kategorieë: Gesondheid

Goeie oogsorg vir puik visie

Goeie oogsorg is belangrik vir puik visie

Jou oë is sensitief en onvervangbaar, maar goeie oogsorggewoontes vir die instandhouding van gesonde visie is makliker as wat jy dink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Volgens ’n onlangse studie deur die Okulêre Voedingsvereniging in die Verenigde State is visie vir vier uit vyf mense tussen die ouderdom van 40 en 65 jaar die belangrikste sintuig. Meer as 50% van die studie se deelnemers het gestem dat swak sig hulle die meeste bekommer – amper net soveel soos hartsiektes (60%) en kanker (65%). Dit kan maklik wees om jou oë as vanselfsprekend te beskou en om hierdie belangrike organe se gesondheid gedurende die dag te benadeel. By die werkplek en selfs op die sportveld word jou oë gereeld aan onnodige gevare blootgestel. Om eenvoudige oogsorggewoontes deel van jou daaglikse roetine te maak, is makliker as wat jy dink. Wêreldsigdag op 9 Oktober 2014 val saam met Nasionale Oogsorgbewustheidsmaand (23 September tot 20 Oktober) en maak Oktober dus die ideale tyd om gesonde visie te prioritiseer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Mellins i-Style (www.mellins.co.za), ’n voorste groep optometriste in Suid-Afrika, het die volgende wenke vir gesonde visie en oogsorg:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kan mens bril dra en steeds goed lyk en voel oor jouself? Hoe kies ek die beste brilraam vir my gesigvorm?

’n Goeie bril is ’n belangrike belegging aangesien jy dit vir ’n lang tyd gaan dra. Deesdae bied vervaardigers ’n wye reeks stylvolle raamontwerpe en dit kan moeilik wees om die regte een te kies. Wat is die beste vorm, grootte en kleur vir jou?

Deur ’n paar basiese reëls te volg, kan jy jou keuse vergemaklik:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Elke gesig, soos elke oog, het sy eie unieke eienskappe. Soek jy ’n bril wat jou persoonlikheid komplimenteer of iets wat jou voorkoms heeltemal verander? Wanneer jy ’n bril kies, moet jy hierdie faktore in ag neem, maar dit kan ’n moeilike besluit wees. Om verwarring te verminder, ken jou opsies voordat jy jou oogkundige besoek. Daar is wel een belangrike punt om te onthou – skep visuele kontraste. Die vorm van jou raam behoort in kontras met die vorm van jou gesig te wees om balans te skep. Dit harmoniseer die algehele voorkoms.

Dit is egter nie altyd maklik om die beste brilraam te kies om jou gesigsvorm te komplimenteer nie. Mense met ovaal gesigvorms is baie gelukkig, hulle het die ideale gesigsvorm vir ’n bril.

1. Ovaal gesigvorms

Ovaalvormige gesigte het die beste vorm vir ’n bril en dit sal maklik wees vir ’n oogkundige om vir jou ‘n wye verskeidenheid opsies aan te bied, aangesien die meeste rame jou sal komplimenteer. Wees wel versigtig vir rame wat té groot aan die kante is of klein ronde brilrame. Die beste keuse sal ‘n reghoekige ontwerp wees.

2. Ronde gesigvorms

Mellins i-Style stel voor dat jy kenmerkende rame wat die hoeke beklemtoon, soos vierkantige of effens reghoekige ontwerpe, probeer. Hulle sal meer kontoere aan ’n ronde gesig bring. Wees dapper en speel met kleur. ’n Bril met ‘n wyer raam sal ook goed op jou lyk. Vermy sagte, fyn en ronde rame.

3. Driehoekige of hartvormige gesigte met breë voorkoppe en punterige kenne

Jou beste keuse is ovaalvormige of ronde rame of sagter en platter ontwerpe in subtiele kleure. Die visuele verdeling van jou gesiglengte deur hierdie bril sal jou voorkoms verbeter. Vermy rame wat té klein of té kleurvol is.

4. Langwerpige of reghoekige gesigte

Jy het ’n smal gesig en jou ken en onderkakebeen is jou sterkste eienskappe. ’n Bril sal beslis jou voorkoms versterk omdat dit jou gesig visueel verdeel. Jou beste rame het ’n wye neusbrug en lae oorstukke. Ovaalvormige rame kan ook werk maar vermy ’n styl wat te klein vir jou is. Raamlose lense met subtiele kontoere sal ook goed werk.

5. Hoekvormige gesigte

In hierdie geval is die doel om jou gesig langer te laat lyk deur middel van jou brilontwerp. Jou ken, onderkakebeen en voorkop is jou sterkste eienskappe. Probeer effens geronde rame wat nie té klein is nie en ’n platlyn ontwerp het. Raamlose lense kan ook werk, maar vermy klein brilrame en rame met sterk hoeke.

Ander hulpvolle wenke oor jou gesigvorm en ’n brilraam kies

Wanneer jy ’n raam kies, verseker dat jou wenkbroue of reg bo of regs langs die bokant van die raam is. As jy voel dat jou neus te lank of te kort is, kan ’n bril help om ‘n visuele verbetering te maak. As die brug van die bril diep op jou neus sit, sal dit eintlik korter lyk en vice versa. As die bril aan die onderkant verleng is, sal dit jou gesig korter laat lyk.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.