kategorieë: Bekendes

10 dinge wat jy nie van Seal geweet het nie

Behalwe vir sy uitstekende musiekloopbaan, is Seal ’n veelsydige man wat agter die skerms ’n heel ander persona inneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

10 feite wat jy nie van Seal geweet het nie

  1. Seal is slegs sy verhoognaam. Sy doopnaam is Henry Olusegun Adeola Samuel.
  2. Hy is ’n gekwalifiseerde argitek en het ’n diploma in dié veld verwerf voordat sy sangloopbaan afgeskop het.
  3. Een van Seal se mees bekende liedjies, ‘Kiss From A Rose’, is reeds in 1987 geskryf hoewel dit eers in 1994 op sy tweede album verskyn het.
  4. Die letsels op sy gesig het oor die jare heen verskeie opslae gemaak en sy aanhangers het verskillende redes vir dié interessante merke opgemaak. Die waarheid hieragter kan egter toegeskryf word aan ’n vorm van Lupus, genaamd Discoid Lupus Erythematosus, wat die vel teiken en gekenmerk is om letsels te vorm.
  5. Hy is ’n weeskind en was tydens sy vroeër kinderjare deur pleegouers in Londen versorg.
  6. Sy liedjie ‘When A Man is Wrong’ is gebaseer op sy destydse verhouding met die bekende model, Tyra Banks.
  7. Seal het ’n paar jaar gelede amper aan dubbellongontsteking omgekom, nadat hy kort voor dit in ’n gruwelike motorongeluk was.
  8. Toe sy musiekloopbaan nog in sy babaskoene was, het Seal saam met destydse musiekgroep, Push, in Japan getoer en saam met hulle opgetree.
  9. In 2012 was Seal ’n beoordelaar op die Australiese weergawe van die realiteitsprogram, The Voice. Sy liedjie ‘Let Yourself’ is geïnspireer deur die wenner, Karise Eden.
  10. Altesaam het Seal sedert die begin van sy musiekloopbaan meer as 30 miljoen albums wêreldwyd verkoop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.