kategorieë: VelsorgSkoonheid

Teenveroudering: die beste raad

Grace Mantjiu (skoonheid- en gesondheidsredakteur van Essentials)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Grace se top teenveroudering-wenke

1. Vermy die son en dra daagliks ’n goeie sonskerm (in somer sowel as winter). Belê in goeie sonbrille met UV-beskerming. Skerp sonlig (wat jou frons veroorsaak), kan bydra tot fyn plooie om jou oë.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Sluit ’n produk met retinol by jou aand-skoonheidsroetiene in, dit verbeter jou vel se tekstuur, en vermeerder die produksie van kollageen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Water, water, water! Ek weet almal sê dit, maar dit werk beslis vir my. Ek dra my waterbottel oral saam met my rond: in my kar, op my lessenaar en selfs op my bedkassie. Die voordele? Gesonde vel, kleiner porieë en geen puisies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is op die oomblik jou gunsteling-teenverouderingsprodukte?

Ek is gaande oor die Elizabeth Arden Ceramide Overnight Firming Mask (R685), ’n masker met ’n ligte roomtekstuur wat saans aan my vel werk terwyl ek slaap. In die oggend voel my vel gehidreer, fermer en meer glansend.

Ek het ’n droë vel, daarom gebruik ek graag olies. Dit is super hidrerend omdat dit die vel goed binnedring. Vir my gesig gebruik ek graag L’Oreal Paris se Extraordinary Facial Oil (R249,95) en vir my lyf Nivea Q10 Firming Body Oil (R109,99 vir 200 ml)

Tracey Kroukamp (skoonheidsredakteur Woman & Home)

Tracey se top teenveroudering-wenke

1. As jy soggens te min tyd het om beide ’n serum en bevogtiger aan te wend, kies eerder die bevogtiger wat jou vel gehidreer sal hou en teen omgewingsfaktore deur die loop van die dag sal beskerm.

2. Wend jou oogroom aan van die buitehoeke van jou oë na die binnehoeke, dit verhoed dat jy jou vel kreukel en trek.

3. Volg ’n gesonde dieet en drink baie water!

Wat is op die oomblik jou gunsteling-teenverouderingsprodukte?

Ek het op die oomblik drie gunstelinge: Skinderm se Anti-Ageing Elixir (R580 beskikbaar by Perfect 10-salonne). Clarins se Double Serum (R825) en vir my oë Estee Lauder New Dimension Eye Cream (R1 040). Hierdie produkte voel fantasties op my vel maar meer belangrik is die verskil wat ek aan my vel agterkom!

Carli Prinsloo (skonheidsredakteur People Magazine)

Carli se top teenveroudering-wenke

1. In al my teenveroudering-navorsing as skoonheidsredakteur is dit duidelik en al die kenners is dit eens – sonskerm is een van die belangrikste wapens! My wenk: moenie by jou gesig stop nie, gebruik sonskerm op rekmerke en letsels om te keer dat dit donkerder raak.

2. Retinol is die een moet-hê bestanddeel vir vroue wat op soek is na ’n sterk teenveroudering-produk, dit verminder die voorkoms van fyn lyne en hou jou vel jonk.

3. Maak seker jy kry genoeg slaap. Te min slaap sal jou beslis ouer laat voorkom. Jou liggaam het slaap nodig om te herstel na jou dag se aktiwiteite!

Wat is op die oomblik jou gunsteling-teenverouderingsprodukte?

’n Moet in my velsorgroetine is beslis ’n oogroom. Ek hou van Time Filler Eyes (R835 vir 15 ml) van die Franse velsorgreeks Filorga. Dit werk fantasties vir plooie om die oë (selfs op jou ooglede), en boonop sorg dit vir voller, sagter en langer wimpers. Ek hou veral van die super romerige tekstuur en hidrerende effek op my oë.

2016 se opwindende teenverouderingsprodukte

Clarins Extra-Firming Mask (R705 vir 75 ml)

Clarins se jongste teenveroudering-masker verseker dat jou vel na 10 minute meer ontspanne voorkom. Hul navorsing het getoon dat 76% van vroue se ‘spanningsplooie’ meer versag het, 75% van die vroue stem saam dat hul vel meer ferm voel en 92% sê hul vel lyk varser en minder moeg. Die Clarins Extra Firming Mask word ook op ’n spesifieke metode aangewend om die beste resultaat te verkry.

L’Oreal Paris Age Perfect Golden Age Rosy Day Cream (R249,95)

Die jongste toevoeging tot L’Oreal Paris is hul Golden Age-teenverouderingreeks. Die unieke formule bestanddele van kalsium B5, pieonroos en iris-ekstrak is spesiaal ontwerp vir die ouer vel. Namate ons ouer word, verloor ons vel daardie gewenste gesonde glans. Hierde reeks beloof om hidrasie aan die vel terug te besorg, veldigtheid te bevorder en ’n gesonde glansende gelaat te skep.

Gatineau Paris Age Benefit Eye Cream (R1 195 vir 15 ml)

Hierdie oogroom se bestanddele van vitamiene, aminosure, peptiedes en kollageen werk saam teen powwerige oë, ongewenste donker kringe en fyner lyne rondom jou oë. Gatineau se navorsing toon dat na 4 weke se gebruik het 77% van vroue gestem hul oë lyk minder pofferig en 74% meen dat hul donker kringe sagter lyk.

Placecol Illumine Retinol Serum (R620)

Hierdie nuwe retinol-formule van Placecol werk om die vel se voorkoms van fyn lyne en plooie te versag terwyl dit die vel se tekstuur verbeter. Met gereelde gebruik, beloof die serum om verder die voorkoms van ouderdomsvlekke en pigmentasie te verminder en ook jou vel glansend te laat.

Skinceuticals Triple Lipid Restore 2:4:2 Anti-Aging Lipid Replenishment Treatment (R2 450 dermastore.co.za)

’n Ouer vel sukkel ook gewoonlik met droogheid wat nie meer effektief vog behou nie omdat sel- en lipiede-regenerasie afneem. Daarom is fyn lyne en plooie ook meer sigbaar. Die Skinceuticals Triple Lidid Restore se unieke formule van seramiede (2%), cholesterol (4%), en vetsure (2%), werk saam om die sperfunskie van die vel dramaties te verbeter. Die room verseker hidrasie en om volheid aan die vel te herstel vir ’n meer soepel en jonger stralende gelaat.

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.