kategorieë: Leef gesondGesondheid

Genetiese toetsing vir medikasie

Medisyne moet jou gesond maak. Maar dit gebeur nie altyd nie, en nie almal word gesond nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Variasies in ons gene, die bloudruk vir wie ons is, het ’n reuse-impak op ons elkeen se individuele reaksie op medikasie,” sê dr. Danny Meyersfeld, hoof van DNAlysis, een van die enkele maatskappye wat hierdie genetiese toetse plaaslik doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Risiko’s en gevare van medisyne

Daar is vier algemeen negatiewe reaksies op medikasie, wat hoofsaaklik op ons genetiese profiel gebaseer is:

1. Party van ons reageer nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Medikasie soos Singulair vir asma en ekseem is so goed as 100% suksesvol … maar net vir die 25% van mense wat ’n spesifieke genetiese basis vir hul allergie het. Vir die res is dit geld in die water. Net so met talle psigiatriese medikasies. Wat vir die een uitstekend is, werk nie vir ’n volgende een weer glad nie.

2. Party van ons raak verslaaf

Gewone kodeïen-pynpille is vir die meeste van ons veilig en verlig ons pyn baie doeltreffend. Maar ’n klein groepie mense is sogenaamde supermetaboliseerders. Hulle skakel ’n klein bietjie kodeïen om in superhoeveelhede, wat dan net soos morfien en heroïen in die brein werk.

3. Party van ons ontwikkel newe-effe

Ons kan almal ’n bietjie naarheid of ligte hoofpyn wat verby gaan, hanteer. Maar wat as jou bloeddrukmedikasie jou dood veroorsaak? Of as die medikasie om jou osteoporose om te keer, ly tot kaakkanker? Of as statiene spierpyne (rabdomeiolise) veroorsaak? DNAlysis sê 6-8% van mense wat in ons hospitale opgeneem word, het ’n negatiewe reaksie op medikasie – soveel as een uit elke 15 mense.

4. Party van ons sterf

Selfs dít gebeur. Die medikasie-sterftesyfer in die VSA is ’n ysingwekkende 100 000 mense per jaar. Een bekende voorbeeld is dat mense wat sekere antidepressante begin gebruik in die eerste drie weke selfs meer depressief raak en ’n groter risiko op selfmoord loop.

Ons wil geensins te kenne gee dat medikasie in die reël gevaarlik is nie. Géénsins nie. Alle voorskrifmedikasie in Suid-Afrika is deeglik getoets en word uitstekend beheer. Maar, terselfdertyd verdien individuele reaksies ook erkenning. Tot dusver moes ons almal maar op die tref-en-trap manier uitvind of ons een van hulle is. En ja … met gevolge.

Uiteindelik, sê dr. Meyersfeld, na dekades van navorsing, kan ons nou begin om ons kennis van gene en reaksies op medikasie bymekaar te bring en gebruik om te keer dat ons medikasie voorskryf wat gevaarlike fisieke of psigiese effekte het.

Jy kan nou pro-aktief werk: in plaas van wag en sien wat werk, kan ons nou met genetiese toetse voorspel of ’n sekere soort medikasie die regte en veiligste keuse is.

Lees ook: Wat is IV-terapie?

Redes vir genetiese toetse vir medikasie

Die meeste probleme onstaan juis weens die gebruik van die algemeenste middels soos warfarin, psigiatriese medikasies en kodeïen-pynpille, sê dr. Meyersfeld. “Ons skryf hierdie pille voor vir van die algemeenste toestande, soos hartsiektes, psigiatriese toestande en pynbeheer.”

Dus is die kanse goed dat ek en jy iewers vorentoe in ons lewens ’n medikasie gaan moet gebruik waarop ons nie goed reageer nie. Gelukkig is genetiese toetsing vir medikasie net een maal nodig. Jou gene verander nie, en dus bly jou reaksie deur jou lewe konstant. Aan die ander kant is farmakogenetika ’n jong veld wat beslis gaan uitbrei – wat beteken dat jy dalk vorentoe wel weer getoets sal word, soos wat meer gesofistikeerde toetse en nuwe medikasies ontwikkel.

Dit sal nie ’n slegte idee wees as ons álmal gaan nie. Maar prakties is dit nie moontlik nie. Op hierdie stadium maak dit vir die volgende mense sin om te toets:

• Jy is pas met ’n toestand gediagnoseer waarvoor jy langtermyn medikasie gaan gebruik, soos epilepsie of hoë bloeddruk, en jy wil weet watter sal doeltreffend werk.

• Jy ervaar newe-effekte van die tipiese medikasie en moet vasstel watter ander soorte beter werk, soos wat mense met hoë bloeddruk dikwels ervaar.

• Jy reageer nie, en soek ’n doeltreffender alternatief. Dit kan lank neem om die regte medikasie vir iemand met epilepsie, aandagafleibaarheid en psigiatriese toestande soos depressie en bipolêre depressie te identifiseer.

• Jy moet ’n medikasie teen ’n baie hoër as normale dosis gebruik. Genetiese toetsing kan vooraf uitwys hoe goed jou liggaam dit sal hanteer.

Lees ook: Moet jy verpersoonlikte hormoonpille vir die menopouse oorweeg?

Vir watter medisyne is genetiese toetse beskikbaar?

DNAlysis bied vier toetspanele aan: jy kan gaan vir die volledige genetiese toets, mygeneRx, of vir enige van die panele waaruit dit bestaan, naamlik mycardioRx vir hartlyers, mypsychRx vir medikasie wat op die brein inwerk, en mypainRx vir pynverwante medikasies.

Die panele toets gesamentlik vir 150 medikasies, insluitend spierverslappers, bloedverdunners, pynstillers (NSAIDs, kodeïen en opoïede), slaappille asook medikasie vir aandagafleibaarheid (AAHD), epilepsie, malaria, demensie, jig (gout) en erektiele disfunksie. Die volledige lys is hier beskikbaar.

Suid-Afrikaanse maatskappye wat genetiese toetsing doen

DNAlysis spesialiseer in genetiese toetse om vas te stel watter tipe dieet moontlik die beste vir jou gaan werk, asook vir sportpotensiaal en reaksies op medikasie.

Gknowmix spesialiseer veral in die genetiese toetse om siektes te diagnoseer, soos hartsiektes, borskanker, afwykings in ystermetabolisme en sportbeserings. Buiten genetiese toetsing vir medikasie toets hulle ook potensiaal vir sportbeserings.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.