kategorieë: Reis

Nuwe staproetes vir Luiperdskloof-gaste

Die keuse van die roete is afhanklik van jou fiksheidsvlakke. Daar is opsies vir ’n maklike stappie en iets vir diegene wat meer van ’n uitdaging hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die roetes bied ’n verskeidenheid plante en stel ook die geologie en geskiedenis ten toon. Daar is selfs nog ’n ou ossewa naby die stalle en ’n aantal grafte in die gebied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Peerboom/Veekraal-roete bestaan uit twee maklike dele van 30 en 45 minute se stap onderskeidelik. Die Namaqua-vy staptog kan tot ’n uur neem om te voltooi. Hierdie roete sluit rustige stap in, maar beweeg ook oor rotsagtige granietheuwels. Mense met hoogtevrees moet hierdie een liefs vermy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is geen waterpunte op die paaie nie en stappers moet genoeg water saamneem. Pak ook ’n kospakkie want daar is ’n aantal pragtige rusplekke langs die pad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Luiperdskloof is ’n eksklusiewe drie-slaapkamer eenheid wat weggesteek lê in ’n pragtige deel van die park in die Kamiesberg Berge. Dit is twee tot drie uur se ry vanaf ontvangs. Dit kan slegs bereik word met ’n 4×4-voertuig en daar is geen elektrisiteit nie. Dis toegerus met ’n gasstoof, olie-lanterns en kerse. Die kombuis is toegerus, maar daar isgeen yskas/vrieskas nie.

Artikel geneem vanuit SANParks Times. Klik hier vir navrae of bel +27-27-672-1948.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.