kategorieë: FiksheidGesondheid

Fietsry vir beginners: die maklikste roetes vir die lekkerste ritte

Fietsry vir beginners: die maklikste roetes vir die lekkerste ritte deur Salome Delport. Hooffoto: simonkr/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons moet almal iewers ons fiets begin ry. Die ding is: Waar kan ’n mens ry? Die beste roetes is veilig, mooi en lekker. Fietsry gaan immers oor buite in die natuur wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy regtig onervare is kan jy gerus jou fiets met jou motor neem na ’n stil parkeerarea soos by skole op Sondae of kerke deur die week, sodat jy daar onbevange jou fietsvaardighede kan oefen, soos om te swenk, in sirkels te ry en skielik te stop totdat jy gemaklik voel. Dit gaan jou ook help om te oefen hoe om jou fiets op jou fietsrak te lig, vas te maak en af te haal.

Na ’n paar draaie is jy gereed om die strate in te vaar – en uit te kom by al die lekker van fietsry, soos om ’n vriendin vir koffie te ontmoet, die mooi tuine in die stiller woonbuurtes te geniet of van daardie lieflike roetes aan te pak, soos in die natuurparke, langs die see van Melkbosstrand na Bloubergstrand, rondom Langebaanmeer of op die walle van Knysna se mere.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar dalk kort jy net eers bietjie oefening en selfvertroue? Begin so:

1 Kies vir jou eerste fietsrit ’n kort, gelyke roete

Die beste pad vir jou eerste keer is ’n gelyke pad. Dit sal jou ’n akkurate idee van jou vermoëns en fiksheid op die oomblik gee. Daarby verg dit baie meer krag om ’n steil bult uit te trap, plus taamlike beheer om in volle vaart ’n afdraand aan te durf. As jy lanklaas op wiele was, is jy nie met jou eerste rit vaardig en sterk genoeg vir hierdie uitdagings nie. Die gelyker strate is makliker.

Kies ’n stukkie teerpad van so 100 meter tot dalk ’n kilometer, en kyk net eers hoe dit gaan. Moenie lag oor die afstand nie … jy moet nog terugry! Op ’n ernstiger noot: Daar is goeie rede waarom beginners en almal wat meer as tien jaar laas op ’n fiets was met ’n superkort rit te begin. Lees hier waarom.

FatCamera/istock images

2 Kies ’n stil pad met ’n gemerkte skouer vir fietsry

Dit is baie meer gerustellend as jy op ’n lekker breë pad met ’n geel streep ry, sodat jy uit die pad van die verkeer kan bly. Maar baie van hierdie paaie dra swaar verkeer. Dit is vir die begin gevaarlik vir jou (en irriterend vir hulle!) as jy weens gebrek aan ervaring buite die geel lyn swenk.

’n Stil pad is beter, al het dit nie ’n geel streep nie.

Die tyd van die dag maak ook ’n groot verskil. Moenie in spitsverkeer ry nie.

Kyk die soort verkeer op ’n roete deur. Vermy fietsry op paaie wat baie vragvoertuie en taxi’s dra. Hulle is breër en swaarder gelaai as motors en kan nie maklik kompenseer as jy ’n fout sou maak nie.

Lees ook: Wees ’n geduldige bestuurder

3 Hou links, hou links, hou links!

Nog ’n uiters belangrike stukkie inligting: Voetgangers stap aan die regterkant van die pad; fietsryers ry saam met die motors aan die linkerkant van die pad. Dit klink dalk voor die hand liggend, maar ’n mens sien té dikwels mense dit verkeerd  doen.

Jy moet ook bedag daarop wees dat jý vir aankomende voetgangers moet voorrang gee.

Onthou hoe dit jou as motoris irriteer as mense fietsry asof die hele pad aan hulle behoort? Hou naby die sykant. Net die linkerkantste meter is joune. Maar gun jouself dit ten volle, of die volle geelstreep, want jy sal soms moet uitswaai vir klippies of padrommel.

Gebruik jou paddeel konsekwent, sodat motoriste wat van agter af kom jou raaksien en weet waar jy beplan om op die pad te wees. As jy fietsry langs die teer ry en dan skielik jou meter kom opeis, verras jy motoriste, wat moet rem of uitswaai vir wat vir hulle lyk na impulsiewe optrede.

Lees ook: 28-dag oefenprogram vir beginner-fietsryers

Tomas Hliva/istock images

4 Oefen jou handseine

Stappers en drawwers hoef nie padtekens te gee nie, maar fietsryers moet. Oefen dit van die begin af en doen dit elke keer, sodat jy dit outomaties doen, vir jou eie veiligheid.

Gebruik jou regterarm, want motoriste sien dit makliker raak.

Steek jou arm altyd op skouerhoogte uit.

  • As jy regs draai: Steek jou regterarm net reguit.
  • As jy links draai: Steek jou regterarm uit en rol jou hand al in die rondte.
  • As jy stop: Steek jou regterhand uit en buig jou voorarm boontoe.

5 Wees bewus van wat ágter jou gebeur

Dit is aan die begin skrikwekkend as jy ’n motor aangedreun hoor kom en die rukwind wat hom volg, moet hanteer. Moet jou nie bekommer nie. Dit is maklik en ’n mens raak dit gou gewoond.

Hou jou ore gespits, sodat jy nie skrik as ’n motor verbyry nie. Onthou ook dat daar twee, drie motors na mekaar kan wees. Jy hoor tipies die eerste een maar verwag nie die volgende voertuie nie en skrik vir hulle.

Probeer om nie uit pure skrikkerigheid sykant toe te swenk nie. Jy gaan te naby aan die randsteen kom en ewe groot skrik en dan terug in die pad in swenk. Onthou die padmantra as jy fietsry: hou kop, bly kalm, bly langs die kant en trap egalig.

#rrWenk

Skaf ’n fietsspieëltjie aan. Dit is nogal skaars, maar vir die gemoedsrus wat dit jou gee is dit regtig elke sent werd. Dit haal die raaiwerk uit rakende die prentjie agter jou op die pad. Party mense glo jy gaan spoed inboet weens lugweerstand … dalk as jy vir die Tour de France se geeltrui mik.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

7 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 day Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.