Foto: Caroline McClelland
Groot, Groter, Grootste Strooihoede deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Caroline McClelland
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die somer is amptelik hier en oorgrootte strooihoede is ‘n moet-hê vir hierdie somervakansie. Talle invloedrykes en bekendes, soos Emily Ratajkowski, Tracee Ellis Ross en Bella Hadid, het hul normale grootte hoede vir hierdie hoofbedekkings verruil. Die Deense aktrise en gesig van Balenciaga, Emma Rosenzweig, het selfs op haar troudag so ’n groot strooihoed gedra!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook: Swembroeke wat by jou figuur pas
Hierdie tendens is deels te danke aan die Franse handelsmerk, Jacquemus, wat die buitensporige hoede in sy La Bomba-versameling vertoon het. Dié handelsmerk het hierdie somer ’n trendsetter geword met sy oorgrootte hoede en die ander uiterste: piepklein sakkies.
Lees ook: 16 maniere om geld op jou klerekas te spaar
Op eie bodem sal jy hierdie groot hoede by Crystal Birch, ’n onortodokse hoedemaker, opspoor. Haar unieke ontwerpe van klassieke hoede is geliefde versierings op die koppe van baie Suid-Afrikaanse modebewustes. Sy het die kuns in Londen gaan bemeester onder die leiding van Noel Stewart en Piers Atkinson, seker twee van Europa se talentvolste hoedemakers. In ons Desember 2018-uitgawe het ons een van haar groot hoede in die modeartikel gebruik. Besoek therealcrystalbirch.com vir nog vele ander keuses en style.
Lees ook: Rokke wat jy nou moet dra
Vir die van ons wat nie so baie aandag wil trek nie en “normale” strooihoede verkies, is daar ’n paar opsies:
Lees ook: Dra helder kleure só
Verskaffers:
#rrMode
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.