kategorieë: KosMaklik en vinnig

Groente-en-kruie-strope uit die tuin

Deur Vickie de Beer. Foto’s deur Charles Russel en Lee Schwagele crphotographic.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Roosmaryn-en-beet-stroop

Genoeg vir 500 ml stroop

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 1 k (230 g) suiker (of xylitol as jy ’n suikervrye opsie verkies)
  • 1½ k (375 ml) water
  • 200 g beet, geskil en in 1 cm-blokkies gesny
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 3 takkies roosmaryn, blaartjies afgestroop
  • ’n hand vol vars tiemietakkies
  • ¼ k (60 ml) suurlemoensap
  1. Verhit die suiker, water, beet, suurlemoenskil (hou die sap), roosmaryn en tiemie in ’n middelslagkastrol oor matige hitte.
  2. Bring die mengsel tot kookpunt en kook vir 12-15 min. of tot die stroop begin verdik en die beet sag is. Trek van die hitte af en laat afkoel.
  3. Gooi die stroop deur ’n sif en meng die suurlemoensap deur. Hou die stroop in die yskas in ’n glasbottel wat dig seël.
  4. Meng 2 e (30 ml) van die stroop en 1 k (250 ml) sodawater vir ’n verfrissende drankie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Stroop met gemmer, sitroengras, komkommer en kruisement

Genoeg vir 500 ml

  • 1 k (230 g) suiker
  • 1½ k (375 ml) water
  • 1 middelslagkomkommer (sowat 1 k), ruweg gekap
  • 2 cm vars gemmer, geskil en ruweg gekap
  • 1 takkie sitroengras, ruweg gekap
  • gerasperde skil van een suurlemoen
  • 2 hande vol kruisementblare, vinnig in borrelende kookwater gedompel, gou gedreineer en in yswater afgekoel
  1. Verhit die suiker, water, komkommer, gemmer, sitroengras en suurlemoenskil in ’n middelslagkastrol oor matige hitte.
  2. Bring die mengsel tot kookpunt en kook vir 12-15 min. of tot die stroop begin verdik. Haal van die hitte af en laat afkoel.
  3. Gooi die koue stroop en kruisement in ’n voedselverwerker en maak fyn.
  4. Gooi die stroop deur ’n sif en hou in die yskas in ’n glasbottel wat dig seël.
  5. Meng 2 e (30 ml) van die stroop met ’n mengeldrankie (1 k / 250 ml) van jou keuse.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.