kategorieë: Sukses en geld

Genetiese bedrading en optimisme

In die Augustus 2014-uitgawe vra ons die vraag is jou beker half vol of half leeg? (“Die blink kant bo”). Hier deel ons nog inligting!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wees meer vervuld

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1.Maak ‘n lysie met 20 dinge in jou lewe wat jou onderkry. Dit kan goed so klein wees as ure in die verkeer sit tot groter projekte soos ontoereikende kwalifikasies. Maak dan weer ‘n lys van die 20 dinge wat jou plesier gee: Soos tyd met jou kinders, om voëls te kyk, staptoere ens. en sit dan saam met jou gesin en kyk hoe jy die eerste lys kan verbeter en meer van die dinge op die tweede kan doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Kry ‘n passie soos ‘n stokperdjie, ‘n nuwe oefening, ens. Kry iets wat jou opwinding bied weg van jou werk en gesin. Leer iets nuts: doen kursusse in wynkunde, leer ‘n stokperdjie aan soos mosaïek of skilder, leer ‘n vaardigheid soos joga of ballet aan.

3. Skakel by ‘n groep in. Ons almal is uniek, maar dis baie vertroostend om tot ‘n groep mense te behooiets te behoort. Sluit by ‘n liefdadigheid in jou omgewing aan en help kinders met huiswerk, of leer volwassenes om te lees. Skakel by die Universiteit in en studeer verder, word deel van ‘n stapgroep, boekklub of oefengroep. Besluit om die Comrades te hardloop, leer ‘n taal aan en word deel van ‘n geselsgroep. Dit gee jou ‘n fokus buite jou werk- en gesinsverband wat onaantasbaar is as iets daar skeef loop of vervelig is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4. Moenie verandering veg nie. Gryp nuwe dinge aan en forseer jouself om vorentoe te kyk. Dis moeilik om in te koop in nuwe dinge as jy steeds hunker na hoe dinge voorheen was.

5.Praat minder oor jouself en meer oor ander. Stel belang in ander; vra vrae en onthou hul spesiale dae. Studie toon dat dit slegs ‘n maand duur om ‘n gewoonte te verander. Begin dus vandag oefen aan die “nuwe jy” wat meer in ander as jouself belangstel.

6.Geniet die oomblik en leef meer bewustelik. Moenie net voortploeter en nie die oomblik respekteer nie. As jy koffie drink, dink oor hoe lekker dit is. As jy eet, geniet die kos. As jy met iemand gesels, fokus op die oomblik.

7. Naam ‘n besluit om meer gelukkig te wees. Stap regop, loop flink, glimlag en fokus om die vrolikheid en humor in dinge te sien.

Interessante navorsing

Jy kan geneties bedraad wees om sonnig en onstuitbaar te wees. Navorsers aan die Harvard en Boston Universiteit het die geen (DRD4) wat geassosieer word met dopamienreseptors in die brein, ondersoek. Een van die allele wat dui op ’n neiging tot ondekkingsreise en impulsiewe optredes het meer by afstammelinge van immigrante voorgekom. Dus, mense wat van hul plek van herkoms nuwe weivelde gaan soek het. Seker ook maar soos ons voorsate wat die onbekende met ossewaens en geloof aangedurf het. Die teorie is dat hierdie neiging vergroot word binne ’n groep mense (soos immigrante) wat kinders het (Time magazine, Julie 2013). Lees meer oor die studie hier.

*The 7 Secrets of Happiness deur Gyles Brandreth
*Lees meer: Marty Seligman se twee boeke: Learned Optimism en Flourish

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

19 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

22 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

23 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

23 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.