kategorieë: Bekendes

George Clooney: losloper nie meer

Hoflik, intelligent, sjarmant – en glad nie sleg op die oog nie. George Clooney is dié koning onder die sterre. Regisseur, Oscar-wenner, filantroop. Hy voer intelligente gesprekke oor enige kwessie en gebruik humor om onderwerpe waaroor hy nie wil praat nie, vry te spring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir ’n man wat met ’n eindelose string beeldskone langbeenmodelle en -aktrises uitgegaan het, het hy die perfekte vrou gekies. Amal Alamuddin is intelligent en suksesvol uit eie reg. En sy het styl. Hoewel George in onderhoude nie graag oor sy persoonlike lewe praat nie, blink sy oë wanneer hy vertel hoe oulik sy vrou is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy ’n tydmasjien gehad het, waarheen sou jy gaan?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kan ek terugkom? Daar is plekke en tye waarheen ek graag sou wou gaan, maar ek wil asseblief terugkom na my eie tyd toe, want ek wil nie aan polio doodgaan nie (lag). Ek sal enige iets gee om in 1960 by president Kennedy se inlywing te kon wees.

Dit moes ongelooflik gewees het om daardie toespraak te hoor: “Ask not what your country can do for you … ”  Ek sal ook nie omgee om in die toekoms te kan ingaan om te sien wat gebeur nie. Maar as dinge nie sou uitwerk nie, wil ek terugkom (lag).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Noudat jy getroud is met iemand wat uit die Midde-Ooste kom, het jou persepsie van daardie wêrelddeel verander?

Ek verstaan maar min. Dis vir seker ingewikkelder as tevore. Die idee dat jou bondgenote vriende met jou vyand is, is verwarrend. Ek dink almal sukkel op die oomblik. Dis ’n moeilike tyd. Ek is altyd hoopvol dat alles sal uitwerk, maar dit sal ’n ruk duur. So baie dinge gebeur tegelykertyd. Ek en Amal gesels amper elke dag hieroor.

Sirië is altyd op my radar. Dis hartverskeurend wat daar aangaan. Ek verstaan wel die Libanese kultuur beter. Almal daag by partytjies op! Ons moes ná die troue ’n tweede partytjie net vir die Libanese familie hou. Daar is honderde van hulle. Nou het ek ’n reuse-familie.

Wat sien jy in die toekoms vir jou en Amal?

Daar is plekke in die wêreld wat ek graag saam met haar sal wil sien. Ons doelwit is om saam te reis, nie vir werk nie, maar omdat ons saam daar wil wees. Dink net – ons twee saam op ’n motorfiets in die Franse Alpe. Ek sal nie omgee om nou daar te wees nie.

Sal jy ooit ’n politikus word?

Ek maak baie grappe oor die politiek. Daar is kort-kort ’n storie dat ek as goewerneur wil staan. Dis glo hoekom ek met iemand getrou het wie se van met Ala begin. Dis goed vir die politieke spektrum (lag). Baie van my vriende is politici en ek het baie respek vir hulle, maar ek sien nie kans vir hul lewe nie. Ek dink dis moeilik. Ek hoef nie in my werkswêreld kompromieë aan te gaan nie.

As ek vir ’n kwessie wil veg, kan ek dit doen sonder om bekommerd te wees om ’n ou vies te maak wat ’n halfmiljoen dollar vir my veldtog geskenk het. Ek het geen van daardie beperkings nie. Ek dink ek kan baie doeltreffender wees deur nie ’n politikus te word nie. Dis moeilik om dinge in die regering gedoen te kry, dit maak nie saak aan wie se kant jy is nie. Ek dink ek en politiek werk beter as afsonderlike entiteite.

Eet julle gereeld Libanese kos?

My vrou bespreek tafels. My skoonma bespreek tafels (lag). Vir my verjaardag het ons alles geëet wat sleg is vir ’n mens – dinge soos steak en cake – alles met ’n ache.

Hou jy van kos maak?

Ja, onthou, ek het lank alleen gewoon, ek weet hoe om kos te maak. Omdat ek lank in Italië gebly het, kan ek goeie pasta maak – verskillende soorte. Ek is ook goed met ontbyt en ’n Thanksgiving-ete.

Julle is ’n stylvolle paartjie. Het jou kleresmaak ná die troue verander? Wie betaal vir Amal se rokke?

Amal betaal vir haar eie klere. Soms stuur mense vir haar rokke, want hulle wil hê sy moet daarin gesien word. Amal het nog altyd styl en het ook nie ’n stilis nie. Soms sal sy effens verward lyk oor my keuses en vra of ek al weer daardie tequila-T-hemp gaan aantrek en my aansê om ’n beter hemp aan te trek voor ek uitgaan. En sy is gewoonlik reg (lag).

Hoe voel jy oor sterk vroue?

Vyf vroue bestuur my maatskappy. Maar ongelukkig behoort seksisme nie tot die verlede nie. Ek glo nie daarin nie, maar dis steeds oral te sien. Ek is bly om te sien dat flieks meer op vroulike karakters fokus. Ek glo die meeste groot rolprente word deur mans bestuur omdat mans die groot Hollywood-ateljees bestuur. Dis iets waaraan aandag gegee moet word. Ek dink dis interessant dat die enigste mens wat met die Sony-skandaal deurgeloop het, ’n vrou was. Ek dink dis goed om oor die kwessie te praat en dat ons in die regte rigting beweeg.

Hoekom het jy vyf vroue in jou maatskappy aangestel?

Hulle was die regte mense vir die werk. Ek het nie daarop gefokus om vroue aan te stel nie. Ek wou net die beste mense aanstel. As jy meestal mans in jou kantoor het, beteken dit net jy het nie hard genoeg gesoek nie.

Intimideer dit jou dat jou vrou dalk slimmer as jy is?

Sy is. Al wanneer ek ’n intellektuele geveg met haar sal wen, is as ons daaroor sal armdruk. Daar is geen twyfel nie, my vrou is slimmer as ek. Ek is baie bly daaroor. Dis ’n goeie idee om jou te omring met mense wat slimmer as jy is – en die standaard is redelik laag wat my betref (lag). Wat vir my fantasties is, is dat sy steeds werk aan die goed wat vir haar belangrik is.

Sy werk by die internasionale appèlhof aan die Armeense volksmoord, dis ’n ingewikkelde gesprek. En nou word sulke kwessies deur Entertainment Tonight gedek (lag)! Dis nie iets waarna sy streef nie. Sy doen net haar werk. Maar die bykomende blootstelling is nie noodwendig sleg nie. Tot dusver verskil ons nie oor baie dinge nie. Ons sal sien hoe dit gaan.

Hoekom dink jy is jy so gewild?

Ek weet nie. Ek dink dis my vrou wat gewild is (lag). Ons het onlangs by die Carlyle gebly en baie mense het buite die hotel saamgedrom. Mick Jagger het ook daar gebly, toe wag ons vir hom om uit gaan sodat ons ongesiens agter hom kon uitsluip. Maar hulle het Amal dadelik gesien. Ek het al vir haar gesê sy moet minder stylvol aantrek, dan sal hulle dalk minder aandag aan ons gee (lag).

Het Amal vrede gemaak met haar nuwe status as ’n glanspersoon?

Ek dink nie sy beskou haarself as ’n glanspersoon nie. Dis net deel van die pakket om met my getroud te wees. Ek glo dis nie vir haar maklik om op straat deur mense oorval te word nie. Sy gee nou klas by Columbia en ek dink dis moeilik om oop gesprekke te voer en oor ingewikkelde regskwessies te argumenteer – dit kan in die openbare domein maklik verkeerd geïnterpreteer word. Sy kry dit wel reg dat al die aandag nie haar werk beïnvloed nie.

Sy werk hard daaraan. Haar werk hou ernstige gevolge vir mense in, gevolge soos lewe en dood. As mense vir haar onsinnige vrae vra, kan sy dit hanteer, want dis niks in vergelyking met foute wat sy kan maak wat mense se lewe raak nie. Ek dink sy is goed voorbereid om die druk daarvan te hanteer.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.