kategorieë: KalenderOntspanning

Glenshiel-Kersmark 2016

Glenshiel-huis, Westcliff

Hierdie historiese huis wat deur Sir Herbert Baker ontwerp is, speel vanjaar weer gasheer vir ’n mark waar jy lieflike Kersgeskenke kan koop – insluitend linne, keramiekware, smul-kosse, juwele, dekor-items, ontwerpersakke, swemklere, plante, gordels, kralewerk, speelgoed en serpe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die fondse wat by die mark ingesamel word, word gebruik deur die Orde van St John, ’n nie-winsgewende organisasie, om lede van gemarginaliseerde gemeenskappe op te lei in eerstehulp en gemeenskapsgesondheidsorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die orde van St John is ’n internasionale liefdadigheidsorganisasie. Plaaslik lei hulle mense op in noodhulp, sorg vir mense met HIV/VIGS en oogsorg.

Die mark se hekke open Vrydag om 9-uur die oggend en dit sluit saans om 6-uur. Saterdag is die mark oop van 09.00 tot 17.00 en Sondag van 09.00 tot 14.00.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die mark word jaarliks aangebied en is een van die lekkerste Kersmarkte in Johannesburg. Dit is bekend vir die goeie plaaslike en internasionale produkte waarmee mense hul Kerskouse kan opvul. Vanjaar sal besoekers 78 verskillende stalletjies kan besoek.

Een van die hoogtepunte is die gesogte Kersfeeskoeke van Liz Wood!

Gaste sal ook die geleentheid kry om die historiese huis te besigtig. Van die antieke baniere van die Orde van St John sal ook te sien wees.

Verder sal gaste ook kan smul aan gourmet-geregte, plaaslike biere, tradisionele tee en soetigheid.

Vir meer inligting besoek die Glenshiel Christmas Fair 2016-Facebookblad hier.

Lees ook meer oor die orde van St John hier.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.