kategorieë: OuerskapJou lewe

Graad 11’s: Werk nou al vir sukses in 2020

Graad 11’s: Werk nou al vir sukses in 2020 versorg deur Mariette Snyman. Foto’s Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“As jy in graad 11 is, is die versoeking groot om eers later aan die uitdagings van graad 12 te begin dink,” sê Natasha Madhav, senior programhoof van die Fakulteit van Inligtings- en Kommunikasietegnologie by The Independent Institute of Education, Suid-Afrika se grootste en mees geakkrediteerde private hoër opleidingsinstelling. “Maar as jy ernstig is daaroor om jou beste te lewer, moet jy nou al begin voorberei – terwyl tyd aan jou kant is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom jy nou al moet begin voorberei

“Nes ’n ambisieuse atleet reeds lank voor ’n wedloop begin voorberei, is dit wys as graad 11’s se akademiese spiere nou reeds begin oefening kry. Ná matriek is die kompetisie sterk. As hulle nou reeds die grondslag lê en goeie studiegewoontes vestig, hoef hulle nie in matriek te skarrel om alles in plek te kry terwyl die horlosie meedoënloos voorttik nie. Dan kan hulle bloot op ’n goeie fondament voortbou.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Madhav stel voor dat leerders hierdie jaar elke enkele toets of evaluering benader asof dit bepalend van hul toekoms gaan wees. Wanneer probleme opduik, kan hulle dit identifiseer en betyds regstel.

“As jy nou goed vaar, het jy boonop ’n beter kans by hoër opleidingsinstansies wat voorlopige toelating op grond van graad 11-uitslae verskaf. Dit sal die druk op jou volgende jaar dramaties verminder.”

Jou tweejaarkalender

Pleks daarvan om 2019 en 2020 as twee aparte skooljare te sien, behoort senior leerders dit holisties te beskou.

“Doen die moeite om ’n oorsig van belangrike datums, hierdie en volgende jaar, op te trek,” beveel sy aan. “Sluit die werklike of geskatte datums van alle take, toetse en eksamens hierby in.”

“Dit mag voel asof daar baie tyd is, maar so ’n kalender belig die realiteit van die eise en tydintensiteit wat die volgende twee jaar meebring. As jy ’n goeie greep hierop het, kan jy met meer akkuraatheid bepaal hoeveel tyd jy vir elke uitdaging nodig het, en nie onnodig uitstel nie.”

Kweek slim gewoontes wat die lewe later makliker sal maak

In matriek is daar gewoonlik min vrye tyd, maar graad 11’s kan hul vrye tyd verstandig gebruik. “Jy hoef regtig nie 24/7 voor die boeke te sit nie, maar naweke of tydens vakansies kan jy elke dag iets doen om die werklading, wat deurgaans vergroot, makliker te hanteer.”

“Jy kan byvoorbeeld na YouTube-video’s oor studiewenke of leer- en hersieningsmetodes kyk, leer om te touch type, of selfs as ’n vrywilliger of intern werk. Hierdie aktiwiteite is pret, en saam kan hulle ’n bepalende verskil maak aan jou akademiese prestasie én die aanloklikheid van jou studie- of werkaansoeke in vergelyking met dié van jou ouderdomsgroep.

Dis moontlik dat jy vandag op ’n ander plek is as toe jy jou vakke gekies het

“Graad 11 is die ideale tyd om ’n verbintenis met lewenslange leer te vorm en te onderneem om elke dag iets te doen wat jou sterker, slimmer en meer veerkragtig sal maak. Hierdie vaardighede word met tyd geslyp – jy kan hulle nie oornag ontwikkel nie.”

Verstaan die impak van jou vakkeuses op naskoolse opsies

Madhav beveel aan dat graad 11’s goed nadink oor wat hulle na skool wil doen. “Hulle moet hul opsies deeglik en in diepte ondersoek, en verseker dat hul vakke hulle sal toelaat om hul gekose pad te volg.

“Dis baie moontlik dat jy vandag op ’n ander plek is as toe jy jou vakke gekies het, en dat jy nou ’n ander prentjie van jou toekoms het. Dalk het jy vroeër gereken jy wil die veld van kommunikasie of ontwerp betree. Miskien klink rekeningkunde of die regte nou vir jou aanlokliker. Maak seker dat jou vakkeuse steeds in lyn is met jou toekomsvisie en die toelatingsvereistes aan die hoër opleidingsinstansie van jou keuse.”

Wanneer studente besef hul vakkeuse haal nie die toelatingsvereistes nie, kan hulle ’n ekstra vak neem of indien moontlik vakke verander. Dit moet egter met die skool opgeneem word, en daar moet ernstig na die gevolge gekyk word.

Wanneer leerders besef hoe hul vakke hul verdere studie gaan ondersteun, kan dit hulle nuwe motivering gee – selfs ten opsigte van vakke wat hulle uitdagend of vervelig vind. Dit kan hulle meer woema gee om die werk nie net te verstaan nie, maar so goed te integreer dat hulle dit ook kan toepas.

“In jou matriekjaar gaan dit nie net oor die hoeveelheid tyd wat jy voor die boeke deurbring nie, maar ook oor die kwaliteit van jou betrokkenheid. Jy is nou in ’n posisie om ’n verskil te maak. Gebruik hierdie kans in jou eie beste belang.”

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.