Genoeg vir 4
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Vars pasta
125 ml (½ k) tapiokameel
125 ml (½ k) mielieblom (Maizena)
45 ml (3 e) aartappelmeel
5 ml (1 t) sout
23 ml (4 ½ t) Xanthan gum
2-3 groot eiers
30 ml (2 e) olyfolie + ekstra
Lasagne
500 g (1 pak) botterskorsiestukke, geskil en in blokkies gesny
sout en gemaalde swartpeper
Witsous
45 ml (3 e) botter
30 ml (2 e) mielieblom (Maizena)
560 ml (2¼ k) melk
sout, swartpeper en gerasperde neutmuskaat
Vulsel
250 g blokkiesspek, bros gebraai
250 ml (1 k) ertjies
125 ml (½ k) gerasperde mozzarella
Pasta
1 Sif die droë bestanddele saam in ’n mengbak.
2 Meng die eiers en olyfolie en gooi ’n bietjie op ’n slag by die droë bestanddele. Roer met ’n houtlepel tot die deeg bymekaarkom.
3 Keer op ’n meelbestrooide werkvlak uit en knie tot glad. Bedek met kleefplastiek en sit vir 30 min. in die yskas.
4 Verhit die oond tot 200 °C.
5 Sit die botterskorsies op ’n bakplaat en sprinkel olyfolie oor. Geur na smaak en bak vir sowat 30 min. tot gaar.
6 Rol die pasta met ’n pastamasjien uit op die tweede kleinste stelling.
Witsous
7 Smelt die botter oor matige hitte in ’n klein kastrol. Meng die mielieblom by en roer vir 1 min. Haal van die hitte af en gooi die melk geleidelik by. Roer deurentyd.
8 Sit die witsous terug op matige hitte en bring tot kookpunt, maar roer deurentyd. Verlaag die hitte en prut vir nog 1 min. Geur na smaak. Hou eenkant.
9 Pak die bestanddele in lae in ’n 30 cm x 20 cm- bak. Begin met die witsous (onder), gevolg deur die pasta, botterskorsie, spek en ertjies. Herhaal en eindig met die witsous en gerasperde kaas bo-op. Bak vir sowat 40 min.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.