp, tans besig is om die eerste Merlot aromawiel te ontwikkel.

Mathew het afgesluit en die borge, Beveratech, Amorim Cork, Theron du Plessis Prokureurs, Laffort, bedank met die woorde: “Dis so lekker dat ons borge by ons gestaan het toe Corona-virus gemaak het dat ons geen beweging op die wynfront gehad het nie.”

Mark Goldsworthy, die Suid-Afrikaanse agent van Chene & Cie, wat die Taransaud-vat vir die wenners geborg het, het gesê dis ’n voorreg om deel van die Merlot-kompetisie te wees. “Mens vergeet hoe jonk Merlot maar eintlik is in SA en ons produsente het ongelooflik ver gevorder sedertdien,” het hy gesê.

Morgan Steyn, De Grendel Wyne, Jenna Higgens, Durbanville Hills en Bernard Mocke van Laffort.
Hannes Jansen van Vuuren van Zorgvliet, Richelle Wille van Zorgvliet en Karlin Nel, Vrede en Lust.

Dawie Botha, voorsitter van Hallo Merlot en wynmaker by Anthonij Rupert Wyne, het gesê die uitslae van die tweede Top 10 Merlot-kompetisie beklemtoon weer Suid-Afrikaanse wynmakers wat Merlot vervaardig, se algehele verbintenis tot kwaliteit, asook die streeks terroir-uitdrukkings.

“As die top-verkoper enkelvariëteit rooiwyn in Suid-Afrika, was die ontbrekende skakel in die land se Merlot-aanbiedings, die gebrek aan ’n kompetisie om hierdie wyn-variëteit te evalueer en erkenning aan die top-produsente te gee.”

Hy het voort gesê: “Hierdie tweede Hallo Merlot Top 10 het presies dit gedoen. Die wyne wat ingeskryf is het ’n diversiteit van terroir getoon en ’n kollektiewe verbintenis om uitstekende wyne van hierdie gewaardeerde Bordeaux-variëteit te maak.”

Al die wenners van die Hallo Merlot Top 10 met hul sertifikate.

Dawie het spesiale melding gemaak van Taransaud wat van vanjaar nie net die primêre borg is nie, maar ekstra aansporing tot die Hallo Merlot Top 10 gevoeg het deur ‘n nuwe Franse eikehout-barrique aan die top-telling wyn te bied.

“Die oordeelkundige gebruik van gehalte-vate, is ’n noodsaaklike deel van enige kwaliteit Merlot-wyn en Taransaud is vir jare ’n integrale deel daarvan om Kaapse wynmakers die beste houtvate te bied om ons in staat te stel om top-klas Merlot te maak,” het hy gesê.

“Taransaud is dus nie net ’n vennoot in die Hallo Merlot Top 10 nie, maar ’n belangrike skakel tussen ons wynmakers en ons doel om die diverse kwaliteit van Suid-Afrikaanse Merlot-wyne te wys.”

Dawie Botha, voorsitter van die Merlot Forum en wynmaker by Anthonij Rupert Wyne, Mark Goldsworthy, die Suid-Afrikaanse agent van Chene & Cie, David van Velden van Overgaauw, gasspreker en Matthew Copeland, wynmaker by Vondeling en voorsitter van die beoordelaarspaneel.

David van Velden van Overgaauw, die vierde generasie op die plaas, het by die geleentheid vertel Suid-Afrika se Merlot-reis het in 1969 in Bordeaux begin, toe sy oupa, ook David van Velden en Frans Malan van Simonsig – groot vriende – ’n oorsese reis na Frankryk onderneem het.

Hulle het eintlik gereis om meer van Cabernet Sauvignon te gaan leer. Hulle het verskeie plase in verskeie dele van Bordeaux besoek waar Cab Sauv geplant is, maar Merlot het hul oog gevang, toe hulle besef dit word meestal in grond met meer klei-inhoud geplant – tipiese Overgaauw terroir.

“Op hul besoek, sien hulle gereeld die 225 liter vate (barriques) – iets wat vir hulle vreemd was, want op daardie stadium het hulle net sementtenke en 4 000 liter foudres (groot eikehoutvate) geken.

“By Château Latour vra hulle toe uit oor dié kleiner vate en die redes hoekom dit gebruik word. Die feit dat vate gerooster word en die effek op die wyn tydens veroudering, het hul baie interesseer.

Hy het gesê hulle kry toe toestemming by die landgoed se wynmaker om hul tweedehandse vate te koop en na Suid-Afrika te bring. “Dit maak hulle die eerste Suid-Afrikaanse wynmakers om barriques te gebruik. Op daardie stadium het my oupa baie aandag aan die wingerde gegee, maar al sy druiwe self verwerk en in bulkwyn aan die groothandel verkoop. Met die 1970 oes, het die Latour-vate arriveer en hy het Cabernet Sauvignon in daardie vate verouder en sy eie handelsmerk in die daaropvolgende jaar vrygestel.”

Mark Goldsworthy, die Suid-Afrikaanse agent van Chene & Cie, wat die Taransaud-barrique vir die wenners geborg het, Anton Malan en Francois Malan van Rainbow’s End en David van Velden met ’n bottel van die eerste SA Merlot, die 1982 Overgaauw wat ook aan die wenners geskenk is.

David het verduidelik daar was egter nog geen druifkwekerye in die omgewing nie; elke plaas het sy eie klein kwekery en onderstokke gehad en nuwe materiaal deur Nietvoorbij gekry.

“Steeds opgewonde oor wat hulle rakende Merlot in Bordeaux gesien het, bekom hy in 1973 Merlotstokke, maar die stokke toon toe kort ná aanplanting, rolbladvirus simptome. My oupa het aanhoudend teruggegaan na Nietvoorbij en gevra vir virusvrye materiaal, ook toe my pa by hom aangesluit het in 1974. Die “vuiler” materiaal op Richter 99 onderstok hou toe nou maar aangroei op die plaas, terwyl hulle wag. Die antwoord kom toe het in die vorm van ’n Italiaanse kloon, MO3 wat hulle toe op die onderstok ent en in 1976 aanplant.”

Die 1979-oesjaar was Overgaauw se eerste Bordeaux-versnit (ten minste twee Bordeaux-kultivars waaronder Cabernet Sauvignon, Merlot, Cabernet Franc, Petit Verdot, Carmenère en Malbec) maar op daardie stadium steeds van die Merlot-wingerd met die ouer kloon.

’n Bottel van die eerste SA Merlot, die 1982 Overgaauw wat ook aan die wenners geskenk is.
Een van die beoordelaars, Francois van Zyl, maak net seker of hy met sy oorspronklike puntetelling saamstem.

In 1982 – een van die beste oesjare vir Stellenbosch – het sy pa, Braam, die twee verskillende klone in daardie oesjaar nagegaan en die wyn van die MO3 het mooier as die ouer materiaal gelyk. Hy het besluit om sy eerste enkelkultivar Merlot van dié kloon te bottel, maar almal het hom afgeraai en gesê Merlot is ’n versnit-komponent, dit word nie op sy eie gebottel nie, want dit sal nie verkoop nie.

“Hy het egter by sy besluit gehou en die land se eerste Merlot is inderdaad gebottel. Dis een van dié bottels wat ek vandag aan die wenners gee.”

David het gesê: “Kompetisies soos hierdie, hou my op my tone om elke jaar die bes-moontlike Merlot te produseer en dis lekker om van die land se voorste Merlots by geleenthede soos hierdie te proe.

“Ek het geleer dat die Merlot-pad vorentoe lê beslis by virusvrye wingerde geplant op die ideale ligging en ek is trots om te sien watter kwaliteit tans hier in Suid-Afrika produseer word.”

Die middag is afgesluit met ’n raar Merlot brandewyn van Durbanville Hills.

Lees ook: Halfeeu vir twee wyn mylpale

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

14 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.