kategorieë: WenkeSkoonheid

rooi rose-voorbladvroue se skoonheidswenke

Minki van der Westhuizen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

RR: Top wenke vir ’n foutlose vel?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Minki: Drink baie water en eet gebalanseerd. Rook is ook taboe vir ’n mooi vel. Ek gaan slaap nooit met grimering aan nie en volg ’n gesonde velsorgroetine.

Onthou jou vel is die “canvas” waarop jou grimering kom, vir mooi grimering moet hierdie canvas gesond wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

RR: Beste skoonheidsraad wat jy ontvang het?

Minki: Dra elke dag sonskerm, selfs in die winter.

RR: Wat is jou een moet-hê grimeerproduk?

Minki: Ek is versot op maskara. Elke persoon het ’n persoonlike voorkeur vir die effek wat hulle wil hê. Ek hou van vol ‘luscious lashes’. Ek gebruik op die oomblik Dior se Diorshow Mascara (R560) en ’n meer bekostigbare gunsteling is L’Oreal Paris se Telescopic Mascara (R199,95)

RR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie?

Minki: Obagi 15% Vitamin C Serum (R1 100 dermastore.co.za) hou my vel lekker soepel en gehidreer in die winter. Inoar se Speed Blonde Kit (R490 by uitgesoekte salonne) gee my hare die mooi platinum skakering en droog nie my hare uit soos ander pers sjampoe nie. MAC Cosmetics se Strobe Cream (R450) is al vir jare lank ’n gunsteling en ek gebruik dit elke liewe dag.

RR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk?

Minki: Ek het ’n paar gunstelinge – Essence se oogpotlode en lippotlode. Essence Long Lasting Eye Pencil in 01 black fever (R29,95)

Rolanda Marais

RR: Jou een “moet hê” grimeerproduk?

Rolanda: Ek gaan nooit uit die huis uit sonder ’n goeie sonskerm nie. Ek verkies ook ’n sonskerm wat liggies getint is vir die dae wat ek nie grimering wil dra nie. Dit gee my vel ’n natuurlike gloed terwyl dit teen die skadelike sonstrale beskerm.

RR: Beste skoonheidsraad wat jy nog ontvang het?

Rolanda: Wend jou grimering in natuurlike lig aan sodat jy presies kan sien wat ander mense sien wanneer jy daar buite rondloop. Om in onnatuurlike lig te grimeer, kan jy jou grimering dalk te swaar aanwend.

RR: Top wenke vir ’n foutlose vel?

Rolanda: Ek vind as ek suiker uit my dieet sny lyk my vel baie gesonder. Ek probeer ook genoeg water drink en was my gesig deeglik voor ek gaan slaap.

RR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie?

Rolanda: Dr Gobac se Needle-free BioRestore (R850 by uitgesoekte salonne) doen wondere vir die plooitjies om die oë en mond. Dit is ook trots Suid-Afrikaans wat ek graag ondersteun. Dr Gobac se Lighten (R570) help vir vlekkies en merkies en is, anders as die meeste soortgelyke produkte, 100% veilig om tydens swangerskap te gebruik wat op hierdie stadium vir my ’n bonus is! Omdat my hare nogal fyn is, sit ek daagliks Moroccanoil se Volumizing Mousse (R360 by uitgesoekte salonne) aan my hare voor ek dit droogblaas. Dit laat my hare voller lyk. Ek het ook altyd ’n rooi lipstiffie in my handsak, dit laat my met min moeite onmiddellik glansend lyk.

RR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk?

Rolanda: Ek hou graag ’n BB-room in my grimeersakkie. Dit gee die nodige dekking sonder dat dit te swaar voorkom of voel. Garnier se BB Cream (R119,95) is bekostigbaar en bevat sommer ook ’n SPF vir ekstra beskerming. Boonop ruik dit lieflik.

Zetske van Pletzen

RR: Jou een “moet hê” grimeerproduk?

Zetske: Beslis maskara.

RR: Beste skoonheidsraad wat jy nog ontvang het?

Zetske: Moenie met grimering aan gaan slaap nie. En moet nooit die vel rondom jou oë trek nie – dis delikaat!

RR: Top wenke vir ’n foutlose vel?

Zetske: Maak jou skoonheids ‘regime’ deel van jou daaglikse roetine. Drink baie water! ’n Gesonde vel begin aan die binnekant. Moenie aan jou vel krap nie en gaan elke 4 tot 6 weke vir ’n gesigbehandeling, indien moontlik.

RR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie?

Zetske: Ek is ’n groot aanhanger van Placecol se produkte. Placecol se Rescue Therapy (R240) is een van my gunstelinge. Hannon se Miracle Hair Treatment (R208) is fantasties vir droë hare wat maklik koek. Status se lipglans (R218) is altyd in my handsak.

RR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk?

Zetske: Klapperolie! Jy kan dit letterlik oor jou hele lyf as ’n bevogtiger gebruik. Lyfolie, lipsalf, haarmasker, gesonde naels en naelvliesies. Ek verwyder selfs my grimering daarmee!

Christi Panagio

RR: Jou een “moet hê” grimeerproduk?

Christi: Lipstiffie! Die meeste dames het ’n skoen of handsak-versameling, maar ek kan nie by een lipstiffie verby stap sonder om dit te wil koop nie!

RR: Beste skoonheidsraad wat jy nog ontvang het?

Christi: Jare se ‘trial and error’ het my geleer dat ’n gesonde leefstyl en goeie eetgewoontes net so groot rol speel soos jou daaglikse skoonheidsroetine.

RR: Top wenke vir ’n foutlose vel?

Christi: Volg ’n goeie daaglikse skoonheidsroetine – bevogtiger is baie belangrik. Skilfer ten minste twee keer per week jou vel af en volg daarna op met ’n goeie gesigmasker. Eet slim – kies kos wat jou vel voed, en drink baie water!

RR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie?

Christi: Vir my vel – Environ se Intense Revival Masque. Vir my hare – Naturalmente Elements Balsamic Mask (R272 vir 250 ml). Grimering – MAC Cosmetics Studio se Face & Body Foundation (R510).

RR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk?

Christi: Heuning as gesigmasker!

Jo-Ann Strauss

RR: Jou een “moet hê” grimeerproduk?

Jo-Ann: Ek is versot op oogomlyner en gebruik graag MAC Cosmetics se Liquid Eyeliner (R270)

RR: Beste skoonheidsraad wat jy nog ontvang het?

Jo-Ann: Drink genoeg water en dra daagliks sonskerm.

RR: Top wenke vir ’n foutlose vel?

Jo-Ann: Ek het besef ek moet in goeie velsorgprodukte belê want jou vel is jou beste belegging. Ek gaan slaap ook nooit met grimering aan nie en neem tyd vir maandelikse gesigbehandelings.

RR: Produkte waarsonder jy nie kan klaarkom nie?

Jo-Ann: Ek gebruik graag La Mer se nuwe Renewal Oil (R2 750). La Mer se The Mist (R1 360) gebruik ek tydens lang fotosessies of wanneer ek reis vir ’n bietjie verfrissing, dit laat my vel so vars voel.

Vir grimering is Fashion Breed se wimpers (R250 Kally Lashes. www.fashionbreed.co.za) ’n moet en ek gebruik dit veral tydens fotosessies of geleenthede wanneer ek op die verhoog is.

RR: Gunsteling sakpas-skoonheidsproduk?

Jo-Ann: Ek hou baie van Sunsilk se conditioner om my naturlike krulle op te kikker.

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.