kategorieë: Ons menseBekendes

Rolene Strauss se winterwenners

Tuisgemaakte sop laat haar na haar kinderdae verlang. Dit en tuisgemaakte brood is vir haar koningskos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ons huishulp, en tweede ma, Maria, het altyd gesorg dat daar tuisgemaakte sop op ons koolstoof wag wanneer ek en my boetie in die winter van die skool af kom.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy kan egter nie bekostig om lustig weg te lê aan ryk bredies wat die vetjies sal laat aanpak nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“’n Balans is natuurlik baie belangrik en dit is nodig om elke nou en dan saam met hartsmense pannekoek voor die kaggel te eet!”

Sy drink bekers (nie koppies nie) vol koffie in die winter en maak ’n gewoonte daarvan om baie groentee in die winter te drink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dit help ook om daardie geurige winter-lekkernye te weerstaan.” As sy in die winter moet uiteet, kies sy altyd die gesonde opsies by restaurante. ’n Heerlike sop is altyd goed en nog iets warms en vullend is ’n porsie vleis met groente. Dit is ook goed om ’n paar koppies tee voor ete te drink sodat mens seker is jou dors is geles en dat jy nie net dors was pleks van honger nie.”

Sy lyk altyd stylvol en het ’n paar winterstaatmakers in haar kas.

“Enige kleurvolle jas is pragtig en kan ’n baie eenvoudige uitrusting maklik opkikker. Wanneer jy ’n mooi jas het kan mens hom alleen dra met sykouse of saam met iets anders. Jasse bly lank in die mode en kom altyd terug en is dus jou geld werd. Ek het al ’n paar van my ma se ou jasse geërf.”

Sy het ’n paar besige maande agter die blad en hou haar energievlakke hoog deur gebalanseerd te eet, aktief te bly en om tyd te maak om by geliefdes uit te kom.

Soos enige besige modern vrou is daar tegnologie waarsonder sy nie kan klaarkom nie.

“My Samsung S5 en Tablet maak my lewe defnitief makliker. As Mej SA is dit soms moeilik om oral uit te kom,  sosiale media en tegnologie is die perfekte platform om mense te bereik. Dit gee hul ook die geleentheid om my te leer ken en met my te kommunikeer. Buiten die normale Facebook, Twitter en Instagram gebruik ek ook Instaframe, LinkedIn, News24 en CamCard.”

Sy moet baie tasse pak om te reis en gebruik ’n wonderlike tas wat haar pa vir haar gegee het om haar lewe te vergemaklik.

“Dit het twee kompartemente, die een kompartement is altyd gepak. Al my ‘gadgets’ is daarin; haardroër, krultang, badsakkie,medikasiesakkie en onderklere. In die ander kompartement pak ek vinnig my uitrustings. Ek neem my grimmering in ’n tas wat ek altyd as handbagasie saamneem.”

Die lekkerste ervaring sedert haar kroning is die seën van ondersteuning en liefde van almal wat sy ontmoet.

“Alles gaan oor gee en mense, daarom is elke dag vir my lekker. Ek ontmoet mense, en leer by hulle.”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.