Genoeg vir 6
Bestanddele
- 300 g gewone wit rys
- 750 ml (3 k) goeie hoenderaftreksel
- 8 hoenderdytjies
- 3 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
- ’n paar tiemietakkies
- ’n paar oregotakkies
- 2 suurlemoene, in kwarte gesny
- 250 g broccoli, in blommetjies gesny
- 100 g swart olywe, ontpit
- 100 g fetakaas, gekrummel
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 45 ml (3 e) heuning
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Gooi die rys in ’n groot oondpan en voeg die hoender-aftreksel by. Geur die hoender-dytjies met sout en gemaalde swartpeper.
- Sit die hoender op die rys en voeg die knoffel-huisies, tiemie, orego en suurlemoene by.
- Bedek met foelie en bak vir 45 min. of tot die rys gaar is. Voeg die broccoli na 30 minute by die hoender gereg en bedek weer met die foelie.
- Verhoog die hitte tot 200 °C en haal die foelie af. Pak die olywe, fetakaas en broccoli op die rys tussen die hoenderstukke in.
- Verf die hoender met olie en heuning en bak vir 15-20 min. of tot die hoender goudkleurig is.