kategorieë: Inspirasie

Goed vir jou, goed vir die planeet

Wees gaaf met jouself én die planeet met hierdie 6 maklike wenke

1 Sny alle chemikalieë uit

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In plaas daarvan om skoonmaakmiddels te gebruik wat baie chemikalieë bevat, maak eerder jou huis met natuurlike produkte skoon wat heel moontlik reeds in jou kruidenierskas is. Natuurlike bestanddele kom voor in produkte soos asyn, suurlemoensap, baksoda, sout en boraks  (’n minerale sout wat natuurlik voorkom en die eienskappe van ’n bleikmiddel bevat). Wonder jy hoe om hierdie produkte as skoonmaakmiddels te gebruik? Google dit vir baie resepte en wenke oor hoe om jou huis silwerskoon te kry!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }


2 Doen-dit-self skoonheid

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kies eko-vriendelike skoonheidsprodukte wanneer jy weer gaan inkopies doen of raak kreatief binne jou eie kombuis met doen-dit-self skoonheid. Bestanddele soos klapperolie, ekstra-suiwer olyfolie en heuning kan op baie maniere gebruik word, vir die maak van reinigers en bevogtigers tot ryk haarbehandelings.

Maak jou eie skoonheidsprodukte. Klik hier vir ons idees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees meer oor heuning se skoonheidsvoordele hier.

Meng jou eie aromaterapie-olies. Ons wys jou hoe.

Selfdoen-haarmaskers. Ons gee raad.

Maak jou eie gesigafskilfermiddel met suiker. Klik hier.


3 Stap sover jy kan

Stof jou tekkies af en gaan stap ’n ent. Of ry fiets wanneer jy poskantoor toe gaan en hou jou kar in die motorhuis. Jy sal brandstof bespaar én jou motor se uitlaatgasse verminder terwyl jy vars lug en oefening inkry.

Sukkel jy om in die winter te oefen? Volg hierdie maklike wenke en bly só fiks gedurende die kouer maande.


4 Kies organies

Kies sover jy kan organiese vrugte en groente, vryloop hoenders, eiers en beesvleis. Dit is ook ’n goeie idee om plaaslike markte te ondersteun, waar jy vars produkte kan koop wat plaaslik verkry en in seisoen is. Jy kan ook uitvind of daar enige organiese groente-aflewerings in jou omgewing is, sodat jou vars produkte by jou deur afgelewer kan word.

Handhaaf ’n organiese leefstyl. Lees meer hier.


5 Herwin

Geniet die voelgoed-ervaring wanneer jy herwinbaar leef. Jy maak nie net ’n verskil aan die omgewing nie, jy voel ook goed daaroor. Al wat jy moet doen, is om jou herwinbare afval te berg en dit een keer ’n week na jou naaste herwinningsdepot. Onthou, jy kan ook e-afval items soos ou rekenaars, selfone en televisies herwin.

Herwin glas en maak só ’n verskil aan die planeet. Lees meer hier.


6 Ontkoppel tydens af-periodes

Is jy permanent vasgenael aan die televisie, jou selfoon of tablet? Neem ’n blaaskans van tegnologie deur ’n regte boek te lees, ’n stokperdjie te begin of om saam met vriende of familie te kuier. Jy sal nie net jou elektriese verbruik verminder nie, jy kan dalk jou kreatiewe kant aanwakker.

Vir meer inligting oor effektiewe selfsorg, besoek Selfcare247 hier.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.