kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Maak geldslim kinders groot

Spaarwenke

Vir jonger kinders

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Maak spaar visueel. Kry twee of meer spaarbussies – in een spaar hulle vir ’n begeerde item en die geld in die ander een kan dadelik gebruik word. Kinders kan selfs ’n prentjie teken van die item waarvoor hulle spaar en op die bussie plak.
• Maak ’n doelwitkaart met blokkies wat aantoon hoeveel hulle elke week moet spaar. Dui die vordering met plakkers aan. (Ja, dis moeite vir besige ouers, maar die voordele is vir ewig.)
• Leer hulle die waarde van ervarings bo besittings. Navorsing bewys dit is op die lange duur meer bevredigend.
Praat gereeld met kinders oor geld, soos hoeveel jy vir inkopies betaal het. Laat hulle saam met jou kleingeld tel en verduidelik hoe ’n kredietkaart werk.
• Leer kinders van kleins af om 10% van hul sakgeld vir ’n groter aankoop te spaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vir ouer kinders (vanaf 9)

• Skuif van ’n spaarbussie na ’n bank. Verduidelik vir hulle van rentekoerse en hoe jy geld hieruit verdien. Gaan die state saam met hulle na.
• Dra meer verantwoordelikheid aan hulle oor sodat hulle meer van hul eie geld vir aankope gebruik. Hulle dink gewoonlik twee keer oor ’n aankopie as dit hul eie geld is. As hulle ’n langtermyndoelwit gehaal het, gesels agterna met hulle daaroor. “Is die item die geld werd? Hoe lank het jy hiervoor gespaar?”
• Maak ’n ooreenstemmende bydrae as hulle vir ’n groot item spaar sodat hulle nie moed verloor nie, en leer hulle hoe ’n werkgewer se bydrae tot hul pensioenfonds ’n groot impak het.
Betrek die kind as jy ’n beter prys vir ’n item soek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir hoërskoolkinders

• Gee hulle meer verantwoordelikheid. Gee hulle aan die begin van die seisoen ’n begroting vir nuwe klere sodat hulle verantwoordelikheid aanvaar en met die gevolge van hul besluite lewe. As hulle een duur handelsmerkitem koop, is daar minder oor vir ander klere.

Ná skool

• Benadruk begrotings.
• Bespreek die verantwoordelikheid van kredietkaarte, identiteitdiefstal en kredietkaartbedrog.

Entrepreneurskap is een van die belangrikste vaardighede wat kinders so vroeg moontlik moet bemeester, glo Pauline Nel van Young Entrepreneurs in Durbanville. En die goeie nuus is dat dit ’n vaardigheid is wat jy kan aanleer. Sy glo kinders moenie net geleer word om te spaar nie, maar ook hoe om te belê, bestee en te deel.

“Kinders word met soveel geesdrif, energie en waagmoed gebore. Tog toon studies dat die meeste kinders dié eienskappe teen graad 12 verloor het as dit nie benut en gekoester word nie. Dis hoekom dit so nodig is om kinders op ’n jong en ontvanklike ouderdom van entrepreneurskap te leer. Naas lees en skryf, is finansiële geletterdheid een van die belangrikste basiese vaardighede. Dit lê die grondslag vir alles waarop ’n mens bou.”

En moenie die fout maak en dink jy moet ’n entrepreneur wees om hierby baat te vind nie. Ons almal werk met geld.

Sandra glo die swak finansiële gewoontes wat jy as kind aanleer, vorm jou vir die toekoms en dat swak finansiële bestuur ’n negatiewe impak op verhoudings en selfbeeld het.

“Tog kan jy net jou kinders geldslim maak as jy ’n goeie verhouding met geld het.”

Rick Briers-Danks, gesertifiseerde finansiële beplanner van Veritas Wealth, stem saam dat ouers kinders se grootste rolmodelle ook ten opsigte van spaar en besteding is.

“Ouers moet hul eie finansiële huis in orde kry en deur hul voorbeeld lei as hulle wil hê hul kinders moet ’n gesonde verhouding met geld vestig. Impulsiewe kopies leer kinders slegte gewoontes, maar as kinders sien hoe ouers ’n nuwe aankoop bespreek en daarvoor beplan en spaar, leer hulle waardevolle lesse. Dis belangrik om kinders al voor skool van spaar en begroot te leer.”

Maak kinders deel van die prentjie

Dis noodsaaklik dat ouers met hul kinders oor geld praat. Bespreek jul finansiële situasie en stel die huishoudelike begroting saam op, sê Pauline.

“As kinders vir ’n duur item vra, moenie summier sê julle kan dit nie bekostig nie. Vra eerder vir hulle wat hulle kan doen om daardie item te kan bekostig. Dit stimuleer hulle om met kreatiwiteit en inisiatief nuwe geleenthede vir ’n oplossing te ondersoek.”

Moet ook nie uit moedeloosheid iets koop net omdat hulle lank genoeg neul nie. “Kinders moet leer om vir iets te spaar en dán eers winkel toe gaan om dit te koop. Dan waardeer hulle dit veel meer as wanneer jy voor die voet koop. So leer hulle dat jy moet beplan en wag om iets van waarde te koop.”

Stel doelwitte

Selfs voorskoolse kinders kan finansiële doelwitte hê. “Kry ’n stuk karton en laat hulle prentjies uitknip van die items op hul wenslysie. Sit dit iewers in die huis waar hulle dit elke dag sien om as motivering te dien. Julle kan as gesin ook gesamentlike spaardoelwitte hê, byvoorbeeld kleiner korttermyndoelwitte soos fliek of  nuwe oorfone en langtermyndoelwitte soos ’n seevakansie.”

Sakgeld

Een van die groot “probleme” van die hedendaagse ekonomie is dat geld in ’n groot mate onsigbaar geword het. Salarisse word direk in ’n rekening inbetaal en aankopies word met ’n kredietkaart gedoen. In die boek How Much is Enough verduidelik die skrywers hoe huishoudings in die werkersklas voorheen geld in afsonderlike konfytblikke gesit het vir huur, kos, klere … So kon die gesin makliker begroot en sien waarheen die geld gaan.

Nou verstaan kinders nie altyd hoekom jy nie bloot jou kredietkaart kan gebruik om vir hulle iets te koop nie. “Ouers moet besef dat sakgeld ’n manier is om kinders te leer hoe om geld te bestuur. Hulle moet leer dat geld verdien word en dat hulle iets moet doen om dit te verdien.”

Maar moenie in die strik trap en die kind later betaal vir alles wat hy doen nie. “Die feit dat jy deel van ’n gesin is, beteken dat sekere takies in en om die huis sonder betaling gedoen moet word, soos om jou kamer op te ruim en jou bed op te maak,” waarsku Pauline.

Lees ook: Help jou kind se leesvaardighede aan

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.