Jou mure se kleur verdof en die kanse dat die verf wat jy gebêre het dieselfde kleur is, is skraal. Hou slegs nuwe verf om merkies te verduister, en laat gaan die res.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Almal het ’n rommellaai. Vuurhoutjiedosies, stukkies tou en pap batterye. Gooi dit in ’n boks en pak slegs die dinge wat van nut is terug in die laai.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Waarborge wat verstryk het, belastingpapiere van 4 jaar terug en kwitansies wat reeds verjaar het, hoort in die vullisdrom. Kry ’n liaseersisteem vir die relevante papierwerk. Die res moet gaan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Boeke wat jy gelees het en die wat jy nooit sal lees nie, moet geskenk word aan ’n instansie wat dit nodig het. Bêre net jou gunstelinge.
Om hier op te gaar is nie net sleg vir spasie nie, maar ook vir jou gesondheid. Medisyne wat die vervaldatum bereik het, is nie net minder effektief nie, maar dikwels ook gevaarlik. Wees veilig, en gooi dit uit.
As jy jou kas oopmaak en die bekers het nie maats nie, is dit tyd vir nuwes. Ook gekraakte koppies hoort op die rommelhoop.
Of jy dit nou Tupperware, Gladware of Snapware wil noem – as die deksels meer of minder raak as die houers, moet jy dit uitsorteer. Gevlekte plastiekware moet ook gaan.
Al die ou tydskrifte wat jy opgegaar het, gaar letterlik stof op. Gee dit aan ’n instansie wat dit sal geniet en gebruik. Nuwe tydskrifte is weekliks op die rak.
Het jy geweet speserye en kruie het ’n rakleeftyd? Gaan loer, en maak skoon.
Kinders het deesdae hordes speelgoed. Gaan sit saam met jou kinders en besluit oor wat moet bly en wat moet gaan. Stukkende karretjies, poppe sonder ledemate en legkaarte sonder al die stukke kan gerus asdrom toe. Bruikbare speelgoed kan aan welsynsorganisasies geskenk word.
Lees ook: Maak jou gebreekte grimering so reg
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.