kategorieë: Blogs

Geduld: Steek vir Steek!

Ek is nie die geduldigste persoon nie. Ek doen ook niks met herhaling nie. Ek het egter onlangs besluit in die euforia van selfontwikkeling en ander irrasionele konstrukte, dat ek myself wil verbeter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

So besluit ek een Saterdagaand laat dit is tyd vir ’n nuwe doelwit-rooster. As gevolg van die teleurstelling wat my vorige rooster meegebring het, het ek myself toegelaat om doelloos te wandel in die sfeer van onverskilligheid wat my toekoms aanbetref. Bygesê, my vorige lys het ek opgestel op die ouderdom van 15 en dit het baie onrealistiese doelwitte bevat wat ek net kon behaal deur die lotto te wen of ryk te trou (en ongelukkig is ek nie ’n goeie dobbelaar nie en ryk mans vind my snipperig).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op my nuwe lys fokus ek dus meer op die emosionele as die finansiële (vir my ’n teken dat ek gegroei het en werklike insae in my probleme het).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Eerstens wil ek werk aan my geduld. Geduld met mense. Geduld met langdradige projekte. Geduld met irriterende mense wat nie ordentlik kan bestuur nie. Aangesien ek myself goed ken, het ek hierdie doelwit in dele opgedeel. Eerstens gaan ek aan my geduld met langdradige projekte werk. Dis immers die maklikste. So besluit ek om ’n handgewerkte kwilt te begin wat bestaan uit 650 heksagon-blokkies.

Nou hierdie is ’n storie. Eers moet jy uit karton 650 heksagons sny wat jy as vorm gebruik. En jy kan nie skeef en krom sny soos jy moeg raak nie. O nee, anders gaan jy lekker lelik praat wanneer jy ’n maand later by die vaswerkery kom. Daarna begin jy lappies aftrek en dan knip jy, in ’n heksagon-vorm, ’n bietjie groter as jou kartonne wat jy maklik om die karton kan vaswerk. Daarna begin die groot getel (dit het my drie aande gevat om seker te maak ek het nie net genoeg lap en blokkies vir hierdie projek nie, maar ook genoeg verskillende kleure dat dit na iets gaan lyk sodra voltooi). Daarna werk jy die hele storie blokkie vir blokkie aanmekaar en siedaar!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

So is ek nou al twee maande besig met my projek en nogal heel trots op myself. Oral waar ek gaan, het ek ’n paar blokkies in my sak om aan te werk. My lewe het uiteindelik weer betekenis. Ek verknies my nie meer daaroor dat ek net drie geregte kan maak, of dat ek nie ’n domestic goddess is nie – ek kan immers blokkies maak!

Steek vir steek werk ek al my frustrasie uit en het ek op die koop toe iets wat na ’n baie mooi deken begin lyk.

So voel ek, ek moet begin afsluit met hierdie skrywe, ek het immers nog 230 blokkies om aan te werk en as ek teen lente 2014 ’n nuwe deken op die bed wil hê, moet ek roer!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.