Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer
Genoeg vir 6
Bestanddele
- 1 kg boerewors, knyp dit af en vorm kleiner worsies, bind dit met ’n toutjie as jy wil
- 1 ui en 2 knoffelhuisies, fyn gekap
- 80 ml (¾ k) witwyn
- 1 x 410 geblikkie heel, geskilde tamaties
- 3 soetrissies, pitte verwyder en in repe gesny
- 300 g rosa-tamaties
- 200 g fetakaas, gedreineer en ruweg gekrummel
- hand vol oregoblaartjies
- ½ ciabatta-brood in stukke geskeur
- 30 ml (2 e) olyfolie
- sout en gemaalde swartpeper
Metode
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Verhit die helfte van die olyf-olie in ’n pan. Braai die ui en knoffel vir 3 min. daarin tot sag. Voeg die witwyn by en prut vir 2 min. tot die vloeistof verdamp het. Voeg die tamatie en orego by. Verlaag die hitte en prut vir 10 min. tot die sous verdik. Geur met sout en peper.
- Skep die sous in ’n oondbak en sit die soetrissie bo-op. Breek die fetakaas ruweg oor die sous en sit die wors bo-op. Bak oop vir 25 min.
- Haal die bak uit en strooi die ciabattastukke bo-oor. Bak vir nog 20 min. tot die brood goudkleurig is. Eet net so of sit met pap of polenta voor.
Lees ook:
Geurige worsies met sampioene en lensies
