Genoeg vir 4
Bestanddele
Vars pasta
- 125 ml (½ k) tapiokameel
- 125 ml (½ k) mielieblom (Maizena)
- 45 ml (3 e) aartappelmeel
- 5 ml (1 t) sout
- 23 ml (4 ½ t) Xanthan gum
- 2-3 groot eiers
- 30 ml (2 e) olyfolie + ekstra
Lasagne
- 500 g (1 pak) botterskorsiestukke, geskil en in blokkies gesny
- sout en gemaalde swartpeper
Witsous
- 45 ml (3 e) botter
- 30 ml (2 e) mielieblom (Maizena)
- 560 ml (2¼ k) melk
- sout, swartpeper en gerasperde neutmuskaat
Vulsel
- 250 g blokkiesspek, bros gebraai
- 250 ml (1 k) ertjies
- 125 ml (½ k) gerasperde mozzarella
Metode
Pasta
- Sif die droë bestanddele saam in ’n mengbak.
- Meng die eiers en olyfolie en gooi ’n bietjie op ’n slag by die droë bestanddele. Roer met ’n houtlepel tot die deeg bymekaarkom.
- Keer op ’n meelbestrooide werkvlak uit en knie tot glad. Bedek met kleefplastiek en sit vir 30 min. in die yskas.
- Verhit die oond tot 200 °C.
- Sit die botterskorsies op ’n bakplaat en sprinkel olyfolie oor. Geur na smaak en bak vir sowat 30 min. tot gaar.
- Rol die pasta met ’n pastamasjien uit op die tweede kleinste stelling.
Witsous
- Smelt die botter oor matige hitte in ’n klein kastrol. Meng die mielieblom by en roer vir 1 min. Haal van die hitte af en gooi die melk geleidelik by. Roer deurentyd.
- Sit die witsous terug op matige hitte en bring tot kookpunt, maar roer deurentyd. Verlaag die hitte en prut vir nog 1 min. Geur na smaak. Hou eenkant.
- Pak die bestanddele in lae in ’n 30 cm x 20 cm- bak. Begin met die witsous (onder), gevolg deur die pasta, botterskorsie, spek en ertjies. Herhaal en eindig met die witsous en gerasperde kaas bo-op. Bak vir sowat 40 min.
