kategorieë: VelsorgSkoonheid

Was jy jou gesig reg?

Gesigwas 101 deur Suzanne Kotzé en Corné Greeff. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Moet jy eers jou grimering verwyder en dan jou gesig was?

“As jy ’n oliereiniger gebruik is dit nie nodig om ’n grimeerverwyderaar vooraf te gebruik nie. Die oliereiniger sal jou grimering ook verwyder. As jy ’n jel- of skuimreiniger gebruik wat ’n waterbasis het, moet jy eers jou grimering verwyder,” beveel Marli Delport aan, stigter van K-Beauty. Jy kan enige grimeerverwyderaar gebruik hiervoor en daarna jou gesig was met die reiniger van jou keuse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Die hoeveelheid en tipe grimering wat jy dra sal ook bepaal of jy eers jou grimering moet verwyder,” meen Karen Bester, mediese opleier by Lamelle se navorsingslaboratorium. “As jy swaar grimering dra, grimering dra wat waterdig is, of grimering wat gemaak is om lank aan te bly, sal jy dit óf met ’n oliebasis-reiniger óf -verwyderaar, of ’n tipe Miselwater-reinigingsproduk (of “micellar water” in Engels) moet verwyder voordat jy jou gesig was,” sê Karen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is dubbelreiniging?

“Met dubbelreiniging maak jy jou gesig twee keer skoon. Dit kan met dieselfde gesigreiniger gedoen word of met twee verskillende reinigers,” sê Karen. Dubbelreiniging is veral gewild onder diegene wat die Koreaanse velsorgroetines (of K-skoonheid) navolg.

Die twee reinigingstappe in die K-skoonheidsroetine (wat uit 10 stappe bestaan!):

Stap een: Gebruik ’n oliereiniger op ’n droë vel en gebruik jou hande om die olie in te masseer. Maak dan jou hande effens nat en masseer jou gesig om die olie meer loperig te maak. Spoel dan jou gesig af.

Stap twee: Gebruik ’n reiniger met ’n waterbasis om jou gesig te was. Smeer dit aan jou gesig wat nou reeds een keer natgemaak is. Masseer jou gesig liggies in sirkelbewegings en spoel dan die seep af,” verduidelik Marli van K-Beauty.

Hierdie roetine is veral goed saans, aangesien dit ook jou grimering verwyder.

Hoe en wanneer moet jy jou gesig was?

Soggens en saans voor jy gaan slaap. “Dit is veral goed om jou vel gedurende of tydens ’n bad of stort te was aangesien die stoom ook jou porië laat oopgaan wat help dat die vuiligheid beter uitkom,” is David White, handeloperasiebestuurder vir L’Oréal Luxe, se raad.

Saans

Jy sal dalk moet dubbelreinig om ook seker te maak al jou grimering is verwyder. Saans verwyder jy jou grimering en al die vuiligheid wat gedurende die dag op jou gesig geland het.

Psst! “Moenie jou gesig met ’n handdoek afvee nie; druk dit eerder liggies droog en wend tonikum aan ’n effense klam vel aan,” is Marli van K-Beauty se raad.

Soggens

Sommige mense maak die fout om te dink dat hulle gesig mos nog skoon is in die oggend wanneer hulle wakker word, want dit lyk skoon. Verkeerd! “Terwyl jy slaap, slaap jou vel nie. Die selle in die boonste lagie van jou vel (die epidermis) is aktief en vervaardig nuwe selle en raak van ou, dooie selle ontslae. Ons is ook, selfs in ons slaapkamers, aan vrye radikale en stof in die lug blootgestel. Deur jou gesig in die oggend te was, verwyder jy die stof, vrye radikale en dooie velselle,” vertel Karen Bester van Lamelle.

“Dit is ook baie belangrik om enige oortollige Vitamien A-rome, of rome wat Vitamien A of retinol bevat, wat jy die vorige aand aangesmeer het soggens te verwyder voordat jy aan die son blootgestel word. Sulke produkte maak jou vel meer sensitief vir sonblootstelling en is die rede waarom dit net saans gebruik moet word,” veruidelik Tanja van thrivewithme.

“Soggens is dit genoeg om net een keer jou gesig te reinig en nie twee keer soos jy saans sou nie,” sê Marli van K-Beauty.

Verskillende soorte reinigers

“Die tipe reiniger wat jy gebruik hang af van persoonlike voorkeur. Watter reiniger jy ook al kies, maak seker dat dit pH-gebalanseerd is en geen seep bevat nie,” sê Tanja van thrivewithme.

Water se pH is gewoonlik 7 en die ideale getal vir jou vel is ’n pH tussen 4.2 en 5.6. As jou vel meer alkalies is, wys plooie en sonskade meer,” verduidelik Marli van K-Beauty.

Oliereiniger

“Om olie te gebruik om oortollige olie en vuiligheid te verwyder klink dalk nie asof dit sin maak nie, maar die olie los die olie in grimering en vuiligheid op jou vel op en verwyder dit. Maak net seker jy was die olie goed af voordat jy jou bevogtiger aansmeer,” sê Karen Bester van Lamelle.

Oliereinigers werk goed tydens die eerste stap in jou reinigingsproses (wat ook bekend staan as “pre-cleanse”) en om enige grimering te verwyder of op te los,” vertel David White van L’Oréal Luxe. “Dit sal ook nie jou vel se lipiede sperfunksie versteur nie,” sê Tanja van thrivewithme.

Jelreiniger

“Al staan daar dalk jelreiniger op die bottel, is dit meestal nie jel in die bottel nie, verduidelk Karen Bester van Lamelle. “Die woord “jel” verwys na hoe die produk voel en die samestelling daarvan. Dit is gewoonlik bloot ’n vloeistof wat soos jel voel,” sê sy. Dit sal meestal ook skuim wanneer jy dit aansmeer en afwas.

Skuimreiniger

Skuim- en jelreinigers het gewoonlik daardie skuimende gevoel wat ons met “skoonvoel” assosieer. Maak net seker dit is seep-vry, anders sal dit jou vel uitdroog,” noem Tanja van thrivewithme.

“Die meeste van ons kliënte verkies skuimreinigers. Skuimreinigers bevat bestanddele wat die oppervlakspanning van die olie op jou vel “breek” en dan enige oortollige vuiligheid verwyder sonder om die natuurlike olies wat tussen jou velselle is, te verwyder. Skuim-reinigers kan ook bestanddele bevat wat afskilfer, soos salisielsuur,” vertel Karen Bester van Lamelle.

Miselwater (Micellar water)

“Dit word uigespreek my-sell-er en is seker die beste vir jou vel se sperfunksie en suurmantel” sê Tanya van thrivewithme. Die sagte water bevat mikroskopies klein oliemolekules wat aan vuiligheid en grimering vasklou en dit sodoende verwyder. “Dit bevat ook bestanddele wat nog voordele vir jou vel inhou. Dit is wonderlik om grimering te verwyder en jy hoef dit nie eens af te spoel nie, so jy spaar ook water,” sê Tanja van thrivewithme. Deurweek ’n stukkie watte met die water en vee dit dan met streelbewegings oor jou gesig. Hou die watte so paar sekondes lank op jou oë om ooggrimering te verwyder. Moenie suinig wees met watte nie, en hou aan vee totdat die watte skoon bly.

Kleireiniger

“Klei absorbeer olie goed,” sê Tanja van thrivewithme. Dit kan veral goed wees vir baie olierige velle. “Nog ’n voordeel is dat dit ook jou vel afskilfer. As dit ’n afskilferings-kleireiniger is, moet jy dit gewoonlik net so twee of drie keer per week gebruik,” sê Karen Bester van Lamelle.

Roomreingers

“Roomreinigers werk goed vir droë en/of sensitiewe velle, en as jy nie geneig is om puisies te kry nie,” sê Tanja van thrivewithme. “Hierdie tipe reinigers maak skoon terwyl dit jou jou vel streel en voed,” sê David White van L’Oréal Luxe.

Wat van grimeerverwyderingslappies?

Dit werk, maar kan jou duur uitkom. “Hierdie is wonderlik vir wanneer jy reis, of wanneer jy regtig net te lui is om jou gesig te was na ’n laat aandjie uit. Hou dit gerus op jou bedkassie vir noodgevalle,” sê Marli van K-Beauty.

Lees ook: Was jou grimeerkwassies só

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.