kategorieë: Kalender

Gedigte in McGregor

Gedigte in McGregor vind vanaf 26 tot 28 Augustus 2016 plaas. Daar is ’n groot verskeidenheid interessante en dinamiese digters wat vanjaar hul werke gaan deel. In die Afrikaanse kategorie kan gedigteliefhebbers uitsien na voorlesings deur onder andere Margot Luyt, Koos van der Merwe, Daniel Hugo, Diana Ferrus en Lara Kirsten. Engelse digters sluit James Matthews, Patricia Schonstein, Kobus Moolman, Khadija Tracey Heeger, Harry Owen, Elisa Galgut en Vangile Gantsho in, om maar net ’n paar te noem. Louise Westerhout, die wenner van verlede jaar se gedigte-kompetisie, is ook vanjaar op die verhoog. Daar is ook digters soos Margaret Clough en Stephanie Saunders wat jou eindeloos sal vermaak met hul fyn humor. Dan is daar ook ’n paar groepe wat gaan optree, onder andere UWC poets, Lingua Franca, Spoken Word Movement en Mothertongue.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Klik hier vir ’n volledige lys van al die digters wat gaan deelneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

McGregor is die perfekte dorpie vir die viering van digkuns. Die lokale is loopafstand van mekaar en die plattelandse sjarme van die dorp dra by tot ’n unieke ervaring. Die optredes sal plaasvind in die sielvolle tuine van Temenos, ’n lieflike agtertuin Amfiteater, die Wahnfried Teater, Edna Fourie Gallery, The Green Room en The Lion House. Carol’s Pub is die plek om te wees vir die VOICES ON FIRE kroeg-program. Terwyl jy ’n lekker glasie wyn drink, sal digters ’n klokkie lui en spontane voorlesings doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is vanjaar ook weer ’n aanbieding van die gewilde ‘Open Mic’ sessies. Hierdie sessies word gelei deur Hugh Hodge. Enigiemand wat graag sy/haar gedigte wil voordra, is welkom. Die wat wil meemaak kry ’n nommer en wanneer die nommer gelees word sal hy/sy ’n kans kry om ’n gedig te deel. As daar tyd is, kan dieselfde persoon ook meer as een gedig voordra. Almal is welkom om dit by te woon. Geen kaartjies of besprekings is nodig vir hierdie sessies nie.

Oop kategorie “Voices on Fire” Gedigte Kompetisie: Het jy al ooit daaraan gedink om ’n gedig te skryf? Is jy ’n ongepubliseerde digter en 19 jaar of ouer? As die antwoord op al hierdie vrae ‘Ja,’ is, is jy welkom om in te skryf vir hierdie kompetisie. Die wenner gaan wegloop met ’n trofee en R7 500 in kontant. Die finaliste se werke sal ook oorweeg word vir die “Poetry in McGregor” digbundel en hul sal die geleentheid kry om dit tydens die gedigte-naweek voor te lees. Inskrywings sluit Vrydag 22 Julie. Klik hier vir meer inligting.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kaartjies is beskikbaar by Computicket vanaf middel Julie.

Web en sosiale media:

https://mcgregorpoetryfestival.blogspot.co.za/

https://www.facebook.com/McGregorPoetry/

https://twitter.com/mcgpoetry

https://za.pinterest.com/mcgregorpoetry/

https://www.youtube.com/channel/UCI-ksT9BcSe34670JlWXPKw/feed

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.