kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Sukkel jy om te fokus? Haal die beste uit jou brein

Is jou brein ook ’n moeilikheidmaker wat soms nie wil fokus nie, afleibaar is, betrokke raak in sake wat nie nou van belang is nie en heeltyd na ’n breuk smag? Dis normaal, sê Steelcase neurowetenskaplike dr. Henning Becks.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Die brein is nie ’n denkmasjien soos wat ons ons graag verbeel nie. Dit kan nie aanhoudend aan ’n probleem werk nie. As jy jou brein se ritmes verstaan, kan jy gewoontes skep wat dit optimaal help funksioneer.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk ’n bietjie na die volgende drie fases:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kommunikeer

Voor jou brein inligting kan verwerk moet dit die inligting absorbeer. Terwyl ’n brein informasie inneem, is dit besonder kommunikatief sodat dit soveel as moontlik inligting bymekaar kan kry. Wanneer jy e-posse oor ’n spesifieke taak stuur, met kollegas daaroor praat of daaroor ’n aanbieding te doen, berei jy jou brein voor om later doeltreffender met die saak om te gaan. Die wenk is dus om soggens eers jou e-posse en korrespondensie af te handel sodat jou brein die terrein kan verken.

Fokus

Volg hierdie opwarmfase op deur te fokus. Jy help jou brein die beste wanneer jy alle afleidings uit die weg ruim. Jou brein het ’n beperkte kapasiteit en selfs onbewuste gedagtes en prosesse verg hulpbronne, wat indien nodig by ander prosesse “gesteel” sal word. Vermy dus aanmanings dat jy nuwe e-posse ontvang het, musiek, of agtergrondgesprekke terwyl jy konsentreer.

Dis ’n goeie plan om voor jy begin fokus ‘n idee te kry van hoe lank die taak jou gaan neem sodat jy die beskikbare energie doeltreffend kan aanwend.

Verfris

Hoekom vaar professionele atlete beter as amateurs? Nie noodwendig omdat hulle meer oefen nie, maar omdat hulle breuke beter aanwend. Jy kan net verbeter indien jy blaaskanse gebruik om te herlaai. Nes ’n atleet, kan die brein nie aanhoudend presteer nie; dit moet afgelei en opgekikker word. Ná ’n uur op die langste verdien ’n brein ’n breuk van ’n paar minute, al kyk jy net ’n rukkie by die venster uit.

Langer rustye soos ’n nag se slaap is net so belangrik. Dis wanneer die brein ’n stimulusvrye omgewing skep om die dag se inligting te verwerk en te organiseer.

Moet nooit dink jou werk staan stil terwyl jy ’n ruskans neem nie. Jou brein werk steeds met die taak voor hande en kom met nuwe gedagtes vorendag terwyl jy nie daarop fokus nie.

Breinwenke

  • Aandag

Fokus op een ding op ’n slag. Om met verskeie take gelyk besig te wees, vergroot jou kans om foute te maak met 50%. Gebruik doenlysies en tik take af sodra hulle voltooi is. Dit aktiveer die brein se beloningstelsel en motiveer dit vir die volgende taak.

  • Roetine

Roetines is ’n gesofistikeerde hulpmiddel wat die brein help om denkpaadjies byna outomaties en met die minimum energie te gebruik. Ontwikkel roetines vir herhalende take sodat jy denktyd spaar vir komplekser take.

  • Ruimte

Ons het hulpbronne nodig om optimaal te presteer. Die doeltreffendste kantoorruimtes gee werkers die kans om te kies waar hulle wil werk op grond van die taak op hande – tussen ander of op hul eie. Probeer om ongewone plekke vir ongewone take te gebruik, soos om ’n dinksessie na die kafeteria te verskuif.

Lees ook: 5 dinge wat jy moet weet oor breinbeserings

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

19 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.