kategorieë: WenkeSkoonheid

Geur vir jou huis

Deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Crabtree & Evelyn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Michele Higginson, eienaar van Crabtree & Evelyn, Suid Afrika gee raad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe gereeld moet jy geurspreier (“diffuser”) -stokkies omruil?

Met ons Crabtree & Evelyn geurspreier, hoef jy nie die stokkies om te ruil nie, dit is gemaak om so lank te hou soos jou parfuum – sowat 9 maande. As jy egter voel jy ruik nie meer jou geurspreier nie, kan jy die stokkies omdraai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Moet jy ’n geurspreier en ’n kamersproei gebruik?

As jy ’n goeie geurspreier in jou vertrek het, behoort jy nie ’n kamersproei ook nodig te hê nie. ’n Geurspreier omhul jou vertrek in ’n subtiele geur, terwyl jou kamersproei meer van ’n “geur-ontploffing” is. ’n Goeie kamersproei se geur behoort ongeveer drie ure lank te hou.

Met gewone (lyf)parfuum word daar aanbeveel om dit in lae aan te wend, waar jy ’n geparfumeerde lyfroom, gevolg deur dieselfde fyngeur aanwend. Moet jy dit ook toepas in jou vertrekke, deur byvoorbeeld dieselfde kers, kamersproei en geurspreier te gebruik?

Nee, ek dink nie jy hoef te lae aan te wend nie. ’n Geurspreier behoort ’n konstante geur af te gee en behoort nie kerse of sproei ook nodig te hê nie. Ek sal wel aanbeveel dat jy ook of ’n kers of ’n kamersproei behoort te gebruik.

Watter kwaliteite het sitrus of vars geure wat dit ’n goeie keuse vir jou kombuis maak? Hoe keer jy dat hierdie geure nie met jou kookgeure bots nie?

Sitrus en groen note is reukverdrywend, so dit word hoofsaaklik gebruik om “slegte” reuke (soos wanneer jy vis of uie gaarmaak) in die kombuis te verbloem.

Ons kombuiskers het byvoorbeeld roosmaryn, anyssaad en note van basilikum en aromatiese dragon om ’n vars-kruietuin-gevoel te skep. Kruisement en groen ertjies sal jou aptyt aanwakker terwyl wortelsaadolie jou kalmeer.

En wat van die slaapkamer? Laventel, kamille, roos, ilang-ilang en jasmyn word gewoonlik met die slaapkamer geassosieer. Moet jy byvoorbeeld ’n sekere geur kies om jou te laat slaap en ’n ander om jou “in die luim” te kry?

Laventel kan kalmerend wees, maar te veel laventel kan ook ’n stimulant wees wat jou sal wakker hou. Tradisioneel help klein hoeveelhede laventel en kamille om jou te streel en lomerig te laat voel. Ilang-ilang en jasmyn is weer meer sensueel. So dit hang net af waarvoor jy jou slaapkamer vir die oomblik wil gebruik. Ons nuwe Wanderlust Dream-geure het pienk peper, kaneelblaar en iris om ’n dromerige harmonie van delikate blomme en sensuele suedenote te skep. Die idee hier is om jou slaapkamer te omskep in ’n spasie verwyder van jou alledaagse lewe.

Wat is die beste geure vir jou leefvertrek?

Memories Made is ons gunsteling-geur vir die leefvertrek. Dit vul die vertrek met lewenslustige en opgewekte note van wit seringblom en appel.

’n Maklike keuse

Crabtree & Evelyn se Modern British Home-reeks doen die dinkwerk vir jou met agt spesiale geure vir jou huis: 1. Ingangsportaal (Warm & Welcome) 2. Slaapkamer (Wanderlust Dream) 3. Badkamer (Seaside Vibes) 4. Leefvertrek (Memories Made) 5. Gastekamer (Home Comforts) 6. Kantoor (Curiousity Corner) 7. Kombuis (Supper Club), 8. Ontspanningsarea (City Zen). R800 vir ’n kers, R1 500 vir ’n reuksproeier. crabtree-evelyn.co.za

Nog keuses

Sitrusgeure vir jou kombuis

Laventel, kamille, jasmyn of ilang-ilang vir jou slaapkamer

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

21 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.