Groen skoonheid 101: Gooi jy jou bio-afbreekbare produkte en verpakking reg weg?
Groen skoonheid 101: Gooi jy jou bio-afbreekbare produkte en verpakking reg weg? deur Suzanne Kotzé. Foto: Almaje/istock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
“Eenvoudig gestel: produkte wat bio-afbreekbaar is, word deur ’n komposteringsproses weer grond wanneer dit in die natuur gelaat word. Die komposteringsproses vind plaas wanneer die produk blootgestel word aan suurstof sodat bakterieë en fungi die oppervlakke opvreet en die produkte vergaan en onherkenbaar word,” verduidelik Roelien du Plessis, lektor aan die Departement van Omgewingswetenskap, aan Unisa.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
“Bio-afbreekbare verpakking kan saam met jou tuinafval geplaas word of op jou komposhoop, of in klein hoeveelhede op ’n slag kan jy dit vir jou wurms in jou wurmplaas voer,” sê Roelien.
As jy nie ’n komposhoop of plek vir ’n komposhoop het nie, beveel Robyn Smith, eienaar van faithfulltonature.co.za’ n bokashi-drom aan waarin jy kos-afval en klein hoeveelheid bio-afbreekbare verpakking kan gooi.
Lees ook: Laat jou vullis blom
Gooi jy jou bio-abreekbare rommel in die gewone drom, help dit nie veel nie. Die gereguleerde stortingsterreine is veronderstel om inkomende rommel te kompakteer en met ’n laag grond te ‘begrawe’.
Bio-afbreekbare produkte is veronderstel om dan te kan afbreek, maar die kompakteringsproses veroorsaak soms dat alle suurstof uitgepers word sodat die bio-afbreekbare produkte as ’t ware onder die grond ‘bewaar’ word. Daar is al koerante (papier is bio-afbreekbaar) op ’n afvalterrein opgegrawe wat ná baie jare nog leesbaar was.
Die idee is tog juis dat jy skoonheidsprodukte met bioafbreekbare formules gebruik sodat jy minder druk op ons water- en suiweringstelsels plaas.”
Om skoonheidsprodukte met bio-afbreekbare formules te gebruik plaas weer minder druk op ons waterstelsels en die suiweringsisteem.
Onthou egter ’n produk met ’n bio-afbreekbare formule soos hand- of lyfwas se verpakking is nie ook noodwendig bio-afbreekbaar nie. Maak seker jy kyk op die verpakking hoe om reg daarvan ontslae te raak.
Groen skoonheid 101: Gooi jy jou bio-afbreekbare produkte en verpakking reg weg?
Gooi jy jou bio-afbreekbare produkte en verpakking reg weg?
Nou weet jy hoe, geen verskonings!
Lees ook:
Waterwys-skoonheid: Wêreldwyd ’n groot trend
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.